Showing posts with label Braai. Show all posts
Showing posts with label Braai. Show all posts

Monday, 19 December 2022

'n Opregte Tekkie-dankie

Ons sê te min dankie. Ons sê te min opreg dankie. Dankie wat uit die hart kom. 2022 het aan almal uitdagings gestel en aan al die werkers wat hulle deeltjie gedoen het, 'n GROOT DANKIE vir die jaar se werk.

Die werk wat ons doen, is nie noodwendig ons eerste keuse nie. Baie keer is dit die enigste werk wat ons pad kruis. Die geheim is om dit wat jy doen, te geniet en so goed as moontlik te doen. Maar dis makliker gesê as gedaan, want ons is mense ...

Dr. Martin Luther King jr. het dit so opgesom: As ‘n man geroep word om ‘n straatveër te wees, moet hy strate vee soos Michelangelo geverf het, Beethoven gekomponeer het en Shakespeare gedig het. Hy moet strate so goed vee dat die hemel en aarde sal stilstaan en sê: ‘Hier het ‘n uitstekende straatveër gebly wat sy werk goed gedoen het.’”

So, wees ‘n straatveër, maar wees die beste straatveër in die wêreld.

Aan elkeen van die Tekkie-werkers, wat 'n heerlike ontspanne kuierdag by die rugbylapa deurgebring het, mag julle Kersfees geseënd wees en baie voorspoed vir 2023 met al die nuwe uitdagings wat al klaar lê en loer. Ons sê nie gereeld en genoeg dankie vir die verskil wat julle maak nie.

Friday, 17 January 2020

Tuesday, 24 September 2019

Prebraaidag ...

Mnr. Deon Fourie, mevv. Karin Herbst, Alet
Harding en mnr. Johan Herbst 
As jy in die onderwys is, sal jy besef hoe belangrik pre- en posttoetse is wanneer daar ekstra klas gegee word. Só getrou aan hierdie beginsel, het die personeel 'n prebraai gehad die 20ste September 2019.

Braaidag is 24 September en die postbraai sal nadat die skole weer heropen het, plaasvind.

Viva braaivleis!!

Foto's: Lizbe Sauer
Mnre. Joost Matthysen, Quintos,Coetzee, Deon
Fourie, Vernon Harding, Francious Crauwcamp
en Tobie Louw. Mevv. Annelene Botes, Christa
Coetzee, Alet Harding, me. Caryn Peterson en
mnr. André van Dyk.

Friday, 7 December 2018

Vir botter of vir wors ...

Vrydag was die laaste dag van die lang admin-week, die kersie op die koek en in dié skool se geval, die wors op die vuur.

Na 'n lang week waar personeel aan punte, skedules, rapporte en Ed lab-kaarte gewerk het en hulle botter op hulle brood verdien het, het Johann Herbst besluit dat hierdie hardwerkendes 'n worsie op die kole verdien en daarom het hy sommer op eie inisiatief ingespring en almal genooi wat wou deel in die worsprojek, om sy of haar geldjie in die hoed te gooi en dan sou hy en Karen vir die res sorg.

Van die kommentaar wat Tekkie Tonic op die stoepe gehoor het, is dat dit van die lekkerste wors is wat hulle in 'n lang tyd geëet het. Nou wonder die redaksie of die geheim van die smaak in die wors of in die braaier se braaivermoë lê ...?

Twee van die personeellede het besluit om sommer hierdie geleentheid te gebruik om te ontstres en in plaas daarvan om die gym te besoek, het hulle sommer die "Worswals" van Nico Carstens om die vuur gedemonstreer aan die entoesiastiese gehoor.

Enige een wat belangstel in danslesse vir troues, matriekafskeide en ander funksies, kan die naam en nommer van die afrigters by die sekretaresse kry.

Dankie Johann en Karen vir die inisiatief! Dankie Lizbe vir die verewiging van die gebeurtenis.