Showing posts with label Bo-dine Minne. Show all posts
Showing posts with label Bo-dine Minne. Show all posts

Thursday, 26 May 2022

Tenniswenners!!


Baie geluk aan hierdie gedugte tennisspan wat ore vir hulle opponente aangesit het. Die viermanskap is Gert Stemmet, George Terblanche, Katleho Matjoi en Kutlwano Masakale. Hulle het 46/21 teen St. Andrews gewen. Baie sterkte vir môre se laaste ligawedstryd teen Welkom High. Ons hier by Tekkie Tonic hou ons duime vas. Baie dankie ook aan mev. Bo-dine Minne vir al haar insette as afrigter!

Saturday, 2 April 2022

A scientific bracelet!!

Dankie, mev. Minne, dis so waar!

Wednesday, 19 January 2022

Atletiekbyeenkoms

Mev. Bo-dine Minne wag vir die aangee-
stokkie van mej. Lizbe Sauer af.
HTS het besluit om 'n bietjie kaatjie van die baan te wees en vandag litte op die atletiekbaan los te maak, nadat Covid-19 ons almal gereduseer het tot onbetrokke toeskouers van TV-sport. En sonder om 'n spier te vertrek of liewer te verrek, het die dag 'n paar verrassings opgelewer.

'n Nommer wat ongekende belangstelling uitgelok het, was die laaste item op die program. Daar was vier professionele spanne wat die dag se gebeure op 'n hoë noot afgesluit het. Die mans- en damespersoneelspan aan die een kant en die jong energieke EA-span aan die ander kant. HTS se manspersoneelspan het loshande gewen, terwyl die damesspan met 'n laaste plek (on)tevrede moes wees.

'n Ampetlike klag is by die Atletiekunie (AU) ingedien wat tot 'n forensiese ondersoek gelei het, aangesien ongerymdhede vermoed is. 'n Antwoord is gouer op die tafel gesit as wat verwag is. Daar is bevind dat die uitslag op 'n tegniese punt gedebatteer kan word. HTS is 'n seunskool en met die sensitiewe ego's is dit van kritiese belang dat die uitslag korrek moet wees. Die einde word egter deur die begin bepaal en daarom is die verkeerde baanafmetings die antwoord op hierdie raaiselagtige laaste plek, wat die damespersoneel soos 'n man kan vat. 

Mnr. Erick Litjamela besig met
"ongeoorloofde" oefeninge tydens die item.



Monday, 8 June 2020

Bottels hoop in wording ...

Dankie aan al die Tekkie-dames wat bygedra het om hierdie projek 'n sukses te maak. Dankie ook aan Karin Herbst wat alles koördineer.

Harrison Ford het in 'n onderhoud gesê dat hy betrokke is by liefdadigheidsorganisasies omdat hy van die seëninge wat hy ervaar, wil gebruik om 'n positiewe bydrae tot die samelewing te lewer.
Die dames wat besig is met die laaste been van die bottels, is
mevv. Bo-dine Minne, Rika Vermaak, Karin Herbst, Bianca
Kruger en mej. Lizbe Sauer.