Showing posts with label Flashback Friday. Show all posts
Showing posts with label Flashback Friday. Show all posts

Friday, 24 July 2026

Terugflits Vrydag: 1998 - die begin van 'n nuwe tradisie

Skooltradisies is die waardes en gebruike wat van geslag tot geslag oorgedra word. Dit vorm ook die hartklop van 'n skoolgemeenskap, en dit dra by tot 'n gevoel van behoort, van saamwees, en kweek trots en lojaliteit. Dit gee aan die skool sy unieke identiteit.

Gedurende 1998 het mnr. Van Vuuren besluit om nuwe tradisies as deel van die leerder se onthou te begin.

Die oggend van die laaste dag het die hoofseun en onderhoofseun die skoolhoof by die huis gaan haal en dan het hulle saam 'n glasie geklink in die voorportaal op 'n jaar wat verby is, die eksamen wat op hande is en op die toekoms van die skool en die skoolverlaters.

Matrieks 2022
Daar is ook besluit dat die matrieks elkeen 'n bordjie eetgoed op die laaste dag skool toe sal bring. Die damespersoneel het die tafels in die personeelkamer mooi gedek en die matrieks en personeel het gesellig saamgekuier rondom 'n bordjie eetgoed, met 'n lekker koppie koffie in die hand. Onthougedagtes, grappe, en ernstige praatjies het mekaar afgewissel. Die skoolhoof het namens die personeel gepraat. Sterktewense vir die eksamen, maar ook vir hul lewensreis buite die veilige mure van die skool, word elke matrikulant toegewens. Die hoofseun het namens die matrieks gepraat. In sy boodskap het hy vertel van die op- en afdraandes, die klippe kou, maar ook die vreugde van skool, sport, akademie en vriende. Daar was ook tyd om 'n staaltjie of twee te deel.

Matrieks 2022
Daarna het hulle saal toe gegaan. Die ander leerders het hulle reeds ingewag en die voorste stoele is gereserveer vir die eregaste van die dag. Hulle het vir oulaas 'n saalopening bygewoon waar nie net die skoolhoof nie, maar ook ander sprekers goeie wense vir hulle toegewens het. Die skoollied is vir oulaas uit volle bors gesing. Die einde van 12 jaar het 'n realiteit geword en daarna het die matrieks onderdeur die klok geloop, terwyl die res van die skool 'n erewag gevorm het en die matrieks luid toegejuig het.

Tussen die twee wit pilare, het vir baie jare 'n egte koperklok gehang. Maar hierdie klok het een aand, baie jare terug, voete gekry en dit is toe vervang met 'n egte plastiese koperklok. Die matrieks het onderdeur die klok geloop en aan die klok geraak, terwyl mnr. Tobie Louw 'n handklok gelui het. Hierdie klok is vir baie jare by Unitas geleen.

Barry en Costa 1998
Baie leerders was merkbaar aangedaan as hulle tussen die twee pilare deurloop, ander het gespring van vreugde en die korter leerders het gespring om die klok by te kom. Soms het een leerder 'n ander een skoueromhoog onderdeur die klok gedra - alles planne as jou lengte nie tot jou voordeel strek nie.

Hierdie laaste-dag-instellings wat elke jaar met groot vreugde nog plaasvind, se wortels lê in 1998 toe Barry Saayman (hoofseun) en Costa Cambanis (onderhoofseun) op mnr. Henk van Vuuren se idees ingekoop het en hulle saam 'n nuwe tradisie vir HTS begin het.

[As daar enige oud-Tekkies is van 1998 met mooi foto's, stuur dit asb. na Tekkie Tonic.]




Friday, 8 August 2025

Terugblik Vrydag: Ontmoeting met Andrei Ignatenko wat ook HTS besoek het

8 Augustus 2016

Ek plaas hierdie ter wille van al my oudleerlinge van 1994 tot so 1998, asook familie en vriende, wat vir Andrei Ignatenko (андрей игнатенко) kan onthou. Ek het so paar dae terug verneem dat Andrei oorlede is op die jong ouderdom van 60. Dit is eintlik so tragies, want hierdie man het 'n reuse indruk op my gemaak. Ek en Alda was só bevoorreg om baie keer met hom hier in SA te kon kuier, asook in Rusland.

Vir my oudleerlinge wat aan hom blootgestel is: Julle was nét so bevoorreg om hom vele kere by ons debatsgeleenthede te kon beleef. 'n Rus wat Afrikaans kon praat en só goed daarin was dat hy selfs die humor en idiomatiese taal uitstekend hanteer het. Miskien onthou julle hoe hy vertel het dat hy 'n spontane belangstelling in Afrikaans ontwikkel het terwyl hy Nederlands bestudeer het aan die Lomonosov Universiteit in Moskou. Sy dosent het hom vertel dat daar aan die suidpunt van Afrika 'n taal genaamd Afrikaans is wat amper soos Nederlands klink. Toe leer hy vanself Afrikaans aan, het hy vertel. Daar was uiteraard omtrent geen bronne nie; wel 'n paar Afrikaanse koerante in die biblioteek. Maar studente moes spesiale toestemming vra om dit te lees, aangesien dit as verbode materiaal verklaar was. Onthou - dit was nog die tye van die Koue Oorlog en die USSR (Unie van Sowjet Sosialistiese Republieke)! Die Berlynse Muur het ook nog gestaan. Later het Andrei, ná die amptelike val van kommunisme, 'n beurs gekry om hier by die Vrystaatse Universiteit Afrikaans te kom studeer en teen die einde van 1994 het hy sy meestersgraad voltooi wat gehandel het oor die vertalingsaspekte tussen Russies en Afrikaans. Ek en Alda het hom gaan opsoek en dis hoe dit gebeur het dat ons ons leerlinge se wêreld groter kon maak deur middel van kontak met Andrei.

Hy was 'n hele paar keer in SA met sy studente en een keer het hy en Irina Egorowa 'n hele paar dae hier by ons aan huis gekuier. Soos altyd was Andrei 'n interessante gas gewees! Irina het baie goed by Andrei geleer en haar Afrikaans was baie goed gewees. Ook 'n sjarmante meisie! Ek en Alda het nagte omgesels met hulle twee. Andrei het vele interessante stories oor Rusland vir ons vertel en selfs vir ons Russiese liedjies gesing en die volksverhale daaragter vertel. Ons was in 1995 by hom in Moskou en kon dus die kontekste goed verstaan.

Hierdie kuier in Moskou het gebeur omdat ons deel was van een van die eerste toergroepe wat Rusland besoek het ná die wedersydse demokratisering van die Russiese Federasie (nie meer USSR nie) en Suid-Afrika. Larissa, Andrei se vrou, het in die toeristebedryf gewerk en sy het ons op 5 Julie 1995 op die Sheremetyevo-2-lughawe in Moskou binne die doeanegebied kom ontvang. Sy het soos familie gevoel want die taalprobleem was onmiddelik opgelos omdat sy baie goed Engels praat. Andrei het heerlik by ons toergroep ingeskakel en wanneer daar vrye tyd vir ons was, het hy vir my en Alda op persoonlike uitstappies geneem. So, ons het eintlik 'n toer binne 'n toer beleef en BAIE ander goed beleef wat gewone toeriste nie gedoen het nie. Dit was só spesiaal! Andrei en Larissa het ons ook op 'n heerlike Russiese tafel (aandete) getrakteer. Russiese beetsop, bier uit Bulgarye, rooiwyn uit Oekraïne, frambose uit die woude en heerlike vleis. Watter kosbare herinneringe het ek en Alda nie aan hierdie besondere man nie. Dit was vir my baie treurig om te hoor dat hy oorlede is.

Henry Welman

Friday, 11 July 2025

Terugblik Vrydag: Skryfsels en aanhalings uit opstelle van leerders

Hier is 'n paar aanhalings uit die September-opstelle van graad 12C, 2017. Geniet dit en onthou hoe goed julle Afrikaanse opstelle was.

Ek sal suksesvol wees op die pad wat ek gekies het.
(Amogelang Tlali - 14 September 2017

Op jou lewenspad loop jy alleen ... met God.
(Amogelang Tlali - 14 September 2017)

Die pad wat ons loop, loop ons vir God.
(Wandile Sidale - 14 September 2017)

My grootouers se ou harte maak ons jonges se harte warm.
(Wandile Sidale - 14 September 2017)

Ek wens God wil ons grootouers langer in die lewe hou.
(Wandile Sidale - 14 September 2017)

Hoe meer jy alles geniet wat jy doen, hoe suksesvoller is jy.
(Mandlazi Shandy - 14 September 2017)

Alles in die lewe begin by ons denke.  
(Mandlazi Shandy - 14 September 2017)

Jou keuse in die lewe moet 'n glimlag op jou gesig sit.
(Mandlazi Shandy - 14 September 2017)

Ek fokus om myself te verbeter.
(Mandlazi Shandy - 14 September 2017)

As jy lag, dink jy nie aan al die hartseer dinge in jou lewe nie.
(Chabeli Molelekoa - 14 September 2017)

Ek wens ek kan ook 'n rolmodel vir kinders wees ...
(Kamohelo Sekharume - 14 September 2017)

Jou lewe lê in jou hande en as jy daarmee speel, gaan jy alleen huil.
(Mohau Moleko - 14 September 2017)

Leef elke dag asof dit jou laaste dag op hierdie aarde is.
(Beshaun Ogilvie - 14 September 2017)

Ek sal altyd my grootouers se lesse onthou.
(Mpho Phakoe - 14 September 2017)

Leerders vandag en leier môre. Jy het die sleutel in jou hande.
(Mpho Phakoe - 14 September 2017)

Ouma, jy het my geleer bid ...
(Katleho Chapi - 14 September 2017)

My oupa en ouma help my elke tree van my pad ...
(Katleho Chapi - 14 September 2017)

Ek wil my grootouers trots maak, want ek is hulle spieël.
(Katleho Chapi - 14 September 2017)

Hardloop om 'n beter prys uit die lewe te kry.
(Lehlohonolo Ramasia - 14 September 2017)

My ma is die wêreld se beste ma en ek is só trots op haar.
(Teboho Beleng - 14 September 2017)

My ouma is my ster in my lewe.
(Ikageng Mathibe gr. 11 - 14 September 2017)

Die lewe is vol goeie en slegte dinge ... jy kan niks doen nie,
jy moet jou lewe leef.
(Ikageng Mathibe gr. 11 - 14 September 2017)

Klik  HIER  vir nog voorbeelde!

Friday, 27 June 2025

Flashback Friday: Tribute to Godfrey Mofokeng


Click HERE for more info. 

University of Johannesburg
Master's Degree - Construction Management

University of the Witwatersrand
Certificate - Project Management

University of Johannesburg
B-Tech - Construction Management

University of Johannesburg
National Diploma - Building Sciences

Welkom Technical High School
Matric

* The Brothers Engineering Solutions
"A highly accomplished expert in the field of Construction with more than 15 years’ dedicated to Project and Portfolio Management in the Energy and Engineering sectors.

My qualifications and multi-disciplined tenure at Eskom, Africa’s largest energy supplier, has equipped me in becoming an industry thought leader and strategically positioned me to add measurable value in the following roles:
• Executive Manager – Construction and Projects
• General Manager – Construction and Projects
• Director – Construction and Projects
• Senior Contracts Manager– Construction and Projects
• Head of Projects"

* From Godfrey's Linkedin profile

Friday, 11 April 2025

Flashback Friday: Pule Mmula se betrokkenheid


Pule, hoofseun van 2017, is nie 'n man wat stilgesit het nie. Hier volg 'n opsomming van 'n paar van die ysters wat hy in die vuur gehad tot en met September 2017, sonder sy akademiese prestasies en die res van die jaar se prestasies. 

* Boekstoorprefek
* Biblioteekprefek
* SANBS-verteenwoordiger
* Kaptein van die debatspan
* RCL-voorsitter
* Leierskapraad
* Hy word gekies om mondeling te doen tydens 'n werkswinkel vir graad 12-onderwysers (Engels)
* Lid van die MJC/JCC se uitvoerende raad
* Lid van die SAGE VS-wenspan
* Lid van die SAGE-span wat 'n 2de plek tydens die SA-kampioenskap gekry het
* Deel van die span wat 'n eerste plek by die Lejweleputswa-distrikstoernooi kry. Aangewys as beste spreker. Kry goue medalje.
* Kry 'n eerste plek by die Elite-debatliga
* Eerste plek in die Lejweleputswa-distriktoernooi
* Tydens die Universiteit van Wits se interprovinsiale kompetisie praat hy 'n sewende plek los
* Tydens CUT Bloemfontein se kompetisie eindig Pule onder die top 2 in die VS
* Verteenwoordig die VS in die Oos-Kaap tydens die Prestige Debatkompetisie  
* Neem aan die PAN AFRICAN-kompetisie deel

Foto's is HIER as bewys van Pule se bedrywige en besige jaar!

Friday, 3 January 2025

Flashback Friday: Klasonderwysers 2022

 

 

Klasonderwysers 2022

 

Graad 8

8A

V Alexander

8B

L Rode

8C

H Vermaak

8D

B Kruger

8E

G Gani

8F

TM Louw

 

Graad 9

9A

J Herbst

9B

F Pretorius

9C

M Togo

9D

I Dajee

9E

M Motsapi

9F

M Makgitla

 

Graad 10

10A

K Herbst

10B

H Mohau

10C

T Radebe

10D

L Sauer

10E

G van Vollenhoven

10F

A Botes

 

Graad 11

11A

B Minne

11B

C Peterson

11C

J Matthysen

11D

S Nieuwenhuis

11E

E Litjamela

 

Graad 12

12A

J van den Berg

12B

S Khoza

12C

J van den Berg

12D

D Balios


Friday, 15 November 2024

Flashback Friday: HTS se Matjhabeng Junior City Council-lede


Mandlazi Shandy, 'n graad 11-leerder, is gekies as mnr. Matjhabeng Junior City Council! Baie geluk met hierdie prestasie en hou die standaard hoog! Buitumelo Leshoro van Welkom High is mej. MJC. Afrika Mokhosi en Wilhelm Erasmus is HTS se verteenwoordigers op die Matjhabeng Junior City Council vir 2014/2015 en Mandlazi Shandy, is mnr. MJC. HTS is trots op sy leerders!
MJC van 2015 besig om Welkom se strate
skoon te maak! Dankie, julle!

Saturday, 26 October 2024

Flashback Friday: Tekkies se aangenome oupas - 2006/2007


HTS het vir meer as 20 jaar 'n oupa of oupas gehad wat hulle by Huis Oranje aangeneem het. Dit was deel van die skool se gemeenskapsdiens en uitreikaksie. Dit het gereelde besoeke/kuiertjies behels en elke maand so 'n klein verrassingspakkie wat eetgoed en toiletware ingesluit het. Vir Kersfees en hulle verjaardag het hulle sommer 'n lekker groot pakkie gekry.
Die oupas was:
Louis du Pisanie - 14 Mei (hy was meer as 20 jaar 'n oupa) 
Martin Fourie - 15 Februarie
Hansie Kruger - 22 April (hy was die nuutste en laaste oupa wat HTS aangeneem het) 
Matrone Matthysen -  16 Mei (die matrone wat die kinders só welkom laat voel het en goud werd was)

Friday, 18 October 2024

Flashback Friday: 2023 - matrics' last day


2023 matriculants had their last official day on Friday. They signed their pledge and rang the bell.

Friday, 4 October 2024

Flashback Friday: Reünie gehou


[Vista - Donderdag 28 Februarie 2008]

Die Hoër Tegniese Skool in Welkom vier vanjaar sy 50-jarige bestaan. 

Daar word nou goed gewoel en werskaf om hierdie jaar 'n jaar te maak wat elke oud-Tekkie sal onthou. Die reünienaweek begin reeds môre en duur tot Sondag wanneer die naweek se verrigtinge met 'n sangdiens afgesluit word.

Môre begin die registrasie van reüniegangers om 10:00 met koffie en tee wat in die personeelkamer bedien sal word. Registrasie sal op daardie dag weer van 17:00 voortgesit word. Die amptelike reüniegeleentheid begin om 19:00 in die skoolsaal.

'n Heerlike ete sal voorgesit word waarna tot laat saamgekuier sal word. Verskeie artikels sal deur die aand opgeveil word. 

Saterdag is daar 'n sportdag en rugbywedstryde begin reeds om 09:30 by die Piet Bosch rugbyvelde. Die verskillende jaargroepe reël hul eie gesellighede vir die aand.

Oud-Tekkies word versoek om die skoom met hul besonderhede te bel sodat hulle op die databasis geplaas kan word. Bel me. Hester Bothma by 057 352 3255 vir meer inligting.

[Klik op die koerantberig om duidelik te kan sien.]