Thursday 31 August 2017

Wednesday 30 August 2017

Science Olympiad: top 50

Tsewu Esenam, ń graad 11-leerder van die HTS Welkom, het met die skeinat olimpiade onder die top 50 in die VS geëindig en is op grond daarvan na die NWU in Potchefstroom genooi.

Baie geluk, Best, dis 'n groot prestasie!!

Eksamentyd - gebed vir elke kind...


Tuesday 29 August 2017

Schalk Jansen besoek die skool...

HTS het vandag besoek gekry van een van sy oudleerders, Schalk Jansen, wat in 1993 matriek geskryf
het. 'n Bondel stories het gestalte gekry en hierdie jaargroep beplan om volgende jaar 'n reünie in die hartjie van die Goudvelde te kom hou! Dit sluit die vele oorsese Tekkies in - julle vyf daar in Engeland - ons kyk uit vir julle!

Dit was heerlik om al die stories te hoor en Tekkie Tonic gaan van tyd tot tyd daarvan plaas - stuur asseblief nog stories na die e-posadres (aldawelman@gmail.com)...

Een van die vele staaltjies het gaan draai by die tugtiging van hulle wat moeilik gehoor het en daarom gereeld 'n besoek aan die hoof se kantoor moes gebring het. Die gang na die hoof se kantoor is lank en Schalk noem toe dat daar presies 47 blokkies is...

A habit...


Monday 28 August 2017

Sunday 27 August 2017

Twee gr. 8-entrepreneurs met groot planne

Twee graad 8-manne het groot planne vir hulle tegniese toekoms... hulle het besluit om op eie houtjie solank ysterfietsies en ander planthouers te bou - hulle koop die materiaal aan en onder die wakende oog van mnr. Mike Visagie verander hulle yster in kunswerke!

Hierdie twee manne is Juan Bam en Keith West. Hou die koerant dop vir verdere nuus!  
(Fotograaf: Keith West)


Action not position!


Saturday 26 August 2017

Friday 25 August 2017

They hear your name...


Tegniese wetenskap PAT: graad 11A

Die eerste voorbeelde van die projek - gemaak van goedkoop, herwinbare en maklik verkrygbare materiaal. Hierdie prototipes maak van elastiese potensiële energie gebruik vir aandrywing.

Hier sit die trotse graad 11A's by hulle handewerk.

Hierdie "karre" is ook aan 'n tydtoets onderwerp. Tekkie Tonic sal uitvind wie die vinnigste "kar" kon bou...

Met hierdie wetenskapeksperiment neem elke leerder sy lesings om grafieke te trek en vrae te beantwoord ten opsigte van krag, spoed, massa ens.

Op die foto verskyn Paul Gerber, Schalk Pelser, CJ Horak, Renier de Lange en Gert van Zyl.
(Fotograaf. Me. M Pienaar)

Thursday 24 August 2017

Wednesday 23 August 2017

Tuesday 22 August 2017

Nr. 1124 en nr. 1045

Katleho Letsaba 
Hierdie nommers behoort aan twee manne wat besluit het om Vrydagaand aan die Mediclinic se 10km nagwedloop deel te neem.

Die inskrywingsgeld was R50,00 en elkeen wat die wedloop voltooi het, het 'n medalje ontvang! Daar was oor die 1000 entoesiastiese deelnemers wat hulle drafskoene vir hierdie goeie saak aangetrek het!

Die verskil tussen die voor- en die na-foto's is duidelik sigbaar...

Viva oefeninge!!

Everything will affect your actions...


Monday 21 August 2017

Skaak A-span is die ligawenners!!

Briljant!!

HTS se skaakspan is vanjaar weer die ligawenners - die afgelope 10 jaar swaai hulle die septer! Mag julle nog diep spore in die skaakwêreld trap!



HTS se B- en C-span eindig tweede in die liga!



No one walks in your shoes...


Be the change...


Sunday 20 August 2017

Saturday 19 August 2017

Dare...


Friday 18 August 2017

Thursday 17 August 2017

Wednesday 16 August 2017

Tuesday 15 August 2017

Science Olympiad Grade 10 for the Free State

THS's team:

Legae Kotsokoane, Kamohelo Khacha and Tumelo Motlalane.


















Moed opgee...


Monday 14 August 2017

Sunday 13 August 2017

Saturday 12 August 2017

Dié wen, het die afrigter van sy voete af...

Lesala Khetheng - Spoedige beterskap!!
Die basketbalafrigter, Lesala Khetheng, het van Donderdag af, nie meer 'n voet om op te staan nie. 

Nadat HTS se basketbalspan Donderdagmiddag hulle opponente 35 - 5 die loef afgesteek het, is hulle afrigter hospitaal toe... hy het sy enkel verstuit, sy ligamente geskeur en hy het hom sodoende op die krukkelys geplaas!! Hy gaan vir 'n paar weke buite aksie wees, maar wag tot hy terugkeer...

En mnr. LA Khetheng ... jy het ook jou vlug na die Oekraïne verpas!! (Red.) SAGE Internasionaal is in volle swang en dit lyk asof dit alle verwagting oortref!! 

Volgende jaar sit jy ook in hierdie voorste gestoeltes!!

Stop overthinking...


Friday 11 August 2017

Thursday 10 August 2017

Wednesday 9 August 2017

Tuesday 8 August 2017

Monday 7 August 2017

Sunday 6 August 2017

Saturday 5 August 2017

Leierskapseminaar te Ladysmith...

Mnre. H van Vuuren en J van den Berg woon vandag
die leierskapseminaar by wat deur SAOU aangebied word. 

Na 'n hele dag wat daar gepraat en geseminaar is, is dit
die beste gevolgtrekking...???







































Foto's: Mnre. H van Vuuren en J van den Berg

Work on days when you feel good...