Kalender






23 Januarie 2015

 
Matrieks, die voorlopige eindeksamenrooster is beskikbaar.

Kliek hier om na die rooster te gaan.



22 Januarie 2015

HTS is vandag 'n volle 56 jaar oud. In mensterme nader die skool pensioen, maar in opvoedkundige terme, groei en ontwikkel die skool en lê nuwe uitdagings voor om in die toekoms die hoof te bied.  Mag daar nog baie voorspoedige jare vir HTS voorlê. 


12 Januarie 2015

Mnr. PJH Swanepoel
Boodskap van die skoolhoof aan die graad 8-leerders

Dit is ‘n groot voorreg om namens HTS Welkom alle graad 8-leerders welkom te heet by ‘n skool wat deur die jare diep spore in die Goudveld getrap het.

Jy het ‘n sprong na HTS Welkom gemaak, ...

Vir die res van die boodskap kliek hier.

   
6 Januarie 2015

2014 se matrieks, baie jare terug, tydens hulle graad 8-
oriënteringskamp in 2010 toe hulle nog leergierig was!!
Matriekuitslae 2014 rede vir vreugde, maar ook skok!! Baie geluk aan elke Tekkie wat die wenstreep suksesvol gehaal het. Die uitslae wat jy in jou hand hou,  verteenwoordig die energie wat jy in jou skoolloopbaan ingesit het en wat direk eweredig is aan die persentasie wat jy terugkry. Kliek hier vir die res van die uitslae!





2 Januarie 2015

Die lang wag vir die matrieks is byna op 'n end.

Met ingehoue asem sit elke matrikulant nou en wag vir die uitslae wat reeds in die bedieners gereed lê... en slegs met die druk van die "enter"-knoppie op die rekenaar word die uitslae die wêreld ingestuur.

Sterkte aan elke matrikulant! 6 Januarie is om die draai! En vir baie gaan 6 Januarie ook 'n draaipunt in hulle lewens wees! Tekkie Tonic se wens is dat die wind vir jou reg sal draai!!



                                                                                    
                                                                                    1 January 2015

You are a dreamer,
and you are an achiever.
May you dream and achieve bigger feats,
with every passing year. All the best for 2015!!



Ons wens vir jou is 'n genotvolle, gesonde, geseënde, genoeglike, vreugdevolle,
blink, verruklike, energieryke, verstommende en 'n ongelooflike gelukkige 2015!!

       


25 December 2014

To all the Tekkie Tonic friends

We wish you and your families a Merry Christmas and a New Year filled with love and prosperity. Enjoy the precious moments with your families. God bless.


Aan al ons Tekkie Tonic-lesers

Mag julle feesgety gevul wees met liefde, lag en saamwees en mag elke dag vir julle vreugde bring in die jaar wat voorlê!!