Showing posts with label Vakansie. Show all posts
Showing posts with label Vakansie. Show all posts

Tuesday, 16 December 2025

Happy Holidays


We hope you are having a wonderful holiday season, filled with relaxation and joy. May this season bring warmth, joy, and love to your hearts and homes. Let us cherish the moments spent with family and friends, reflect on the blessings we’ve received, and spread kindness wherever we go.

Wishing you a happy and restful holiday!

Monday, 9 December 2024

LOL: Blou Maandag-humor ...

'n Onderwyser wil die babbelende klompie na die Desembervakansie bietjie tot bedaring bring en vrae algemene vrae sodat die klasmaats na mekaar se antwoorde wil luister.
Onderwyser: "En wat het jy gedurende die somervakansie geleer?"
Dina: "Ek het geleer dat ses weke nie genoeg tyd is om my kamer skoon te maak nie."

ooOOoo

Geografie-onderwyser: Watter deel van die wêreld het die mees oningeligte mense?"
Hannetjie: "Hongkong."
Onderwyser: "Hoekom sê jy so?"
Hannetjie: "Dis waar die atlas sê die bevolking is die digste."

ooOOoo

Geskiedenisonderwyser: Wanneer is Rome gebou?"
Kato: "In die nag."
Onderwyser: "Hoekom sê jy so?"
Kato: "Want my pa sê altyd Rome is nie in 'n dag gebou nie."

Friday, 8 July 2022

Matrieks, hoe gaan jy hierdie week deurbring?


Matrieks, nou moet julle besef dat julle verby halftyd is. Elke man is verantwoordelik vir homself en daarom is dit nou die tyd om jou afspraak met die boeke na te kom. Julle het ekstra klasse, intervensieklasse en motveringsklasse gehad. 

Wat gaan jy met al daardie kennis en hulp doen?

Onthou,  daar is 'n tyd vir alles en dit is nóú die tyd vir ernstige studie. 

Astra castra numen lumen ...

Die Julie-deel van die vakansie is nog beskikbaar. Geniet dit. Rus goed uit, maar gebruik hierdie tyd tot julle voordeel. Jy weet mos hoe lyk jou rapport ...

Viva vakansiestudie!! 

Tuesday, 29 November 2016