Wednesday 31 July 2019

How to succeed in life


Twee top 10-leerders ruil wenke uit ...

Die graad 12 se nr. 1 wens gr. 8 se nr. 1 geluk en ook baie sterkte toe vir die volgende vier jaar. Rantsholo reken dat as 'n mens in graad 8 die toppresteerder is, dan kan jy dit ook in graad 12 regkry. Tekkie Tonic gaan later met die toppresteerders onderhoude voer om te hoor of hulle enige geheime studiewenke het. Hou gerus hierdie blad dop.

Op die foto is Rantsholo Malefane en Nhlanhla Radebe. Op die onderste foto het Kamohelo Hoshoko gou 'n draai by die twee gemaak om die gemiddelde IK te laat styg. Hy is graad 11 se nr. 1.

 Hou gerus hierdie drie hoë bome dop.

Transform ...


Tuesday 30 July 2019

SA Top 100 Young Ambassador ...

We are proud to bring you this great initiative this Youth Month that will give over 100 Young South Africans a platform to bring about change in their communities. Official entries open tomorrow!

Are you passionate about health, children, education, human rights or the environment and want a platform to make a difference in your community ? Then enter S.A Top 100 Ambassadors.


International Friendship Day ...


Monday 29 July 2019

Sunday 28 July 2019

Dankie aan al ons getroue lesers!


JCC se algemene vergadering

Die derde laaste algemene vergadering vir hierdie span.
Kgosana se tyd as junior burgemeester is besig om uit te loop.
2019 se vergaderings is in mev. Alda Welman se klas
gehou.  

Winde van verandering


Die winde van verandering
waai heeltyd deur die werkplek en die lewe:
Stelsels, strukture, mense, produkte, dienste
is vloeibaar, plooibaar en veranderbaar.

Vader van lewe,
gee aan ons die moed en energie
om met teleskopiese lense op die toekoms
ons stuurwiel in die regte rigting te draai.

Dankie dat U by ons is
op al die uitdagende reise van ons lewe.
Dankie dat U ons Kompas is
deur al die verskillende strome
en in al die ongemaklike storms;
dat U dáár is om ons
in die regte windrigting te stuur
en ons keer op keer
veilig aan wal te bring.

Dankie dat U die standhoudende
Middelpunt bly.

[Dankie, mev. Marguerite Pienaar vir die pragtige gebed wat jy met ons deel.]  

Saturday 27 July 2019

Nr. 1 in graad 8 ...

Vrydag, tydens die vierkant, is die top 10 van elke graad gelees. Kinderlik opgewonde het Nhlanhla trane in sy oë gekry en het hy van oor tot oor geglimlag - die vreugde van 'n wenner! Hier staan hy met Lerato, wêreldbokskampioen, se belt in sy hand. Nhlanhla voel soos 'n wêreldkampioen met sy rapport.

Foto: Mev. A Harding

Challenge your limits ...


Friday 26 July 2019

'n Pool-dankie


Poolkompetisie op "internasionale vlak"!

Duidelik is hierdie nie amateurs nie. Dankie mev. Karen Herbst vir die foto's. Hierdie foto's gaan in die annale van die skool gebêre word!

Dankie mnr. Johann Herbst wat "internasionale" grense verskuif het om hierdie spanbou te reël. Die entoesiasme waarmee jy hierdie taak aangepak het, gaan nie ongesiens verby nie.




The expert ...


Thursday 25 July 2019

'n Debatteerder in murg en been ...

Alex Manise was deel van die 15 debatleerders wat Suid-Afrika in Tsjeggië gaan verteenwoordig het. Hy was lid van die "Blou span." 'n Ongelooflike ervaring wat geld nie kan koop nie. Die wenners van vanjaar se internasionale kompetisie is Noord-Korea.
Wenk: Begin nou al oefen en spaar vir volgende jaar. Ons kan nie met 'n tweede beste tevrede wees nie. Viva die woordkuns!!



True goal ...


Monday 22 July 2019

Sunday 21 July 2019

Saturday 20 July 2019

Friday 19 July 2019

Thursday 18 July 2019

Wednesday 17 July 2019

Tuesday 16 July 2019

Monday 15 July 2019

Sunday 14 July 2019

Do more ...


Saturday 13 July 2019

Thursday 11 July 2019

Wednesday 10 July 2019

Die realiteite skop nou in ...

Alex en van sy spanlede op die lughawe ... Die opwinding, afwagting en werklikheid het mekaar vandag ontmoet!
Veilige vlug!