Algemeen

Die waarde wat blou vir die mensdom het

Blou dra jy na 'n onderhoud, want dit is 'n neutrale kleur.

Lig- tot middelblou motors het 'n koel, eerlike en stil uitwerking op die kopers, terwyl 'n donkerblou motor selfvertroue, betroubaarheid en kredietwaardigheid weerspieël.

Blou is ook wêreldwyd die mees politieke "korrekte" kleur. In China word blou met onsterflikheid geassosieer, vir die Jode simboliseer blou heiligheid, die Egiptenare verbind dit met eerlikheid en die Amerikaners met manlikheid.

Luhlaza is die Xhosa-woord vir blou of groen.
[Herman Liebenberg, sielkundige]


VROU KÁN SLANGE VANG
Melissa Groenewald kán slange vang.

Nee, dit is nie dat sy briesend word nie. Sy vang net slange om hulle teen mense -  en mense teen hulle -  te beskerm.

Sy weet hoe om slange te hanteer. Sy is die natuurlewe-amptenaar van die Kimberley-lughawe.

Groenewald, die natuurlewe-amptenaar van die Kimberley-lughawe, en haar kollegas het pas ’n opknappingskursus voltooi om seker te maak hulle weet hoe om slang se kind te hanteer.

Die kursus behels ook die korrekte hantering van slange onder die wakende oog van ’n instrukteur.

Sy is heel behendig met die tange en hake.

By die lughawe moet sy toesien dat alle diere en voëls veilig van die lughawegebied en aanloopbaan verwyder word.

“Ek het al slange soos pofadders, Kaapse kobras en boomslange verwyder. ’n Mens moet weet hoe om hulle te hanteer en wat om te verwag. Ek moedig altyd mense aan om nie slange dood te maak nie. Hulle het ook hul plek in die natuur.”

Haar kollegas Jerry Wiesnaar, Jojo Mosemane en Sesing Sesing, wat brandweermanne is, is ook opgelei om slange en ander diere te hanteer wanneer sy nie beskikbaar is nie. Hulle het al slange in geboue en die vliegtuigskure gevind wat per ongeluk saam met vliegtuie “geryloop” het. Slange dut ook graag op die warm aanloopbane.

Dié Kimberley-span het verlede week saam met ander personeellede van die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (ACSA) van die lughawens in Kaapstad, Bloemfontein en George ’n kursus by Johan Marais van die African Snakebite-instituut deurloop. Marais is een van die land en wêreld se voorste slangkenners.

[Charne Kemp Noordkaap 2014-12-18]




Olny srmat poelpe can raed tihs.  

cdnuolt blveiee taht I cluod aulaclty  uesdnatnrd waht I was rdanieg.

The phaonmneal pweor of the hmuan mnid, aoccdrnig  to a rscheearch at Cmabrigde Uinervtisy, it deosn't mttaer in waht oredr the  ltteers in a wrod are, the olny iprmoatnt tihng is taht the frist and lsat  ltteer be in the rghit pclae. The rset can be a taotl mses and you can sitll  raed it wouthit a porbelm.
 
Tihs is bcuseae the huamn mnid deos not raed ervey  lteter by istlef, but the wrod as a wlohe. Amzanig huh?

Yaeh and I awlyas  tghuhot slpeling was ipmorantt!



Nataniël oor dankbaar wees 

Net Nataniël kan 'n ding so raak sê! Wees altyd dankbaar vir alles wat jy het en lewe eenvoudig. Hoe minder... goeters jy het, hoe minder wharries het jy... en hoe lekkerder slaap jy!

Wees onvoorwaardelik lief vir jou gesien en familie en aanvaar elkeen presies net soos hy of sy is... vriende kan jy kies, familie nie! Moenie toelaat dat jou brein muf met "issues" soos onvergewensgesindheid, skuldgevoelens of grudges nie... sorteer alle strooi uit nog voor die son sak. Moenie toelaat dat mense jou in die rug steek, strooi praat en skynheilig optree teen jou nie! Hardloop jou lewenspiedomiter in die rooi... help waar jy kan en lewe voluit, terwyl jy nog lewe in jou het... "use it or lose it!!"

Geniet die eenvoudige dinge. Die "image"-goed en "keeping up with the Jones", is sommer 'n pot snert.. hulle (die Jones') sit in elk geval nou in Ozzie.

Al wys die "replay" duidelik dat hy verkeerd is... maak vrede met die ref se beslissings en jy sal dadelik beter voel!

Vermy bedompige gyms wat stink na yuppie-spray waar hooter-neuse in snaakse Star War-klere soos hamsters op gevriesde fietse sit en trap... kry oefening deur te gaan stap langs die see of in die veld of 'n rêrige fiets te ry... doen iets in die buitelug, maar moenie in die strate op en af draf nie, dis "common" en maak net dat ander mense skuldig voel.

As jy 'n "no-namebrand T-shirt" sien wat jy laaik, koop dit, na die maan met die name-goed wat jy in elk geval nie kan bekostig nie - solank dit net gemaklik pas...

Laat andere maar hul geld mors op goed wat hulle vals selfvertroue in hul eie plêstiekwêreld gee!

Lag dikwels... lank en lekker, dit hou jou gesond!

Haal diep asem, drink meer water as wat jy moet en kou jou kos fyn. Eet meer van die goed wat mens pluk of uit die grond grawe. Moet nooit alleen alkohol gebruik nie en wanneer jy ietsie vat...
hou matigheid voor oë. ALTYD!!

Behou jou grapgatvriende en vermy die suurgatte... hulle is "demoralising" en trek jou af na hulle vlak. Jou huis is jou plek en daar leef jy soos jy wil, too hell met die snobs... en die beste kar is die een wat klaar betaal is!

So, stel God eerste en alle ander goed sal self in plek val... hê  geloof! Sê vir mense dat jy vir hulle omgee... môre trek jy dalk jou houtjas aan en dan is dit te laat!!  



Gelukkig soos ’n vark in... Potch

Susan Cilliers

Met sy wikkelstert en haastige drafstappie is Frankie die troetelvark ’n bekende gesig in Potchefstroom waar sy oubaas met hom aan ’n leiband stap.

Mense wat dié boepensvark die eerste keer gewaar op Die Bult, waar hy gereeld kuier, skud die kop, kyk twee of drie keer, of vra soms hoekom hy nie by die vendusie is nie.

Watwou! Frankie is die middelpunt van sy eienaars se lewe.

Jaco van Zyl is ’n bemarker en sy meisie, Karli Erasmus, ’n derdejaarstudent in regte aan die Noordwes-Universiteit.

Hulle het Frankie sowat ’n jaar gelede gekry toe hy vier dae oud was en in Karli se hand gepas het. Begin vanjaar het hy al 16
kg geweeg.
“Ons het eers gedink dit sal soos ’n hondjie of katjie wees,” sê Karli.

“Dis egter baie moeiliker en ek moes baie google.”

Jaco sê “Beanie” of “Beast” soos hulle Frankie ook dikwels noem, was net so “vol nonsens” soos ’n regte baba en wou sy melkmengsel nét uit ’n Nuk-bottel drink. In ’n stadium wou hy net skaaptjops en appels eet. Nou is hy versot op hoender en verslind elke aand ’n halwe een.
Van suurwurms en malvalekkers hou hy ook.

Jaco gebruik juis suurwurms of haarjel wat soet ruik om hom so twee keer per week in die stort in te lok. “Ek was hom met sjampoe en opknapper. Hy geniet die stortery en blaas graag skuim met sy snoet.”

Varke is glad nie vuil nie, baie slim en liefdevol, sê Karli.

Frankie het binne twee dae ’n toiletroetine geleer en as babavarkie so ver moontlik van sy slaapplek op koerantpapier toilet toe gegaan.

Frankie wil nou nie meer in sy eie bed slaap nie, maar gaan kruip by Jaco in. “Ek moet die komberse optel, dan skrop hy vir hom ’n plekkie en kom lê in my arms.”

Frankie maak hom ook graag bo-op sy mense tuis, of tussen hulle.
Hy weet presies wat in die kaste is, maak dit oop en haal skoene uit om mee te speel.

Frankie stoot ook self die verwarmer se skakelaar met sy neus aan.

Soggens en saans is dit staptyd.

“Hy is lief vir mense en hulle gee ook meestal aandag en vryf hom,” sê Jaco. “Hy het nie juis erg aan ander varke nie.”

Volgens Jaco kan dié varkies tot 13 jaar oud word. So graag as wat Frankie saans saam met Jaco inkruip, so beskermend is hy oor Karli. “Hy gáán vir Jaco as ons ba­klei en sal soms aan hom stamp, maar nooit aan my nie,” sê sy.

Varke is hoogs intelligent, sê Pierre van ­Niekerk, ’n dieregesondheidskenner van Pretoria. “Hulle word deel van ’n gesin en is slim genoeg om mense te ‘lees’.”

Van Niekerk beveel aan dat eienaars van troetelvarke elke paar maande die diere se mis vir ontleding na ’n veearts neem om teen veral wurms te beskerm. 

[Rapport 2014-08-23]




Bietjie motivering - Nataniël by die gym

Vir die wat al vantevore gesukkel het om te begin met 'n oefenprogram!
Vir my 37ste verjaarsdag het my dierbare vriend, Werner, vir my ' n week by Virgin Active gekoop, met ' n persoonlike afrigter. Alhoewel ek nog 'n redelike goeie lyf het,van al die jare se swem vir die Universiteitspan 18jaar gelede, het ek besluit dit mag ' n goeie idée wees om te gaan.

Ek het die gym gekontak en ' n afspraak gemaak met my persoonlike afrigter, Steve. Hy het my vertel hy is 26 jaar oud, ' n spinning instructor en ' n underwear-model.

Werner was baie beïndruk met my entoesiasme om te begin oefen! Die gym het my aangemoedig om 'n dagboek te hou van my vordering:

MAANDAG:
My dag begin 06h00. Baie moeilik om so vroeg op te staan, was beslis die moeite werd toe ek by die gym aankom en Steve sien wag vir my. Hy is 'n Griekse god met blonde hare, smeulende oë, n gespierde lyf en die mooiste glimlag wat ek nog gesien het!!!

Woo Hoo!!

Hy het my hartklop gemonitor na 5 minute op die treadmill. Was bekommerd oor my vinnige hartklop, ek het hom gerus gestel en verduidelik die rede daarvoor was omdat hy langs my gestaan het. Hy het  my aangemoedig terwyl ek sit-ups gedoen het, al was my pens al klaar so seer van die heeltyd inhou.


Gaan 'n FANTASTIESE week wees, kan nie wag vir môre nie!!!

DINSDAG:
Ek moes hele pot koffie gedrink het, maar het wel uiteindelik die huis verlaat. Steve het my maak op my rug lê en ‘n ysterpaal in die lug hou bo my gesig en toe sit hy gewigte ook op die paal!! My bene was baie bewerig op die treadmill, ek het amper ‘n hele 5 minute gedoen. Steve se mooi glimlag het dit die moeite werd gemaak!

Ek voel WONDERLIK!!

Dit is n nuwe lewe vir my!

WOENSDAG:
Die enigste manier om my tande te borsel, was om die tandeborsel op die wasbak te sit en my mond heen en weer te beweeg daaroor. Ek dink al spiere is geskeur!! Om te bestuur was oraait, solank ek nie hoef te gedraai het of briek te trap nie. Ek het bo-op iemand se motor fiets gestop by die gym. Steve was baie kortaf met my, het aangedring dat my gegillery pla die ander mense in die gym. Sy stem is gans en al te 'perky' so vroeg in die môre. Hy irriteer my!

My bors brand as ek op die treadmill klim, so Steve het my laat oefen op die "stair monster" Vir wat sal iemand 'n masjien maak wat jou laat dink jy klim trappe? Niemand klim meer trappe nie, dis hoekom ons hysbakke het.

Steve reken dit sal my help om ‘n sexy lyf te kry en hy het ook ' n klomp ander twak gesê.

DONDERDAG:
Steve het vir my gewag met sy Doberman-tande wat by sy dun lippies uitgesteek het. Ek kon nie help dat ek ' n halfuur laat was nie, dit is hoe lank dit my geneem het om my tekkies vas te maak. Steve het my laat oefen met dumbells. Toe hy nie gekyk het nie, het ek gaan wegkruip in die manstoilet.
Vir my straf het hy my op die 'rowing' masjien gesit, ek het gesink!!  
 
VRYDAG:
Ek haat Steve so baie.

Dink nie een mens het al ooit ‘n ander mens so baie gehaat in die hele geskiedenis van die wêreld nie. Onnosele, maergat, anoreksiese ottergevreet! As daar n deel van my lyf was wat nie onophoudelik gepyn het nie, sou ek hom daarmee geslaan het.
 
Steve wou gehad het ek moes werk aan my triceps. Ek het nie triceps nie!
 
En as hy nie gate in die vloer wou gehad het nie, dan moes hy nie vir my die barbells gegee het nie. Of enige iets wat swaerder as ‘n toebroodjie is nie!
 
Die treadmill het my afgegooi en ek het op my gesig geval.

 SATERDAG: Steve het ‘n boodskap op my selfoon gelos in sy rasperige stem wat my oordromme laat bloei het. Wou weet hoekom ek nie kom oefen het nie.  Toe ek hom hoor, wou ek my selfoon stukkend gooi, maar ek het niks krag gehad nie. Alles het gepyn! Al wat ek kon doen was om my pinkie te gebruik om die TV remote te druk. Het heeldag soapies gekyk.
 SONDAG:
Die kerk se bussie gaan my kom oplaai vir die diens. Gaan om dankie te sê dat die week verby is en om te bid dat, Werner vir my 'n beter geskenk sal gee volgende jaar!!