Tuesday 31 October 2017

Opinions...?


Monday 30 October 2017

Sunday 29 October 2017

Jeugkonferensie by Stilfontein!!































Dankie aan die fotograaf, Katleho Letsaba,
wat getrou die koerant op hoogte hou
van gebeure in en om die skool!! 

Nog studiewenke...

1.  Studeer in ’n ruimte waar daar genoeg lig en vars lug is. 

2.  Organiseer jou werksruimte sodat jy weet waar alles is. 

3.  Probeer om slegs die vak waaraan jy op die oomblik werk se materiaal op jou lessenaar te hê.

4.  Moenie jou studiemetode met dié van ander vergelyk nie. 

5.  Vind uit watter metode vir jou werk en hou daarby. Moenie dat ander leerders se indrukwekkende vloeidiagramme of kleurvolle vlaggies jou intimideer nie – nie almal se breine absorbeer inligting op dieselfde manier nie.

6.  Moenie te lank aaneen leer nie – neem gereeld kort breke en moenie in dieselfde vertrek bly nie. Gaan loop ’n draai en rek jou bene.

7.  Slaap genoeg. Neem jou produktiewe tyd in ag – sommige mense is meer produktief in die oggend en moet vroeër gaan slaap; ander is meer produktief in die aand en moet dan eers wanneer hulle genoeg slaap ingekry het, opstaan.

8.  Moenie die uitwerking van gesonde kos en genoeg water onderskat nie.

9.  Indien dit nuttig is vir jou om saam met ander te leer, reël produktiewe studiesessies met een of meer ander mense nadat almal genoeg tyd gehad het om op hul eie deur die materiaal te gaan. Deur die werk met ander te bespreek en probleemgebiede te identifiseer, kan jy die inligting vaslê en hoef jy nie op jou eie aan te sukkel nie.

10. Doen beplanning! Besluit vooraf watter werk jy op ’n gegewe dag gaan doen; weet wanneer jy jou volgende vraestel skryf; weet watter inhoud in die vraestel gedek gaan word; en daag betyds by die eksamenlokaal op.

11. Moenie jou ore uitleen aan mense wat paniekbevange raak voor ’n vraestel nie – al beteken dit jy moet hulle vermy voordat jy by die eksamenlokaal ingaan.

12. Vra hulp as jy voel jy het dit nodig – enige hulp kan die verskil tussen 69% en 70% of 79% en 80% beteken.

13. Moenie toelaat dat jou aandag afgetrek word deur sosiale media soos Facebook, Instagram en YouTube nie. Indien dit nodig is, teken uit vir die duur van die eksamen. Daar sal na die eksamen baie tyd wees om in te haal.


14. Moenie tydens die eksamen probeer inhaal op TV-reekse wat jy nog nie gekyk het nie!

A great teacher...


Saturday 28 October 2017

Die top 10-Tekkies besoek Gold Reef City

Die fotograwe van die dag was mnr. Willem Grobbelaar en Katleho Letsaba.

Die 40 top 10-leerders het hierdie dag geniet - weg van boeke, klokke en huiswerk... miskien is dit glad nie so 'n slegte idee om te sorg dat jy altyd onder die top 10 bly nie!! Mnre. JD van den Berg en Willem Grobbelaar het heerlik meegedoen aan al die pret... Het iemand 'n foto van mnr. Grobbelaar op die pienk perdjie?? Stuur dit onverwyld na die redaksie van Tekkie Tonic.














The biggest trap in life...


Friday 27 October 2017

Thursday 26 October 2017

Wednesday 25 October 2017

Tuesday 24 October 2017

Monday 23 October 2017

'n Batterylaainaweek...

Na die matrieks gegroet het, het die personeel in die bus geklim om hulle batterye op 'n wildsplaas anderkant Kroonstad te gaan herlaai!!

























Matric Time Table 2017

Sunday 22 October 2017

Agostinho Nhancale - Dux 2017

HTS se Dux-leerder vir 2017 is 'n lang man... 'n stil man... wat ongemerk sy akademiese merk gemaak het en die verhoog met 'n armvol trofees verlaat het. Sy leuse is nie verniet: "Laat jou sukses die praatwerk doen" nie.

Hy het 'n halfdosyn onderskeidings behaal en pryse vir die volgende vakke gekry: Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Elektriese Tegnologie, Ingenieursgrafika en ontwerp, lewensoriëntering, Engels Huistaal, Wiskunde en Fisiese Wetenskap. Hy het die HTS wisseltrofee vir die hoogste gemiddeld in wiskunde gekry, asook die HTS wisseltrofee vir Elektriese Tegnologie vir die hoogste gemiddeld in hierdie vak.


Die Christo Langeveld wisseltrofee vir die hoogste gemiddeld in enige werkswinkel is ook deur hom ingepalm gevolg deur die Marie-Louise Lamprecht wisseltrofee vir die hoogste gemiddeld vir Fisiese Wetenskap. Hy kry ook die HTS wisseltrofee vir die hoogste gemiddelde punte in lewensoriëntering. Die gesogte Sergei Merkuloff-wisseltrofee vir die beste vordering in Afrikaans is ook deur Agostinho van die verhoog gedra. (Hierdie wel ter tale Rus, wat SA in 1994 besoek het, het die trofee geskenk nadat hy baie beïndruk was met onderwys in SA)  

Your final destination...


Saturday 21 October 2017

Friday 20 October 2017

Wenke vir matrieks: Doen dít voor die eksamen

Matrikulante landwyd doen hul laaste voorbereidings vir die eindeksamen wat binne vier weke begin.

Volg hierdie wenke om te verseker jou eksamenvoorbereiding verloop seepglad:

Beplan. Stel ’n studierooster op wat jou klasse, huistakies en sosiale afsprake in ag neem en hou daarby.
Knyp genoeg tyd af vir slaap en moet nie net ná etes weer begin studeer nie; rus eers ’n halfuur lank nadat jy geëet het.

Bly opgeruimd. Dink aan maniere om jou te motiveer, deur byvoorbeeld jouself te beloon met ’n Facebook-sessie ná jy ’n afdeling voltooi het.

Besluit waar jy gaan studeer. As jy nie ’n stil, privaat plek het waar jy tuis kan studeer nie, reël met ’n vriend(in) om by sy/haar huis saam te studeer of gaan biblioteek toe.

Skep gereeld asem: 10-15 minute ná ’n sessie van 35-45 minute.

Oefen sodat jy stres kan verlig – selfs al loop jy net om die blok. Dit sal jou ook beter help slaap.

Onderstreep of highlight belangrike woorde en idees in kleur sodat dit uitstaan wanneer jy hersien.

Liasseer jou notas in ’n lêer en gebruik gekleurde karton om die verskillende leerareas te onderskei.

’n Uitstekende manier om te studeer is om die werk aan ’n vriend of vriendin te verduidelik.

Moenie paniekerig raak wanneer jou tyd min word nie. Besluit wat die belangrikste werk is en maak seker jy ken dit goed.

Moenie pille of drankies drink wat beloof om jou skerper te maak of jou wakker te hou nie.

As jy internettoegang het, besoek Huisgenoot.com en laai vraestelle af wat jy as voorbeelde kan uitwerk.
(Shané Barnard)


Thursday 19 October 2017

Wednesday 18 October 2017

Tuesday 17 October 2017

Parent's evening...

This is the last parents-meeting of  the year. Feel free to come and discuss any problems regarding your son, with the teachers.

Monday 16 October 2017

Sunday 15 October 2017

Saturday 14 October 2017

Friday 13 October 2017

Thursday 12 October 2017

Wednesday 11 October 2017

Dorothy


Tuesday 10 October 2017

Monday 9 October 2017

Revision videos for you!

Matric candidates can view a wide range of matric revision videos on our YouTube channel.         

They provide guidance mainly on how to tackle specific questions in the exams.







Here are some revision videos for you to look at.  Question papers  
Matric revision videos
Past Papers

Time is limited...