Showing posts with label Huiswerk. Show all posts
Showing posts with label Huiswerk. Show all posts

Monday, 4 November 2024

LOL: Blou Maandag-humor ...

Geografie-onderwyser: "Wat kan jy my vertel van die Dooie See?"
Gerhard: "Meneer, ek het nie eens geweet dis siek nie." 

ooOOoo

Onderwyser: "Het jou ouers jou met jou huiswerk gehelp?
Jannie: "Nee, ek het alles self verkeerd gekry!"

ooOOoo

Onderwyser: "Wie kan vir my sê waarvoor hout gebruik word?"
Jannie: "Hulle maak bome daaruit!"

Monday, 7 October 2024

LOL: Blou Maandag-humor ...

Onderwyser: "Jannie, ek is bly om te sien jou handskrif het verbeter."
Jannie: "Dankie, Meneer."
Onderwyser: "Maar nou kan ek sien hoe sleg jy spel!"

ooOOoo
Onderwyser: "Wat lees jy?"
Charles: "Ek weet nie."
Onderwyser: "Maar jy lees kliphard?"
Charles: "Maar ek luister nie."

ooOOoo
Onderwyser: "Het jy jou huiswerk gedoen?"
André: "Nee, Juffrou."
Onderwyser: "Het jy 'n verskoning?"
André: "Ja, dis als my ma se skuld."
Onderwyser: "Het sy jou gekeer om dit te doen?"
André: "Nee, sy het nie genoeg geneul dat ek dit doen nie."

Monday, 30 September 2024

LOL: Blou Maandag-humor ...

Onderwyser: "Ek wens jy wou 'n klein bietjie aandag gee."
Juan: "Ek gee so min aandag as wat ek kan, Juffrou."

ooOOoo

Onderwyser: "So, jou hond het jou huiswerk geëet?"
Lukas: "Ja, Meneer."
Onderwyser: "En waar is jou hond nou?"
Lukas: "Hy is by die veearts. Hy hou net so min van wiskunde soos ek."

ooOOoo

'n Kind in ons klas het altyd gesê sy hond het sy huiswerk geëet en niemand het hom ooit geglo nie. Tot verlede week ...
Sy hond het graad gevang by Wits!

Monday, 15 February 2021

'n Tekkie-welkom vir 2021

'n Besondere woord van welkom aan ons nuwe graad 8-leerders en hul ouers. Ons glo dat almal opgewonde is oor 2021. Net soos 2020 lê daar 'n hele klomp hekkies oor wat ons op 'n daaglikse basis sal moet hanteer. Maar met energie, entoesiasme en geloof gaan ons 2021 met vaste tred stap.

Tekkies, onthou om die beste jy te wees wat jy kan. Jy moet beter wees as gister, as verlede jaar en graad 8's - julle moet julle hoërskoolloopbaan met altwee hande aangryp en gedy. Gemiddeldheid en  middelmatigheid in vandag se lewe is nie meer goed genoeg nie. Daar is meer mense in ons land sonder werk, as wat werk het. Dus moet jy uitstaan en die enigste manier om dit reg te kry, is om uitstaande te wees.

Begin klein - doen elke dag jou huiswerk. Leef doelgerig. Werk met jou einddoel voor oë. 

Onthou om die skool se visie uit te leef. Bly by die waardes wat jy by die huis geleer het en wat deur die skool onderskryf word. Waardes is deel van jou "skooldrag" en daarom moet jy ten alle tye vriendelik en eerlikheid wees. Respekteer jouself, jou klasmaats en jou onderwysers.  

Mag 2021 vir elke Tekkie 'n sterker mens maak, mag voorspoed en groot genade deel van hierdie jaar se seëninge wees.