https://www.afrikaans.us/afrikaans/home-afrikaans/
Showing posts with label Studiewenke. Show all posts
Showing posts with label Studiewenke. Show all posts
Tuesday, 1 September 2020
Afrikaans - webwerwe tot jou voordeel
Besoek gerus hierdie webwerwe indien jy so 'n bietjie ekstra kennis wil bymekaar maak. Daar is ook makliker webwerwe vir mense wat sukkel. En dan is daar webwerwe vir hulle wat op soek is na nog vraestelle om uit te werk. Viva, die internet!!
https://www.afrikaans.us/afrikaans/home-afrikaans/
https://www.afrikaans.us/afrikaans/home-afrikaans/
Sunday, 30 August 2020
Matrieks 2020: studiewenke
1. Beplan jou tyd - stel vir jou 'n studierooster saam.
2. Jy moet ekstra klasse bywoon.
3. Oefen met ou vraestelle, sodat jy beter kan verstaan hoe
die vrae aan die einde van die jaar gevra gaan word.
4. Begin 'n studiegroep saam met 'n klompie vriende wat
ernstig oor hulle skoolwerk is en help mekaar.
5. Maak aantekeninge van alles wat die onderwyser in die
klas sê.
6. Doen elke dag jou huiswerk, want bietjie bietjie maak beter.
7. Kry 'n mentor wat jou kan help met daardie ekstra kennis.
8. Eet gesonde kos en drink baie water.
9. Maak seker dat jy genoeg slaap.
[Dankie, Kamohelo Masitsa van graad 12C1, wat hierdie wenke met sy medematrieks deel.]
Saturday, 8 August 2020
Sunday, 2 August 2020
Thursday, 23 July 2020
Monday, 18 May 2020
Wednesday, 28 February 2018
Sunday, 29 October 2017
Nog studiewenke...
1. Studeer in ’n ruimte waar daar genoeg lig en vars lug is.
2. Organiseer jou werksruimte sodat jy weet waar alles is.
3. Probeer om slegs die
vak waaraan jy op die oomblik werk se materiaal op jou lessenaar te hê.
4. Moenie jou studiemetode met dié van ander vergelyk nie.
5. Vind
uit watter metode vir jou werk en hou daarby. Moenie dat ander leerders se
indrukwekkende vloeidiagramme of kleurvolle vlaggies jou intimideer nie – nie
almal se breine absorbeer inligting op dieselfde manier nie.
6. Moenie te lank aaneen leer nie – neem gereeld kort breke en
moenie in dieselfde vertrek bly nie. Gaan loop ’n draai en rek jou bene.
7. Slaap genoeg. Neem jou produktiewe tyd in ag – sommige mense
is meer produktief in die oggend en moet vroeër gaan slaap; ander is meer produktief
in die aand en moet dan eers wanneer hulle genoeg slaap ingekry het, opstaan.
8. Moenie die uitwerking van gesonde kos en genoeg water
onderskat nie.
9. Indien dit nuttig is vir jou om saam met ander te leer, reël
produktiewe studiesessies met een of meer ander mense nadat almal genoeg tyd
gehad het om op hul eie deur die materiaal te gaan. Deur die werk met ander te
bespreek en probleemgebiede te identifiseer, kan jy die inligting vaslê en hoef
jy nie op jou eie aan te sukkel nie.
10. Doen beplanning! Besluit vooraf watter werk jy op ’n gegewe
dag gaan doen; weet wanneer jy jou volgende vraestel skryf; weet watter inhoud
in die vraestel gedek gaan word; en daag betyds by die eksamenlokaal op.
11. Moenie jou ore uitleen aan mense wat paniekbevange raak voor
’n vraestel nie – al beteken dit jy moet hulle vermy voordat jy by die
eksamenlokaal ingaan.
12. Vra hulp as jy voel jy het dit nodig – enige hulp kan die
verskil tussen 69% en 70% of 79% en 80% beteken.
13. Moenie toelaat dat jou aandag afgetrek word deur sosiale
media soos Facebook, Instagram en YouTube nie. Indien dit nodig is, teken uit
vir die duur van die eksamen. Daar sal na die eksamen baie tyd wees om in te
haal.
14. Moenie tydens die eksamen probeer inhaal op TV-reekse wat jy
nog nie gekyk het nie!
Subscribe to:
Posts (Atom)






