Sunday 30 September 2018

Saturday 29 September 2018

Friday 28 September 2018

Ewige Vriend

Jesus, wees vandag my Vriend:
Een wat by my kom sit en luister
sonder dat ek hoef te praat;
Een wat my hart vashou
wanneer ek my hand uitsteek;
Een wat die dinge verklaar
voordat ek dit wil verstaan;
Een wat die seerkry
wat ek nie kan huil nie, afdroog,
en Een wat met my glimlag
oor 'n nuutgevonde Vriendskap.

Wees vandag my ewige Vriend.

[Hierdie treffende gebed van Milanie Vosloo is vandag deur mev. Marguerite Pienaar tydens opening in die personeelkamer met die personeel gedeel - 'n Tekkie Tonic-dankie.]

'n Lenteskool vir matrieks...

'n Lenteskool vir matrieks word gedruende die Septembervakansies vir ons leerders aangebied ten einde hul beter toe te rus vir die eindeksamen wat binnekort daarna begin.

Die vakke waaraan aandag gegee word is Engels Huistaal, Wiskunde en Fisiese Wetenskappe. Leerders moet asb. die klasse bywoon.

Ons vertrou dat al ons leerders die waarde van hierdie Lenteskool sal insien en van die geleentheid gebruik sal maak.

My dog ate my homework...


Wednesday 26 September 2018

Tuesday 25 September 2018

Monday 24 September 2018

Sunday 23 September 2018

At the entrance gate of a university in South Africa ...


At the entrance gate of a university in South Africa the following message was posted for contemplation:

​"Destroying any nation does not require the use of atomic bombs or the use of long range missiles. ​It only requires lowering the quality of education and allowing cheating in the examinations by the students.​"​

Patients die at the hands of such doctors.

Buildings collapse at the hands of such engineers.

Money is lost at the hands of such economists & accountants.

Humanity dies at the hands of such religious scholars.

Justice is lost at the hands of such judges...

​"The collapse of education is the collapse of the nation."​

A teacher's prayer...


Saturday 22 September 2018

Welkom by HTS ...

Mev. Dulcie Harris het Woensdagoggend namens die skool se beheerliggaam 'n banier aan mnr. Pieter Swanepoel in die personeelkamer oorhandig. 

SAOU-lede groet 2018 by afsluitingsfunksie ...

Die jaar lê op sy rug, veral as daar al begin afsluitingsfunksies gehou word. Hier is van die personeel wat Donderdagaand by die SAOU-afsluitingsfunksie was.  
Mnre. Quintis Coetzee, Tobie Louw, Pieter Swanepoel, Bertus Odendaal
en Johann Herbst


Friday 21 September 2018

Wednesday 19 September 2018

Tuesday 18 September 2018

86 400 seconds...

God gave you a gift of 86,400 seconds today. Have you used one to say 'thank you?' 
William Arthur Ward

Monday 17 September 2018

'n Tekkie oor 14 jaar ...

Saam met sy ma, Rebecca en die sangonderwyser,
mnr. Nceba Mgojo. 
Ithumeleng Junior het solank kom oë wys om te kyk of hy van hierdie skool gaan hou, maar sy ma en pa het klaar besluit dat hy HTS toe kom. Hy het die kat uit die boom kom kyk en gesien hoe wenners in Afrikaans EAT bederf word!

Ai, Pastoor ...

Pastoor Joshua, jy reageer nou al net soos die kinders as hulle 'n kamera sien!! Maar ons vergewe jou! Hoop jy het hierdie ete terdeë geniet.

Be careful...


Sunday 16 September 2018

Saturday 15 September 2018

'n Woord van dankie ...

Dankie aan al die manne wat so hard werk om die afdakke te omhein. Ons waardeer dit.

Spoedige herstel ...

Aan al die Tekkie-personeel wat siek is en ook in die hospitaal is: mag julle spoedig die luukse van gesondheid ervaar! 

For the intelligent...


Kabelo Makhetha - an all rounder!!

Friday 14 September 2018

Thursday 13 September 2018

Bestelling vir matriekafskeidfoto's 2018!

Matrieks, onthou dat môre die laaste dag is om foto's te bestel. Foto's is opgeplak aan die oostekant van die saal. Hierdie is herinneringe wat jy oor 50 jaar sal koester...so maak seker dat jy genoeg foto's van hierdie aand het! Gaan loer ook na foto's hier en ook hier en nog foto's hier.

Waarvoor wag jy? "You earn your body ..."

HTS beskik oor die dienste van 'n bekwame biokinetikus, asook 'n volledig toegeruste gimnasium. Sportmanne kom klop hier aan vir hulp, raad en natuurlik spiere!

Waarvoor wag jy?



Recipe for iced coffee...


Wednesday 12 September 2018

Tuesday 11 September 2018

Monday 10 September 2018

Congratulations, Pule!

The future belongs to those who believe in the beauty of their dreams!

Be unique...


Sunday 9 September 2018

MJC-verteenwoordigers vir 2018/2019

Die nuwe junior burgemeester vir 2018/2019 is
Thandeka Monyake van Edmund Rice
Daar ís 'n tyd om te kom en 'n tyd om te gaan. Die oue en die nuwe - Tekkies se nuwe gr. 10-verteenwoordiger op die raad is Alex Menese, Kanya Gojo is die uittredende junior burgemeester, terwyl Kgosanna Moeketsi die nuwe onderburgemeester is en Katleho Letsaba is die uittredende munisipale bestuurder. 



Jesus-filmspan

Tiaan: "Ons het Vrydagaand in hierdie bittere koue 'n uitreik in Meloding Virginia gehad. Die spanlede van die Jesus-film wat daar was, was oom Leon, tannie Cathy, oom Lucas, my oupa, pastoor Piet Kraal, ek, tannie Rianet en tannie Bernadette."

Tiaan van der Schyff is 'n graad 10-leerder by HTS en is 'n aktiewe Christen wat nie bang is om sy moue op te rol om te help met die verkondiging van die Woord nie. 

Thank you, Teacher...


Saturday 8 September 2018

Baie geluk, Tekkies 7's!

Dié vuur en vlam-span wen 4 wedstryde en verloor 4 en kry 'n algehele 4de plek op die toernooi. Dis iets om te vier en daarom gaan ons 'n vieruurtjie op julle drink. Die span is egter aangevuur om volgende jaar soos 'n lopende vuur deur die wedstryde te gaan. Hou hulle dop!

Tekkies se O/17 7's-rugbytoernooi by Warthog Inn, Brits

14 seuns en twee afrigters het Vrydagoggend vroeg met die toerbus die pad na Brits aangedurf. Hulle moet 8 wedstryde in 24 uur speel (sluit slaap, eet en besigtiging by die 24 uur in.) Die laaste wedstryd begin vanmiddag om 17:00 uur. Die span het ook 'n spanbestuurder en 'n bagasiemeester saamgeneem om sake te vergemaklik. Hulle het gister twee wedstryde gespeel - een gewen en een verloor.  Sterkte vir die res van die wedstryde. Ayanda Mqambeni is die kaptein van die span.
Afrigters: Mnre. JD van den Berg, Dawie de Jager,
Foto's: Mnr JD van den Berg 



Vroegoggend, net buite die kamp waar die
Tekkies gebly het.