Showing posts with label Uitreik. Show all posts
Showing posts with label Uitreik. Show all posts

Saturday, 26 October 2024

Flashback Friday: Tekkies se aangenome oupas - 2006/2007


HTS het vir meer as 20 jaar 'n oupa of oupas gehad wat hulle by Huis Oranje aangeneem het. Dit was deel van die skool se gemeenskapsdiens en uitreikaksie. Dit het gereelde besoeke/kuiertjies behels en elke maand so 'n klein verrassingspakkie wat eetgoed en toiletware ingesluit het. Vir Kersfees en hulle verjaardag het hulle sommer 'n lekker groot pakkie gekry.
Die oupas was:
Louis du Pisanie - 14 Mei (hy was meer as 20 jaar 'n oupa) 
Martin Fourie - 15 Februarie
Hansie Kruger - 22 April (hy was die nuutste en laaste oupa wat HTS aangeneem het) 
Matrone Matthysen -  16 Mei (die matrone wat die kinders só welkom laat voel het en goud werd was)

Wednesday, 11 May 2022

Mojalefa's passion is community work!

A  few questions for the young man on this topic:

Why are you passionate about helping the community?

It will enrich your life, familiarize you with your community, and connect you to people and ideas that will positively impact your perspective for the rest of your life. Helping your community is an opportunity for you to grow as a person, to better understand how you fit into the world around you.

What motivates you to work community?

Well, people volunteer for a range of different reasons. Some of these reasons include making a difference to the community they live in, a chance to make new friends, building and strengthening new and existing social networks.

What are your goals of community service?

To foster a sense of belonging and togetherness among individuals within the community who are in the vicinity, and to nurture and apply the knowledge, skills and practice of civic values within each individual.





Monday, 10 January 2022

Sterkte vir jou nuwe skooljaar

2022 - die jaar waarin elke Tekkie gaan probeer om waarde toe te voeg tot die skool, sowel as tot sy eie lewe. Ons begin sommer hierdie kwartaal deur om te gee vir onsself, ons klasmaats en ons onderwysers by die skool.

OMGEE kan op verskeie maniere gewys word, maar ons begin met ses maklik haalbare aksies:
* Groet jou mede-Tekkies en glimlag vir hulle wat jy teëkom om te wys dat jy OMGEE!
* Help 'n onderwyser wat swaar dra aan boeke, bokse en lêers.
* Help die terreinwerkers deur jou papiere in die asdrom te gooi.
* Gesels met 'n nuweling of gaan sit by iemand wat eenkant staan.
* Deel jou broodjie of ander kos,
* Leen vir 'n klasmaat 'n pen, potlood of selfs van jou Pritt!

2022 se nuwejaarsvoorneme: Wees 'n waardevolle Tekkie

Saturday, 18 December 2021

Kerstyd is 'n tyd van welwillendheid

Kerstyd is 'n tyd van omgee vir mekaar. Die tyd van die jaar wanneer mense na mekaar uitreik, hande vat en mekaar ondersteun. Hier by HTS Welkom reik ons die hele jaar na mense, instansies en plekke uit - uit dankbaarheid dat ons soveel het om met ander te deel. Sekere tye, soos Kersfees, vra egter dat 'n mens die goeie boodskap met ander moet deel.

Net so voor die skool gesluit het, het mev. Karin Herbst met die spoed van liefde, skenkings gekry en dit verpak in kersfeesgeskenke vir hulle wat dit die nodigste het.  

House of Grace en 'n buurkinderhuis se Kersfees 2021 gaan nie net tot een dag beperk wees nie. Ons Tekkie-wense is dat die inwoners daar ook daagliks die liefde van 'n Hemelse Vader sal ervaar en uitdra.

Dankie aan mev. Valerie Kilian wat die skenking namens die huise in ontvangs geneem het. Ons waardeer dit dat selfs kort kennisgewing nie 'n probleem was nie.

Seën vir 'n heel-jaar-kersfeesgesindheid in elkeen se hart! 



Mevv. Valerie Kilian, Karin Herbst, mnr.
Henk van Vuuren en mev. Alda Welman

Friday, 17 December 2021

Katte het 7 lewens en opgepaste speelgoed ....

Valerie Kilian en Karin Herbst
by speelgoed met 'n
verlengde lewe!!
Katte het 7 lewens, maar opgepaste speelgoed oortref hierdie gelukkige katte.

Speelgoed is deesdae nie meer sommer op die lysie van ouers nie. Weens die huidige ekonomiese klimaat en ook die omstandighede by huise, noop dit baie ouers om net aandag te gee aan die uiters noodsaaklike items.

Speelgoed speel egter 'n besliste rol in 'n kind se lewe, buiten die ooglopende vreugde wat dit verskaf.

Speelgoed leer kinders om te sosialiseer, maar ook om dit te deel met ander maatjies.

Hulle verbeelding word gestimuleer en hulle leer kreatief omgaan met die speelding.

Kinders leer om die werklikheid na te boots.

Hulle leer om al hul sintuie in te span wanneer hulle speel.

Speelgoed is universeel en kinders oor die wêreld heen weet hoe om met 'n betrokke speelding te speel. Wat egter vir kinders geleer moet word, is hoe om speelgoed op te pas. En dit is juis hierdie gedrag wat speelgoed se lewe verleng. 

Kyk dus met nuwe oë na ou speelgoed en dink baie mooi voordat 'n teddie of karretjies se lewe kortgeknip word deur hulle asdrom toe te verban.

Monday, 8 June 2020

Bottels hoop in wording ...

Dankie aan al die Tekkie-dames wat bygedra het om hierdie projek 'n sukses te maak. Dankie ook aan Karin Herbst wat alles koördineer.

Harrison Ford het in 'n onderhoud gesê dat hy betrokke is by liefdadigheidsorganisasies omdat hy van die seëninge wat hy ervaar, wil gebruik om 'n positiewe bydrae tot die samelewing te lewer.
Die dames wat besig is met die laaste been van die bottels, is
mevv. Bo-dine Minne, Rika Vermaak, Karin Herbst, Bianca
Kruger en mej. Lizbe Sauer.   


Friday, 29 November 2019

Projek NK: Terug-skool-toe-2020

Afrika Mokhosi
Afrika Mokhosi en Shaun Mmutsi is twee ou hande as dit by liefdadigheids- en uitreikprojekte kom. Hulle weet presies hoe om te herwin en wat om te herwin, sodat dit tot voordeel van ander kan strek. Hulle praat en dink al net soos lede van die Groen Party wat die aarde wil red.

Hier teen die einde van 'n skooljaar, is daar baie blaaie wat herbruik kan word, en dit is net hier waar dié twee groenes besluit het om nie net te herwin nie (save the tree), maar ook om uit te reik. 'n Goeie 246 boekies is al aanmekaar geslaan. 347 potlode is skerpgemaak, afgetel, verpak en wag vir gretige handjies om te leer skryf. En moenie bang wees om foute te maak nie, die 117 uitveërs kan hierdie sakie regstel. 

Hulle twee se wens is dat daar leerders op die eerste skryftreë van die lewe suksesvol sal wees as mense.

Shaun Mmutsi

Saturday, 10 August 2019

Uitreik in Bronville ...


Tiaan van der Schyff was deel van 'n groep mense wat op Vrouedag 'n uitreik in Bronville gedoen het. Om tyd en omgee in 'n kind te belê, is om Ewigheidswerk te doen. Dankie, Tiaan, vir hierdie besondere werk wat jy doen. Mag jy net van krag tot krag gaan.




Friday, 24 May 2019

n Groot dankie ...

Dankie aan die personeellede wat elke dag so getrou toebroodjies vir diegene maak wat dit nie so maklik het nie. Hierdie liefdesdaad gaan nie ongesiens verby nie.

Monday, 27 August 2018

Tiaan van der Schyff deel van die Botswana-uitreik.

Tiaan, 'n graad 10-leerder is deel van die Jesus-filmspan. Sy entoesiasme is aansteeklik as hy van hulle uitreike na Botswana vertel. Hy is die jongste lid van die span en sy droom is om eendag op 'n uitreik na Zambië te gaan. Dankie vir al die foto's, Tiaan en geniet julle uitreik komende Septembervakansie. Ons sien uit na jou terugvoer. 





Die Jesus-filmspan maak gereed!

Ongerepte natuurskoon!
Die omtrek van hierdie boom vra vir 9 groot mans !