Wednesday 31 January 2018

Tuesday 30 January 2018

Monday 29 January 2018

Sunday 28 January 2018

Results...


Hierdie naweek was 'n heerlike bymekaarkom!!

Dankie aan elkeen wat van ver, en nie so ver, gekom het om herinneringe te deel, staaltjies af te stof en om ons te herinner dat ons nog baie bevoorreg is, al het ons al klippe langs die pad gekou. Ons moet nou nie weer 30 jaar wag om weer 'n lekker kuier deur te werk nie!

Saturday 27 January 2018

1987 se Tekkie-manne hou reünie!

30 jaar is 'n baie lang tyd... 'n leeftyd! Na al die jare het die Tekkie-manne besluit om bymekaar te kom en stories en foto's uit te ruil - en daar is baie!!
Hier is van standerd 10C en 10D se leerlinge... manne!!
 

Die agtergrondsterre!


Mev. Alet Harding se twee regterhande by die
atletiek is Junior Rantso en Dijane Motseki!














































Fotos: Mev. A Harding

Sasolburg/Kentucky Athletic Championships


Katleho Tsie - first B/15 100m

Thato Mofokeng - first B/16 100m 

Ntakuseni Vilankulu - second B/17 100m

Baie geluk, mnr. Van Vuuren!!!


Word daar met ander atlete se kalwers geploeg??? 

You are the pilot...


Friday 26 January 2018

Thursday 25 January 2018

Wednesday 24 January 2018

Tuesday 23 January 2018

Monday 22 January 2018

Kleure-atletiekbyeenkoms!

Richard Owuru, Tebogo Mokgalagadi, Adrian Olivier, Siyabonga
Nyathi, Thuso Mpuang, Sizwe Mtsambela, 
Tshepo Raseboka,
en Lasaro
Môre is die skool se kleurebyeenkoms! Kom neem deel in groot getalle!! Onthou die klaskompetisie!!

Hierdie foto van HTS is topatlete is verlede jaar geneem.

Sunday 21 January 2018

Baie geluk, Eric!!

2009 was Eric Plaatjie die Dux!! En kyk waar is hy vandag!!!



Face life...


Saturday 20 January 2018

Graad 8-naweek!!

Om selfs in 'n modderbad af te koel, is in hierdie hitte 'n heerlike lafenis.

Die graad 8's het sommer die eerste naweek reeds die skoolterrein, die VRL-lede en die onderwysers betrokke by die gr. 8's, op 'n informele wyse leer ken. Vrydagaand het die ouers die personeel ontmoet en saam met hulle gebraai en gekuier!

HTS wens die gr. 8's net die beste toe en spreek die hoop uit dat hulle betrokke Tekkies in die ware sin van die woord sal word!!  



Be positive...


Friday 19 January 2018

Welkom aan die graad 8's!

Graad 8's loop na hulle sitplekke in die vierkant!

Passion...


Wednesday 17 January 2018

Wie se werk is dit?

Dit is die storie van 4 mense – Almal, Iemand, Enigiemand en Niemand. Daar was ‘n belangrike werk wat gedoen moes word en Almal was seker dat Iemand dit sou doen. Enigiemand kon dit gedoen het, maar Niemand het dit gedoen nie. Iemand het kwaad geword daaroor, want dit was Almal se werk. Almal het gedink Enigiemand kon dit gedoen het, maar Niemand het besef dat Almal dit nie wou doen nie. Op die ou end het Almal Iemand geblameer toe Niemand gedoen het wat Enigiemand kon gedoen het.

Believe in yourself...


Tuesday 16 January 2018

Sunday 14 January 2018

2018 se reünies...

Dit lyk asof daar 'n hele klompie reünies hierdie jaar gaan wees. Laat weet asb. die skool of Tekkie Tonic, sodat ons dit kan adverteer.

Geniet al die reëlings!!

A teacher...


Saturday 13 January 2018

Friday 12 January 2018

Nuut op die skoolterrein...

Die laaste afrondingswerk moet nog gedoen
word!!
Toegangsbeheer het deesdae 'n noodsaaklikheid geword, daarom het dit nodig geword vir die kontrolegeboutjie langs die hoofhek 

 Mense wat afsprake met onderwyspersoneel het of wat leerders kom
afhaal, moet inteken deur die register te voltooi.
 Leerders wat die skoolterrein wil verlaat vir mediese of ander afsprake
moet eers by die graadhoof uitteken en ‘n
kaartjie ontvang wat hulle aan dié wag moet
toon en inhandig.

Decide to try...


Thursday 11 January 2018

Spoedwalle...

HTS se spoedwalle het weer 'n nuwe geel baadjie aangetrek vir die nuwe jaar!

Onthou tog om by die spoedbeperking te hou. Phakisa beskik oor die nodige fasiliteite indien daar van julle is wat die jaagduiwel in jou wil kos gee!

Slegs leerders met lisensies mag op die skoolterrein parkeer. Meld by die kantoor aan om jou parkeerskyfie te kry!

Good habits...


Wednesday 10 January 2018

Schalk Jansen besoek die skool...

Mev. Alda Welman, Schalk Jansen en mnr. 
Henk van Vuuren.
Tekkie Tonic se instandhouer is besig met opruimingswerk op 'n baie deurmekaar lessenaar en 'n ewe deurmekaar "inboks".

Schalk Jansen het die skool die 29ste Augustus besoek en het solank kom voorbrand maak vir hulle klas se 25-jarige reünie wat hierdie jaar gehou gaan word. Sprake is dat dit in Welkom gehou gaan word en die groep het reeds 'n facebook-blad oopgemaak.

Hierdie foto is vinnig in die kantoor deur Schalk se vrou geneem en later skool toe gestuur.

Interessant van hierdie 1993-groep, is dat 27 leerders hulle bekwaam het as ingenieurs. Verskeie oudleerders is al oorlede en Henry Holthausen is een van hulle. Henry het ook heelwat van hulle se TT-tekeninge gedoen en hulle só uit die moeilikheid gehou...!

Schalk noem dat vertroue en respek deel was van die pakket wat 'n leerder by HTS gekry het. Hy sien nie meer hierdie eienskappe by vandag se leerders wat die skool verlaat nie.

Hulle was pouses ook besonder bedrywig en deel van hulle aktiwiteite was om resies te jaag - motorfies vs. fiets. Miskien kan Marius Swanepoel en Carl Steyn ons meer inlig. Die prys op die spel was R20,00 en 'n Tekkie-kêps!!

Leaders must motivate...


Tuesday 9 January 2018

LARRY MAY BECOME MY NEW FAVORITE!!!!

A new teacher was trying to make use of her psychology courses. She started her class by saying, 'Everyone who thinks they're stupid, stand up!' After a few seconds, Little Larry stood up. The teacher said, 'Do you think you're stupid, Larry?' 'No, ma'am, but I hate to see you standing there all by yourself!'

The math teacher saw that Larry wasn't paying attention in class. She called on him and said, 'Larry! What are 2 and 4 and 28 and 44?' Larry quickly replied, 'NBC, FOX, ESPN and the Cartoon Network!'


People that force you...