Koshuis

KOSHUIS

Huis Gratia is tans in ‘n baie goeie toestand as gevolg van deurlopende onderhoud wat deur die jaar gedoen is.

Die volgende groepe het ook die afgelope jaar van die koshuis gebruik gemaak:

  • Huisves Luiperds Laerskole gedurende die Bondedag op 17 Mei 2014.
  • Huisves Griffons Laerskole oefenkamp gedurende die Junievakansie.
  • Verskeie opleidingseminare is ook deur die afgelope jaar gehou.
  • Verblyf vir graad 12-leerders gedurende die Oktobervakansie vir ekstra klasse.


Die koshuis voorsien met elke wegwedstryd van sportbyeenkomste kospakkies aan die deelnemers. Om toe te sien dat alles by die koshuis glad verloop, word die koshuisvader, mnr. Francois Crauwcamp, deur een matrone en vier assistente en drie diensdoende personeel, naamlik mnre. JD van den Berg, Johann van den Berg en Tobie Louw, bygestaan.

Die personeel en werkers van Huis Gratia sit ongelooflike lang ure in tydens die jaar, maar veral vakansietye. In ‘n tydperk waarin almal rus en asemskep, moet die koshuispersoneel skouer aan die wiel sit om sodoende die koshuis se geldkoffer aansienlik aan te vul.