Showing posts with label Skoolvlag. Show all posts
Showing posts with label Skoolvlag. Show all posts

Wednesday, 13 May 2026

In Loving Memory ...

It is with deep sadness that we learned of the passing of one of our beloved learners.

On behalf of the management, staff, learners, and the entire school community, we extend our sincere condolences to the family, friends, and loved ones during this difficult time.

May the memories shared bring comfort and strength, and may his soul rest in peace.

You will forever remain part of our school family.

The school's flag symbolically hangs half-mast to pay respect to Karabo.

Saturday, 9 August 2025

In Loving Memory ...


It is with deep sadness that we share the heartbreaking news of the passing of one of our learners.
Lesego touched the lives of many with his warm smile, gentle heart, and positive spirit. 

As a school, we mourn this great loss and extend our deepest condolences to the family, friends, and all who knew and loved him. May his memory be a blessing, and may we all find comfort in the moments we shared with Lesego.

Our thoughts and prayers are with his family and loved ones during this incredibly difficult time. The HTS staff and community mourn with them and offer our deepest condolences.

May his memory live on in our hearts.

Saturday, 21 September 2024

HTS groet Kabelo Moroka

'n Graad 12-leerder, Kabelo Moroka, is Sondag, 15 September 2024 oorlede. HTS se vlae hang halfmas vir jou! Die kunstenaar in jou het Sondag net stil geword en nooit weer sal jy 'n potlood optel om jou gevoelens op papier uit te druk nie. Jy het jou tekentalent in graad 4 ontdek en dit het jou passie geword. Sonder kunsopleiding het jy die talent gehad om emosie en gevoel in jou werk te sit. Jy het ook gesê dat as jy teken jy vryheid ervaar wat andersins nie moontlik was nie. 

Vandag het jou maats en familie jou gegroet. Te vroeg ... te gou!

Rus in vrede!

 

Klik HIER om een van Kabelo se kunswerke te sien.

Dankie, Israel Xaba, vir die foto.

Saturday, 27 July 2024

HTS groet Tyrell

Tyrell was die bemarker en sportbestuurder by HTS Welkom. Hy was 'n bekende en geliefde sanger, wat geen onbekende by die radioluisteraars was nie. Hy was die vorige stasiebestuurder van Radio GoldFM en 'n gewilde omroeper.

Dit is met groot hartseer dat ons die skool se vlag halfmas vir jou laat hang - 'n kollega, 'n vriend en 'n omgeemens wat altyd bereid was om die ekstra myl te loop. Ons sal jou altyd onthou vir jou positiewe persoonlikheid, vriendelikheid, hulpvaardigheid en jou lewensblyheid  - jou plek by die skool is leeg.

Tyrell was 'n natuurlike motiveerder en deel van sy lewensuitkyk was: Your flaws are the stepping stones towards becoming a better version of yourself.

Baie sterkte, kalmte, genade en aanvaarding word vir sy familie toegebid. Tyrell sal vir ewig voortleef in pragtige herinneringe.

Monday, 8 January 2024

We bid goodbye to Sano Lesoetsa


We as a Tekkie family are shocked to a standstill by the senseless murder of Sano Lesoetsa who matriculated in 2013.

We pay tribute to him who was a foreman at Harmony at the time of his death.

Sending the family the school's deepest condolences during this difficult time. May you find comfort in the loving memories of  Sano Lesoetsa. The school is keeping your family in our thoughts and prayers.

The school's flag symbolically hangs half-mast to pay respect to Sano.



Photos: Nceba Mgojo

Funeral: 13 January 2024



Back then - 2013:

Saturday, 9 April 2022

HTS groet Hester

Dit is met groot hartseer dat ons vanaand verneem het van Hester Bothma, HTS se sekretaresse se dood. Hester was vir meer as 20 jaar die inspirasie in die hartkamer van die skool.

Sy was ‘n kollega, 'n vriendin en 'n omgee-tannie met ‘n hart van goud. Sy het altyd gehelp waar sy kon. 'n Vriendelike sekretaresse wat altyd bereid was om die ekstra myl vir elke onderwyser te loop.

Sy was baie lief vir blomme, veral krismisrose. In beide haar en die hoof se kantore was altyd blomme uit haar tuin. Sy was al die jare verantwoordelik vir die groot blommerangskikkings van die skool se prysuitdelings en ander funksies.

Groente en suurlemoene uit die oorvloed van haar tuin, het dikwels ongesiens in die personeelkamer geland met sakkies, sodat elkeen na behoefte kon vat.

Sy het nooit 'n personeeluitstappie gemis nie, sy was hart en siel deel van die skool se melodramas. 

Hester se ander groot talent was kosmaak en onthaal. Sy en Riana het baie keer die spyskaart vir die matriekafskeid en personeelfunksies uitgewerk en voorgesit. Van peuselhappies kon jy haar niks leer nie.     

Haar kantoor was dikwels 'n miernes van bedrywighede, want die een wil iets hê, die ander iets gee, nog een soek 'n vorm of 'n telefoonnommer en aan almal het sy aandag gegee. Die ekstra stoel in haar kantoor, so half weggesteek in die hoek, was baie keer die biegstoel, want Hester kon goed luister, raad gee en verstaan waardeur mense gaan. Dikwels was 'n woord van bemoediging en 'n glimlag al wat nodig was, om dié een weer op die pad te kry.      

Hester se rykdom het in haar innerlike waarde gelê. Ons kan haar in twee woorde raakvat: dierbaar en kosbaar.

Hester, jou plekkie by HTS sal leeg wees, maar in ons harte sal jy altyd voortleef. Ons gaan jou ongelooflik mis, maar ons gun jou die rus.

Ons laat die skool se vlae halfmas vir HTS se juweel hang. Ons harte gaan uit na Hester se gesin en familie. Mag julle vrede daarin vind dat sy veilig is.

Tekkie-liefde

Die SAOU ADMIN-seminaar: 5&6 Junie 2018

Hester Bothma, Riana Crauwcamp en Estia Greeff

Die provinsiale tegniese kompetisie van 2019

Prysuitdeling 2019 en melodrama 2015

Prysuitdeling 2019 en melodrama 2011
Foto's en boodskappies HIER!

Saturday, 4 April 2020

Mike Visagie ...

Mike, jou voetspore lê die hele skoolterrein vol. Honderde kilometers het jy al op hierdie stuk aarde gestap.

Vandag laat ons die skool se vlae halfmas hang vir jou - 'n mens en kollega wat ons altyd sal onthou en baie gaan mis.

As die skool weer begin, gaan jou plek leeg wees.

Baie sterkte, kalmte, genade en aanvaarding word  vir sy familie toegebid. Mike sal vir ewig voortleef in pragtige herinneringe.

Wednesday, 7 March 2018

Tsebo Mahula...

'n Graad 9-leerder, Tsebo Mahula, is Woensdag, 7 Maart 2018 oorlede. HTS se vlae hang halfmas vir jou!

Monday, 19 February 2018

Sunday, 17 December 2017

Buhle Sigcawu groet te gou...

Hierdie foto'tjies is in jou jong HTS-dae geneem - 2014. Jou breë glimlag, vriendelikheid en werksywer was so deel van wie jy was.

Jy het die Springbokke en "WP" ondersteun, jy was 'n groot Orlando Pirates aanhanger.

Vir baie lank/jare was jy die VRL-lid wat altyd die vlag gehys en gestryk het... en halfmas laat hang het vir hulle wat te vroeg weg is...

En nou die skoknuus... Jou klasmaats is verbysterd en jou maats verslae!

Jy het soveel drome gehad, maar te min tyd om dit te bewaarheid. Onthou jou woorde, gedurende die laaste kwartaal: "My planne is so groot, ek wil my ouers en onderwysers trots maak."

En nou hang HTS se vlag vir jou...
Fotograaf: Buhle Sigcawu
Tekkie Tonic groet jou met jou leuse:

A miracle is just a mere sign of what is possible.

Therefore nothing is impossible.
16 Desember 2017

























Monday, 24 July 2017

We all have different journeys ...

Foto's:
Buhle Sigcawu en
André van Dyk.









Tshepo Ramotselisi graad 10

Karel Minnie graad 8