Showing posts with label Matriekuitslae. Show all posts
Showing posts with label Matriekuitslae. Show all posts

Tuesday, 13 January 2026

Uitslae: Matriekklas van 2025

Die matriekklas van 2025 het alle rede om fees te vier nadat hulle 'n 92,13%-slaagsyfer in die 2025 NSS-eksamen behaal het.

Baie geluk aan elke matrikulant en hul ouers met hierdie uitslae. Ons is baie trots op elkeen van julle.

Baie geluk en baie dankie ook aan elke personeellid vir jul toegewydheid, ekstra klasse en leiding aan die leerders. Sulke uitslae val in niemand se skoot nie.

Matrieks, mag al jul harde werk vrug dra in die toekoms. Dit was 'n voorreg om die pad van 2021 tot 2025 saam met julle te kon stap.

Mag die Vader se guns en seën oor elkeen van julle wees vir 'n geseënde en suksesvolle toekoms.

Tuesday, 4 February 2025

Is jou matriekuitslae 'n teleurstelling?

Die matrieks van 2024 is dankbaar dat hulle die einde van hulle 12 jaar bereik het, maar die uitslae in jou hand stem egter nie ooreen met die drome en vergesigte in jou kop nie. Gelukkig is dit nie die einde van die wêreld nie, daar is hoop.

Moontlike opsies:
* Laat hermerk jou vraestelle.
* Skryf sekere vakke oor tydens die November 2025-eindeksamen om jou punte te verbeter.
* Daar is ook 'n Mei/Junie NSC-eksamen (**The Second Chance Programme): Sluitingsdatum vir registrasie is 7 Februarie 2025.
* Doen die hele jaar oor.
* Aanlynskool kan ook 'n oplossing bied. 

Hierdie opsies kan jou hele toekoms verander. Gryp die geleenthede met albei hande aan. Sterkte!!  

** Second Chance Programme: Giving you another chance at success!
The aim of the Second Chance Matric Programme is to provide support to learners who have not been able to meet the requirements of the National Senior Certificate (NSC) or the extended Senior Certificate (SC), thereby meeting the goals of the NDP and the sector thus increasing learner retention.

Click  HERE  for all the information and  HERE. 
“Whatever the mind of man can conceive and believe, it can achieve.” Napoleon Hill

Saturday, 11 January 2025

Matriekuitslae om die draai


Die lang wag, die slapelose nagte en die spanning behoort aan die verlede na hierdie naweek. Jy gaan Dinsdag met jou akademiese bankbalans in jou hand staan en weet dat alles waarvoor jy die afgelope 12 jaar so hard gewerk het, het dividente opgelewer.

Sterkte!!!

Hou gerus die skool se Facebook  dop vir die nuutste inligting oor die matriekuitslae.

Thursday, 9 January 2025

The wait for matriculants for their 2024 exams results is almost over!


REMINDER

The Department of Basic Education (DBE) has announced that the 2024 matric result release date is Monday, 13 January 2025.

This decision aligns with the start of the 2025 academic year, scheduled for Wednesday, 15 January 2025.

Here’s a detailed timeline:

Tuesday, 14 January 2025: Individual matric results will be available at schools and online via official DBE platforms

Monday, 13 January 2025: The Department of Basic Education will announce the results nationally

Click  HERE  for more info!

Friday, 19 January 2024

Klas van 2023


Baie sterkte met julle uitslae. Môre staan jy met jou uitslae in jou hand. Die sleutel wat bepaal wat vorentoe gaan gebeur. Die vorige 5 jaar en veral verlede jaar se insette gaan in simboolvorm geverbaliseer word.

Mag jy kry waarvoor jy gewerk het en as jy nie tevrede is nie, is daar baie maniere om daardie uitslae te verbeter. Sit dadelik skouer aan die wiel en verbeter waarmee jy nie tevrede is nie. 

Monday, 6 January 2020

Monday, 9 December 2019

Matrieks se laaste ... heel laaste dag!

2019 het vinniger gegaan as wat dit gekom het. 'n Handjievol matrieks het tot die laaste dag getrou ekstra klasse bygewoon en vraestelle uitgewerk. Baie baie sterkte vir julle met julle uitslae wat 7 Januarie 2020 aan julle "deur" gaan kom klop.

Hier vir oulaas voor die Afrikaanse klas se deur staan Tsholo Mopeli, Karabo Tsipane, Makwanyane Shomaele en Shaun Mmutsi.
Robbie se toekomsvisie het hy op die agter-
kant van sy matriektrui aangebring: "Own
the day." 

Thursday, 3 January 2019

Matrieks 2018-uitslae

Baie sterkte met die uitslae, mag dit wat op jou rapport staan, dit wees wat vlerke aan jou drome sal gee - jy het mos gewerk daarvoor!