Tuesday 30 June 2015

HTS se verteenwoordigers op die Junior Stadsraad.

Afrika Mokhosi (gr. 11) en Wilhelm Erasmus (gr.12)
Vanjaar se aktiewe verteen- woordigers op die Matjabeng Junior Council, is Afrika Mokhosi (gr. 11) en Wilhelm Erasmus (gr.12).

Sunday 28 June 2015

Saturday 27 June 2015

Sokkerwedstryd teen Thotagauta!

Die 0/17-span! Kaptein: Khotso Chomane, 2de van links, agter.
Hierdie span het gelykop gespeel 1-1, maar het ongelukkig met die doelskoppe 4-5 verloor! Baie geluk, Manne, julle het baie mooi gespeel!

Friday 26 June 2015

Geniet julle wintervakansie!


Tekkie van die maand!

Mandlazi Shandy!
Mandlazi Shandy, 'n graad 11-leerder, is gekies as mnr. Matjabeng Junior Council! Baie geluk en hou die standaard hoog! Buitumelo Leshoro van Welkom High is mej. MJC. Nog foto's!

Thursday 25 June 2015

Oefen vir die lewendige uitsending oorsee!!!

Die Aquabioniete aan die oefen!!!
Goeie nuus wat die klomp SAGE-deelnemers gekry het, is dat die SAUK die hele kompetisie gaan dek en dat dit terselftertyd ook na die oorsese deelnemende lande uitgesaai gaan word. 'n GROOT geleentheid wat nie sommer elke dag met skoolleerders gebeur nie! Die SA-kampioenskappe vind vanjaar in Bloemfontein plaas.

Tuesday 23 June 2015

HTS Melodrama 2015

'n Heerlike melodrama word deur HTS Welkom aangebied. Kom ontspan en geniet die "gaskunstenaars" wat Welkom die 23ste en 24ste Julie besoek.

Karien van Jaarsveld, DJ Ossewa, Jay en Lianie May, Taylor Swift en Robbie Wessels is maar enkele van die "gaskunstenaars" wat Welkom in hulle besige konsertskedule ingesluit het.

Kontak die skool (057 3523255) vir verdere inligting. Vergeet vir een aand van al jou sorge en laat ander vir jou die ligter kant van die lewe sien! (met of sonder ESKOM)

Verdere inligting. 



Sunday 21 June 2015

History of Father's Day!

The world owes thanks to Ms Sonora Louise Smart Dodd a loving daughter from Spokane, Washington as it is because of her struggle that Father's Day saw the light of the day.

The idea of Father's Day celebration originated in Sonora's mind when she per chance listened to Mother's Day sermon in 1909. Fairly mature at the age 27, Sonora pondered if there is a day to honor mother then why not for father? Sonora felt strongly for fathers because of the affection she received from her own father Mr William Jackson Smart, a Civil War veteran. Sonora's mother died while childbirth when she was just 16. Mr Smart raised the newborn and five other children with love and care.

Inspired by Ms Anna Jarvis's struggle to promote Mother's Day, Ms Dodd began a rigorous campaign to celebrate Father's Day in US. The Spokane Ministerial Association and the local Young Men's Christian Association (YMCA) supported Sonora's cause. As a result Spokane celebrated its first Father's Day on June 19, 1910. Though there was initial hesitation the idea gained gradual popularity all over US and Fathers Day came to be celebrated in cities across the country. 


Looking at the heightened popularity of Father's Day in US, President Woodrow Wilson approved of this idea in 1916. President Calvin Coolidge too supported the idea of a national Father's Day in 1924 to, "establish more intimate relations between fathers and their children and to impress upon fathers the full measure of their obligations". After a protracted struggle of over four decades, President Lyndon Johnson signed a presidential proclamation declaring the third Sunday of June as Father's Day in 1966. Then in 1972, President Richard Nixon established a permanent national observance of Father's Day to be held on the third Sunday of June. Sonora Smart Dodd was honored for her contribution at the World's Fair in Spokane in 1974. Mrs. Dodd died in 1978 at age 96. 

Saturday 20 June 2015

The triangle in the sky!

Today, Saturday 20th July, the crescent moon forms part of a lovely triangle with Venus (bottom right) and Jupiter (top right). This picture was taken at 18:45.


Jupiter and Venus are the brightest “stars” in our skies this month. Keep an eye on them for the next few weeks. They will move closer together and pass each other at the end of the month. When the moon orbits back into this part of the sky (18th July), a similar triangle will be seen, but with Venus above Jupiter.

SAGE Nasionale kompetisie!

Aquabionic neem 4 Julie 2015 aan die nasionale kompetisie in Bloemfontein deel. Tekkie-sterkte aan die span! Hou die skool se naam hoog!

Viva, SAGE!!

Friday 19 June 2015

Skaakspelers presteer!


Muuzo Kraai (silwer) en Lefa Mofokeng (goud)
Hierdie leerders het die geheim van skaak ontdek. Dit ontwikkel nie net jou brein nie, dit hou jou brein ook fiks. Daarom dat hulle almal al 'n hele klompie jare aan dié sport deelneem. 

Tydens 'n interprovinsiale skaakkompetisie, het hulle elk met 'n medalje huis toe gegaan, maar belangriker, 'n meer geoefende brein...  

Die Mofokeng-broers is reeds 10 jaar toegewyde skaakspelers, terwyl die ander klompie so ongeveer 5 jaar speel.
Kanya Gojo, Letlotlo Mofokeng en Rethabile Majoe (almal brons)

Thursday 18 June 2015

Gespesialiseerde onderrig


Senior amptenare by die Nasionale Departement van Onderwys het by 'n onlangse vergadering van tegniese skole bevestig dat gespesialiseerde onderrig gaan terugkom, sodat leerders wat tegniese vakke neem, meer vaardighede kan leer. Leerders sal dan kan kies om te spesialiseer in byvoorbeeld Houtbewerking, Siviele Konstruksie, Pas- en Draaiwerk, Elektriese Kragstelsels, Motorwerktuigkunde, ens.

Volgens hierdie senior beamptes is die veranderinge spoedeisend, omdat dit noodsaaklik is om die vaardigheidstekort in Suid-Afrika aan te spreek. Tegniese onderrig en tegniese vaardighede is so belangrik in die tydvak waarin ons leef.  

Leerders wat volgende jaar in graad 8 begin, sal beslis vanaf graad 10 hierdie gespesialiseerde tegniese onderrig kan ontvang. Met die oog op die land se toekoms, is dit van kardinale belang dat graad 7-leerders ingeligte besluite moet neem.

By HTS word leerders toegerus met lewensvaardighede sodat hulle kan groei en hul plek in die samelewing kan volstaan. 

Kies nou, kies reg, want dit is belangrik dat jy jou volle potensiaal moet kan bereik.


Tuesday 16 June 2015

Page views by countries!


Jeugdag!!

Onthou Madiba se woorde en gebruik dit ook in hierdie eksamen! Sterkte met die res van die eksamen en gebruik jou Jeugdag sinvol!! Viva, geleerdheid!

Monday 15 June 2015

Sunday 14 June 2015

MJC se skoonmaakprojek!


2015 se groot skoonmaak! 
Die twee hane onder die henne, is natuurlik Tekkie-manne! Hier wend die MJC-lede 'n poging aan om die park in die middestad skoon te maak, wat ons mede-Welkommers so besoedel! 'n Mens kan maar net hoop dat die voorbeeld wat hulle gestel het, ook ander sal inspireer om dieselfde te doen. Die sterkere geslag wat agter staan, is Afrika Mokhosi en Wilhelm Erasmus! Viva herwinning!!!

Saturday 13 June 2015

Wednesday 10 June 2015

Tekkie(s) van die maand!!


Christopher Brummer en Pieter Pretorius samel geld en kos in vir
Claws Welkom!!
Hierdie twee graad 10-leerders kwalifiseer vir die benoeming, "Tekkie van die maand", aangesien hulle hul Saterdag opgeoffer het om 'n wesenlike verskil te maak aan die situasie by Claws!! En hierdie is beslis nie die laaste nie - die eksamen meng nou net 'n bietjie in met hulle planne, maar gedurende die vakansie sal hierdie sakie reggestel word. Knap gedaan, julle twee!! Kliek hier vir verdere inligting.

Monday 8 June 2015

Friday 5 June 2015

Thursday 4 June 2015

Aquabionic!!

.         Sakkie vir sakkie les ons jou dors!!
Kontakkoördineerder: 084 440 6166

You don't need ESKOM while you study!!!



Wednesday 3 June 2015

Graad 8's ontvang Bybels!


Voor: Lebatla Sabata, Tshepo Ramoeba en Ntsikelelo Nohako.
Agter: Mnre. Ben Barnard, Christo Els, Johan Fouche en
Gian Marais.
Die graad 8-leerders het Bybels van die Gideons ontvang. Mnr. Ben Barnard wat elke jaar deel is van die span wat die skool besoek, was self 'n oudleerling van HTS. Hy het in 1964 gematrikuleer.

Monday 1 June 2015

SAGE-deelnemers is almal wenners!!!

Die afgelope naweek was die Vrystaatse SAGE (Students for the Advancement of Global Entrepreneurship) provinsiale kompetisie. Sewe spanne het sake in twee kategorieë uitgespook. Bokamosa van Harrismith is die wenners in die SEB-kategorie, terwyl Aquabionic eerste in die SRB-kategorie is. One Life van Qwa-Qwa blaas in Bokamosa se nek, terwyl Kaizen van Harrismith nie vir lank tevrede gaan wees om die tweede viool in die SRB-kategorie te speel nie. (SEB = Social Enterprise Business en SRB = Socially Responsible Business.)

Die Suid-Afrikaanse kompetisie vind 4 Julie by die Universiteit in Bloemfontein plaas. En so vier weke verderaan ding die bestes uit elke land teen mekaar mee.

Vanjaar sal die 13de Wêreldbeker van SAGE in Seoul, Suid-Korea plaasvind. Vanaf 7 - 10 Augustus gaan sake tussen 'n klomp spanne uitgesorteer word. SAGE (Students for the Advancements of Global Entrepreneurship) is die breinkind van Dr.Curt DeBerg van die Sentrum van Entrepreneurskap aan die Kaliforniese Universiteit, Chigaco. SAGE is 'n internasionale niewinsgewende organisasie wat hoërskoolleerders blootstel aan besigheidsvaardighede en sosiale entrepreneurskap op 'n etiese en sosiaal-verantwoordelike manier. Hierdie organisasie baan die weg vir die jeug om besigheidsvaardighede aan te leer, maar om in dieselfde asem hulle bydrae tot die gemeenskap te lewer en ook terug te ploeg in die gemeenskap. Die "vader" van SAGE met sy span van vyf was in 2010 in Suid-Afrika. Dr. Curt DeBerg was al by 2 vorige geleenthede in Bloemfontein.