Showing posts with label Ntataise Day Care Centre. Show all posts
Showing posts with label Ntataise Day Care Centre. Show all posts

Thursday, 12 December 2019

Ouers, gee vir julle kinders goeie waardes ...

Shaun Mmutsi is uitgenooi om as gasspreker op te tree by die Ntataise Day Care Centre tydens hulle gradeplegtigheid. Hierdie is die tweede agtereenvolgende jaar wat hierdie eer Shaun te beurt val. As 'n ervare debatteerder, is dit geensins 'n moeilike taak nie.

Toekomsvisie, goeie opvoeding, leerders en ouers is onderwerpe wat hom baie na aan die hart lê en daarom het hy dan ook met hierdie ouers oor goeie waardes gepraat wat hulle vir hulle kinders moet leer en inskerp. Glo in jou kind, motiveer hom en wees daar in moeilike tye. Wees ten alle tye bewus van wat jou kind doen en wie sy maats is - vandag is groepsdruk 'n realiteit.

Hy het almal gelukgewens en daarna was daar 'n heerlike ete vir diegene teenwoordig.
Mev. Radebe, maatskaplike werkster, die SGB-
voorsitter, Shaun Mmutsi en mev. Malifelile
Lenka,skoolhoof.

















Saturday, 2 December 2017

Gasspreker by graderingsplegtigheid van Ntataise Day Care Centre

Shaun Mmutsi is uitgenooi om as gasspreker tydens die gradeplegtigheid van die Ntataise Day Care Centre op te tree. 

Hy is 'n oudleerder van hierdie skooltjie en hy was bevoorreg om deel van die eerste groep leerders van die skool te wees. Vandag, 10 jaar later, besoek hy nog gereeld sy Alma Mater en motiveer die kleuters om hard te werk. Hier is een saam met die skoolhoof en van die manne wat gradeer.


Friday, 1 December 2017

Kersvader besoek Ntataise Day Care Centre!

Leerders van die HTS het Vrydag die kleuters van Ntataise Day Care Centre verras met 'n heerlike kersfeespartytjie. Kersvader en sy elf was ook daar om kleur aan die dag te verleen. Eetgoed te kus en te keur en twee versierde kersfeesbome het o.a. deel van die verrassing uitgemaak. Op hulle beurt het die kleuters 'n groot verskeidenheid liedjies gesing en heel laaste Ps. 23 as 'n gebed opgesê.

Op die foto is die senior klassie wat hierdie jaar "gradeer" en volgende jaar die eerste tree na die "groot skool" gee. Saam met hulle is me. L. Ramabenyane (onderwyseres), M A Lenka (skoolhoof), Shaun Mmutsi (graad 10 ), Kgosang Moeketsi (gr. 10 - die elf), Mothanga Maswangane (gr. 8 en kersvader vir die dag), Kanya Gojo (gr. 11 en voorsitter van die VRL), mnr. Fanie Pretorius (onderwyser) en me.Glenda Constance (onderwyseres HTS).