Showing posts with label Turkye. Show all posts
Showing posts with label Turkye. Show all posts

Tuesday, 10 April 2018

Sunday, 1 October 2017

Premier van die VS ontvang 'n eredoktersgraad!


29 September 2017 ontvang die premier van die Vrystaat, mnr. Ace Magashule, 'n eredoktersgraad aan die Bahcesehir Universiteit (BAU) in Turkye.*

Op die spesiale uitnodiging staan dat die premier 'n lewenslange toewyding het om armoede deur middel van opvoeding en onderwys uit te roei. Hy het die Hlasela Onderwysbeurs** (Premier's Scholarship) in die Vrystaat ingestel.

Die prestige geleentheid is gereël deur Kearebetswe Tilo ('n oudleerder van HTS Welkom wat matriek in 2015 geskryf het) en Tshepang Motsie (van Ficksburg). Hulle goeie organisatoriese aanslag en leierseienskappe het
hulle goed kon aanwend in die reël van hierdie internasionale funksie.

Hulle is deur die president van die universiteit prof. Şenay YALÇIN, gevra om die funksie te reël op grond van hulle goeie punte. (Tilo het die hoogste punte van al die eerstejaars van die Vrystaat.) Die visepresident, prof.dr. Ali Güngör, is hulle fisika-dosent.
Kearebetswe en Tshepang studeer "software"-ingenieurswese. Hulle is deel van die groep wat aan die einde van Maart na Turkye is. (Hulle is die derde groep en was 56 studente) Hulle gaan vir die volgende 4 jaar daar swoeg en sweet en deel daarvan is die taal, wat volgens Kea, maar 'n taai toffie is om te kou.

Kearabetswe se gemiddelde punt vir hierdie semester is 89%. Hy is 'n uitblinker in wiskunde en mnr. Nyakallo Mothunyane kan baie trots op hierdie leerder van hom wees. Kea, ons hou jou sukses met valkoë dop. Mag jy net van krag tot krag gaan daar in die vreemde...

* https://www.facebook.com/bahcesehiruniversity/posts/1157763210967718  (video van die plegtigheid)
** Hlasela Education means attacking education)

Kearabetswe Tilo en die premier van die Vrystaat,
dr. Elias Ace Magashule.

Kearabetswe Tilo en die burgemeester van
Lejweleputswa, mnr. Nkosenjani Speelman.

Kearabetswe Tilo en die MEC van die VS,
mnr. PHI Makgoe, saam met Tshepang 
Motsie medestudent en -organiseerder 
van die funksie.




























































































Sunday, 16 July 2017

Student in Turkye!

Kearabetswe is besig om ingenieurswese in
Turkye te studeer. Hy was in 2015 in HTS in matriek!





















































International Student Admissions

What are the application deadlines?
Round 1: May 1
Round 2: August 1

What should I write in the essay?

It is important to the committee to hear your “voice”. You should discuss why you want to study, what kind of areas of specialization or career path you are considering, your favorite classes in school, any activities you enjoy outside school, what you would contribute to the University, the specific reasons why you want to study at our University, any abnormalities in your transcript that you want to explain, any mentors that have influenced you, etc.