Showing posts with label Esenam Best Tsewu. Show all posts
Showing posts with label Esenam Best Tsewu. Show all posts

Saturday, 20 October 2018

Matrikulant van 2014 woon prysuitdeling by ...

Farhaan Bhamjee, 'n matrikulant van 2014, het HTS se prysuitdelingsfunksie van 2018 bygewoon om te sien hoe het vanjaar se matrieks gevaar. Hulle was in graad 8 toe hy in graad 12 op die matriekraad was. Farhaan is 'n Tekkie in murg en been, wat nog steeds die belange van sy Alma Mater op die hart dra. Dankie vir dié besoek - dit is 'n eerste keer dat iemand van 'n ander dorp ry, net om te sien hoe gaan dit met sy ou skool se uitslae. 'n Spesiale woord van gelukwensing van Farhaan aan die top 3 leerders van graad 12: "Julle het reeds in graad 8 julle merk gemaak. Sterkte vir die eindeksamen - ek sien uit na die uitslae op 3 Januarie 2019" 
Ruan Bekker, Kanya Gojo, Farhaan Bhamjee, 
Katleho Letsaba, Esenam Best Tsewu en
Renier de Lange, 

Thursday, 4 October 2018

Esenam Best Tsewu besig met breinoefeninge ...

Een van die matrieks, uitgeput na 'n langgg dag by die skool, tydens die Lenteskool. Maar hierdie dag is nog nie verby, voordat daar nie 'n dik stuk studie ingesit is nie.

Breinoefeninge is seker een van die moeilikste oefeninge - dit vra aanhoudende en voortdurende studie en dan kan die sukses van die oefeninge eers gesien word na 'n eksamen as jou rapport vir jou uitgedeel word. Dan is daar nie 'n tweede kans nie. Die volgende eksamen is dus 'n maak-of-breek-eksamen. Dit voel nogal aardig om 24/7 by die skool te wees -  hoop net my brein is so op en wakker tydens die eindeksamen ...

Sunday, 19 August 2018

Vrystaat Konvensie 2018 by Noordwes-Universiteit

Best: "Juffrou, it was awesome. All the different venue that we went to, Faculty of Environmental Science/ Engineering and Health Science, were all great. And the lectures were all motivational. It was worth it because now I have more insight about the course that I am going to study next year. Daar was net een kompetisie; we had to build a tall structure using marshmallows and spaghetti, and we lost this competition. JUFFROU, dit was 'n goeie ervaring. Among the best educational trips I've ever been to."

Foto's: Mev. M Pienaar


Saturday, 18 August 2018

En toe wen Best die weddenskap ...

Best het die uitdaging wat sommer as 'n grap gedurende die Vrydagmiddag-ekstraklas begin het, aanvaar. Mev. Alda Welman het R500,00 op die tafel gesit vir elkeen wat onder die top 50 graad 12-leerders in die Vrystaat eindig. Hierdie toppresteerders gaan na die Konvensie wat vanjaar by die Noordwes-Universiteit aangebied word. Na amper 4 weke wat vir almal soos 4 maande gevoel het, is die name bekend gemaak. Almal het al hulle R500,00 "gebruik", van die matriekafskeid tot by registrasiegeld... en daar loop Best met die prys weg. Baie geluk, Best ... jy is die beste!! 


Sunday, 12 August 2018

Vrystaat Konvensie te Potchefstroom ...

"Partymaal offer jy 'n naweek agter jou boeke op, terwyl jou maats en klasmaats besig is met minder uitputtende aktiwiteite. Sommige maak selfs neerhalende opmerkings as hulle hoor dat jy die naweek met jou boeke as enigste geselskap deurgebring het en dan tydens die olimpiade is die werk voor jou skielik bekend.

En as die vyf van ons by die eksamenlokaal by Gimnasium Hoërskool uitstap, dan voel die vraestel vir my soos 'pap en melk'  Ek kon nie wag vir die uitslae om bekend gemaak te word nie. Verlede jaar was vir my 'n groot verrassing, maar hierdie jaar het ek daarvoor gewerk!"

Esenam Best Tsewu, gr. 12B 

Best, jy is die beste!!

Best, die tweede jaar wat jy die beste in die fisiese wetenskappe-olimpiade doen. Verlede jaar was jy onder die top 50 gr. 11-leerders in Vrystaat en vanjaar is jy deel van die top 50 gr.12-leerders wat na die Konvensie in Potchefstroom genooi is. Tekkie Tonic hou jou punte met belangstelling dop en is geweldig trots op jou!!

Ons plaas jou foto sodra ons fotograaf jou onder skoot kan kry! Viva, die wetenskappe!!

Friday, 8 June 2018

Active ATOMS ...

What begin as an experiment has gradually matured into a tool people can not live without in the educational sector.

The co-founder, Kabelo Makheta and four demi-tutors of ATOMS, have found a solution to counter act the lack of understanding of the power subjects maths and science by offering tutorials that are effective in breaking down topics for learners to understand fully and apply in their daily educational lives.


Contact: Kabelo Makheta 079 147 8832     

Monday, 4 June 2018

Active ATOMS

What begin as an experiment has gradually matured into a tool people can not live without in the educational sector.

The co-founder, Kabelo Makheta and four demi-tutors of ATOMS, have found a solution to counter act the lack of understanding of the power subjects maths and science by offering tutorials that are effective in breaking down topics for learners to understand fully and apply in their daily educational lives.

Contact: Kabelo Makheta 079 147 8832     

Wednesday, 14 February 2018

Mnr. Valentyn besoek die skool!

Esenam Best Tsewu, Kgosana Moeketsi en Ricardo Menino.
Fotograaf: Katleho Letsaba en Sizwe Mtsambela
HTS-personeel uitgedos in hul rooi vere...

So 'n paar laatkommers...

Wednesday, 30 August 2017

Science Olympiad: top 50

Tsewu Esenam, ń graad 11-leerder van die HTS Welkom, het met die skeinat olimpiade onder die top 50 in die VS geëindig en is op grond daarvan na die NWU in Potchefstroom genooi.

Baie geluk, Best, dis 'n groot prestasie!!