Wednesday 29 April 2015

VUT besoek HTS!

Teboho Malang, mnr. Andrew Strauss en Thabang
Morake. 
Mnr. Strauss, die HOD van studentewerwing van die Vaal Universiteit van Tegnologie, het HTS besoek. Hy het die leerders ingelig oor die verskillende studierigtings en moontlikhede!

Sy boodskap aan die matrikulante is dat hulle een toekoms het en dat hulle dit nie nou moet weggooi, net omdat hulle vriende nie ernstig oor studie is nie! Julle jaar is nog net een kwartaal lank!! Gebruik hierdie kwartaal tot julle voordeel! Viva, PUNTE!

Kliek hier vir belangrike verdere inligting!

Don't!!!


Monday 27 April 2015

SAGE: Entrepreneurship



Launch of Entrepreneurship Development Program of the University of the Free State -
with Fanie Pretorius, Christopher Brummer, Lesala Khetheng, Wilhelm Erasmus, Afrika Mokhosi, Pieter Pretorius and Thabo Pitse at University of the Free State.

Thursday 23 April 2015

Eerste in graad 12!

Drikus Jacobs, die ondervoorsitter van
 HTS, staan hierdie kwartaal eerste
in graad 12! Baie geluk, Drikus en
sit skouer aan die wiel vir die tweede
skof! Viva, akademie!!



???


Sunday 19 April 2015

Vrydagoggend lewer 'n verrassingsbesoek op!

Wat 'n heerlike verrassing het HTS nie gekry, toe een van die skool se vorige hoofde, mnr. AJ du Plessis,
Mnr. en mev. André du Plessis, saam
met mnr. Pieter Swanepoel!
 
beter bekend as "Slang", 'n onverwagte besoek aan die skool gebring het nie. Hy en sy vrou is op 'n gradeplegtigheidstoer. Hulle was pas klaar by UV se plegtigheid en op pad na UP s'n. 'n Besondere voorreg wat sy kleinkinders het om hulle oupa en ouma by hulle gradeplegtighede te kan hê.

Mnr. Du Plessis was so 'n maand terug ook by die Universiteit van die Vrystaat - daar het die goue oues 'n heerlike reünie gehad en agtergekom dat die tyd hopeloos te min was, om staaltjies en stories uit te ruil.

Mnr. André van Dyk, HTS se bibliotekaris en 'n oud-Tekkie, sê dit was vir hom 'n groot voorreg om hierdie legende in lewende lywe te ontmoet - iemand wat diep spore in baie mense se lewe getrap het.

(Nog foto's)




Saturday 18 April 2015

Tuesday 14 April 2015

Is dit dalk waar?


Slaan fietsdiefstal hok!

Is dit die enigste fiets wat 'n mens buite
kan los, sonder dat dit gesteel gaan
word?? (Victoria-Wes)