Dinamika 3099 en ander gemeenskapsprojekte



Bloedskenkdag by HTS: 30 Julie 2015

Mev. M. Broodryk en Jaco Venter (graad 11) 

Mev. Sunette Burger, Brandon van Zyl (graad 11) en
mev. 
M. Broodryk 




















HTS het 4 Tekkie-oupas ...
Lesala Kheteng van HTS saam met matrone van
Huis Oranje, by die geskenkies vir die vier
Tekkie-oupas en tannie Berine!

Gemeenskapsdiens

Dinamika 3099 is nog steeds betrokke by gemeenskapsdiens, maar op 'n heelwat kleiner skaal as die vorige jare. HTS het in 1998 die eerste Tekkie-oupa aangeneem, naamlik oom Louis du Pisanie. In 2006 het Dinamika nog drie oupas aangeneem. Deesdae is daar vier Tekkie-oupas wat op 'n gereelde basis bederf word. Saam met die matrone en personeel word daar op spesiale dae 'n omgeepakkie afgelewer.

Broodjieprojek

Personeellede van HTS Welkom het leerders geïdentifiseer wat sukkel om te konsentreer in die klas, omdat hulle honger is.

Die broodjieprojek wat in 2011 deur me. Karen Botha (ds. Darius Botha se vrou) begin is, word nog deur die volgende tien damespersoneellede (me. M Anderson, A Harding, N Odendaal, A Botes, C Coetzee, K Graham, E Greeff, H Bothma, R Crauwcamp, M Broodryk en N Nel) gedoen.  Die dames verskaf daagliks broodjies aan hierdie leerders.

Die volgende skenkings word op ‘n permanente basis voorsien en daarom wil ons graag die skenkers van harte bedank:
Bread & Pie – 3 brode elke dag
Koshuis – “smeersels” soos margarine, konfyt, stroop, grondboontjiebotter ens.

Sonder die hulp van ons skenkers en damespersoneel, sal dit nie moontlik wees om hierdie leerders te help nie.

Giving credit to those who render community service

It is the policy of our school to acknowledge those learners who sacrifice their time and energy on behalf of and to benefit of people/institutions who are really in need and who are relying on contributions from the community.

It is furthermore our believe that it is part and parcel our core business to guid our learners into becoming human beings who really care. The concept that true happiness often lies on the opposite side of what the world would like us to believe, is something that the learners must learn to know through experience.

While also promoting community service, we also now create opportunities for learners, who necessarily have the same of others, to be acknowledged at the end of the year at our prize giving function.

Dinamika in 2012


Embleem waarmee Dinamika begin het.

2012 se banier met al
die stigterslede daarop!


























Agtergrond:

Dinamika 3099 het by die graad 9A's in 2006 in die Ekonomiese Bestuurswetenskapklas van HTS Welkom begin. Op daardie stadium het hulle nog nie 'n naam gehad nie en hulle het ook nie gedink dat die projek so sou groei nie! Hierdie energieke seuns het vroeg in die jaar (einde Januarie 2006) besluit om 'n gemeenskapsprojek te doen, nadat een van hulle klasmaats, Deon Jonker, 'n uitdaging aan hulle gerig het. Hierdie eerste projek is deur hulleself gefinansier en baie se sakgeld het daardie maand 'n diep duik gevat. Hulle het dit egter so geniet dat hulle besluit het dat dit net die begin is. 2006 was vir hierdie seuns 'n gee-jaar, aangesien hulle 15 gemeenskapsprojekte aangepak het en suksesvol deurgevoer het ... sommige groot en ander weer kleiner. 

Waar het hulle hul idees gekry? Hulle het die plaaslike koerante geraadpleeg en rondgekyk waar nood is. Forum, Vista en Goldnet-news was hier van onskatbare waarde. Die leerders sou dan die koerantartikels skool toe bring, voorlê en indien daar meer as een moontlikheid is, sou die klas daaroor stem en die voorstel met die meeste stemme, sal dan die volgende projek word.

Later in die jaar is daar besluit op die naam Dinamika 3099 - dit verwys na die 30 dinamiese seuns in die klas, die eerste 9 dui op graad 9 toe hulle met die projekte begin het en die laaste 9 op 2009 as hulle in graad 12 is en klaarmaak met skool. Hulle het ook besluit dat hulle aangaan met die gemeenskapsprojekte, al neem hulle nie meer Ekonomiese Bestuurswetenskap (of 'n soortgelyke vak) nie.

In 2007 het hulle 11 projekte aangepak en deurgesien. Hierdie projekte dek 'n wye spektrum, vanaf kleuters tot by die senior burgers in die ouetehuis. Finansies bly maar 'n probleem en hulle moet baie innoverend te werk gaan om hulle projekte tot uitvoer te bring, maar hulp beteken nie net om geld te gee nie. Tyd, handearbeid en hulp op ander maniere is net so van onskatbare waarde! Telefoonoproepe, briewe en fakse word gestuur om probleme onder mense se aandag te bring en om te poog om langs hierdie weg hulp te verleen. "Civvie"-dae word gehou, worsbroodjies word verkoop en borge word genader, alles in 'n poging om hulle doel te bereik. Verskeie instansies en organisasies het hulle al gekontak om hulle op een of ander manier behulpsaam te wees en waar die seuns kon en hulle buitemuurse program dit toegelaat het, het hulle graag gehelp.  

Daardie jaar het HTS se leerfasiliteerder vir EBW, me Clarah Thamahane, inskrywingsvorms vir die groep gebring om in te skryf vir die SAGE-kompetisie, aangesien sy geglo het dat wat hulle doen, uniek is, omdat hulle dit op so 'n groot skaal aanpak en dat hulle op hierdie manier ook 'vir ander 'n voorbeeld kan wees in wat hulle doen en ander kan inspireer om ook uit te reik. (Die inskrywingsvorms is twee keer verlê en baie geduldig, maar gedetermineerd het me. Thamahane persoonlik gesorg dat Dinamika 3099 die derde stel vorms invul.)

In 2007 het hulle geleer dat hulle eintlik maatskaplik-bewuste entrepreneurs is, omdat hulle 'n verskil in mense se lewens wil maak, waar moontlik. Hulle het met hulle eerste deelname aan die SAGE-kompetisie tweede in die Vrystaat gekom. Die daaropvolgende jaar is hulle uitgenooi om na Nigerië toe te gaan as waarnemers, maar hierdie mooi geleentheid is hulle egter ontneem as gevolg van 'n probleem by die Departement van Binnelandse Sake.  

SAGE staan vir "Students for the Advancements of Global Entrepreneurship" en Dinamika 3099 se lede het as mense gegroei, hulle het geleer om nood om hulle raak te sien, uit te reik na ander wat nie in dieselfde posisie as hulle is nie en mekaar by te staan, nie net na buite nie, maar ook na mekaar as maats.

Die dryfveer van maatskaplike entrepreneurs is die kreatiwiteit wat nodig is om maatskaplike probleme te hanteer. Karaktereienskappe van die betrokkenes is omgee, volharding, ywer, diensbaarheid, want al hul tyd en energie wat hulle in hierdie saak inploeg, word uit liefde gedoen en dankbaarheid aan die kant van die ontvanger is die enigste beloning.

Die 30 oorspronklike lede het gegroei en verdubbel, die entoesiasme is nog net so sterk en 16 projekte is in 2008 suksesvol gedoen. 8 projekte is tot op hede vir 2009 aangepak. Een van hulle groot projekte later in die jaar is om nog te "Hobo" vir Kansa. In 'n aanloop na Relay for Life het hulle Saterdag na Saterdag saam met die Junior Stadsraad van Matjabeng Luminaria-sakkies voor die besighede verkoop. Nege Tekkie-spanne het ingeskryf vir Relay for Life en 3 van die spanne het pryse gewen. Die eerste span vir 2010 is alreeds ingeskryf.

Die 9e Mei is Dinamika 3099 aangewys as die Vrystaat-wenners en op 16 Junie (Jeugdag) het hierdie "jeug" die nasionale wenners geword wat sake as die SA-span in Brasilië gaan uitspook.             

Brasilië...!! Wat 'n hoogtepunt vir Dinamika 3099! Hierdie hartsprojek het in  4 jaar so gegroei dat dit op wêreldverhoë saam met die groot moondhede kon kompeteer! Dit was 'n besielende en verrykende leerskool.

SAGE (Students for the Advancement of Global Entrepreneurship) is aktief in 24 lande, versprei oor 5 kontinente. Daar is ongeveer 'n 1700 skole en ongeveer 15 000 studente oor die wëreld heen wat aan SAGE deelneem. Resessie en visumprobleme het sommige spanne genoop om vanjaar te onttrek. Weens finansiële en logistieke probleme is vanjaar se spanne in 4 ligas ingedeel. Die wenspanne uit elke liga het teen mekaar deelgeneem vir die top 4 posisies. Na die tyd het die Dinamika 3099-span gehoor dat hulle gelykop met die Holy Angels Academy SAGE-span van die VSA in hulle liga was. Nadat die beoordelaars gekoukus het, het Dinamika 3099 met 1 punt verloor teen die VSA-span wat verlede jaar 'n 5e plek in die SAGE Wêreldbeker in Abuja in Nigerië gekry het. Dit was aan die een kant teleurstellend om te weet dat daar net een punt verskil was, maar terselftertyd ook opwindend om te weet dat 'n span wat vir die eerste keer op hierdie vlak deelneem, so goed gevaar het teen die res van die wêreld. Ironies genoeg het Dinamika 3099 nou nie-amptelike die VSA-span se plek op die wêreldranglys ingeneem!! Dit is VSA se vierde agtereenvolgende jaar wat hulle aan die SAGE Wêreldbeker deelneem. 'n Span wat die steun van hulle plaaslike regering, sakelui, sowel as die onderwysdepartement geniet. Gevolglik is so 'n span se kompetisievermoë soveel sterker as 'n span wat nie gerugsteun word nie.   

Die Vrystaat SAGE-mentors was met een woord ongelooflik. Die tyd, energie en lojaliteit wat hulle in dié span gesit het, kan nie gemeet word nie. Geen steen is onaangeroer gelaat om die span gereed te kry om internasionale vlak te kompeteer nie.

Met Nasionale Dag kry elke land/span 10 minute om sy land bekend te stel aan die res van die wêreld deur middel van 'n kort video, vertellings, danse, sang of wat ookal tipies is van die betrokke land. In Brasilië het Dinamika 3099, Suid-Afrika se nasionale wenners, uitgestaan en is hulle een van net drie spanne wat pryse gekry het vir hulle bekendstelling van hulle land. 'n Kort video van so 4 minute is gewys en daarna het hulle die gehoor met sang en dans op hulle voete gehad. Suid-Afrika, Suid-Korea en Nigerië was die drie lande wat pryse ontvang het. Na aanleiding van hulle vertoning met Nasionale Dag, is die drie lede van Dinamika 3099, naamlik Sibusiso Tshabalala, Eric Plaatjie en David Maroba gevra om met die prysuitdeling- en afsluitingseremonie drie liedere te sing. Die trio is met luide applous begroet.

Elke land het ook 'n stalletjie gehad wat hulle moes bedryf en weereens het SA se stalletjie uitgestaan, met Bafana Bafana as tema. Hulle het sommer solank bemarking vir die 2010 sokker gedoen en die vuvuzelas was 'n groot aantrekkingskrag. Soeweniers eie aan Suid-Afrika en ook sokkeraandenkings is verkoop. Nog 'n veertjie wat Suid-Afrika se nasionale wenners in hulle hoed kan druk, is dat hulle die besigste stalletjie gehad het, wat ook die meeste geld gemaak het.      

Dr. Ria de Villiers van Bloemfontein is as Suid-Afrika se SAGE-koördineerder vir 2010 in Brasilië verkies. 'n Energieke, talentvolle en hardwerkende mens, met 'n passie vir SAGE. SAGE is 'n internasionale nie-winsgewende organisasie wat hoërskoolleerders blootstel aan besigheidsvaardighede en sosiale entrepreneurskap op 'n etiese en sosiaal-verantwoordelike manier. Hierdie organisasie baan die weg vir die jeug om besigheidsvaardighede aan te leer, maar om in dieselfde asem hulle bydrae tot die gemeenskap te lewer en ook terug te ploeg in die gemeenskap.