Showing posts with label Laaste dag. Show all posts
Showing posts with label Laaste dag. Show all posts

Friday, 24 July 2026

Terugflits Vrydag: 1998 - die begin van 'n nuwe tradisie

Skooltradisies is die waardes en gebruike wat van geslag tot geslag oorgedra word. Dit vorm ook die hartklop van 'n skoolgemeenskap, en dit dra by tot 'n gevoel van behoort, van saamwees, en kweek trots en lojaliteit. Dit gee aan die skool sy unieke identiteit.

Gedurende 1998 het mnr. Van Vuuren besluit om nuwe tradisies as deel van die leerder se onthou te begin.

Die oggend van die laaste dag het die hoofseun en onderhoofseun die skoolhoof by die huis gaan haal en dan het hulle saam 'n glasie geklink in die voorportaal op 'n jaar wat verby is, die eksamen wat op hande is en op die toekoms van die skool en die skoolverlaters.

Matrieks 2022
Daar is ook besluit dat die matrieks elkeen 'n bordjie eetgoed op die laaste dag skool toe sal bring. Die damespersoneel het die tafels in die personeelkamer mooi gedek en die matrieks en personeel het gesellig saamgekuier rondom 'n bordjie eetgoed, met 'n lekker koppie koffie in die hand. Onthougedagtes, grappe, en ernstige praatjies het mekaar afgewissel. Die skoolhoof het namens die personeel gepraat. Sterktewense vir die eksamen, maar ook vir hul lewensreis buite die veilige mure van die skool, word elke matrikulant toegewens. Die hoofseun het namens die matrieks gepraat. In sy boodskap het hy vertel van die op- en afdraandes, die klippe kou, maar ook die vreugde van skool, sport, akademie en vriende. Daar was ook tyd om 'n staaltjie of twee te deel.

Matrieks 2022
Daarna het hulle saal toe gegaan. Die ander leerders het hulle reeds ingewag en die voorste stoele is gereserveer vir die eregaste van die dag. Hulle het vir oulaas 'n saalopening bygewoon waar nie net die skoolhoof nie, maar ook ander sprekers goeie wense vir hulle toegewens het. Die skoollied is vir oulaas uit volle bors gesing. Die einde van 12 jaar het 'n realiteit geword en daarna het die matrieks onderdeur die klok geloop, terwyl die res van die skool 'n erewag gevorm het en die matrieks luid toegejuig het.

Tussen die twee wit pilare, het vir baie jare 'n egte koperklok gehang. Maar hierdie klok het een aand, baie jare terug, voete gekry en dit is toe vervang met 'n egte plastiese koperklok. Die matrieks het onderdeur die klok geloop en aan die klok geraak, terwyl mnr. Tobie Louw 'n handklok gelui het. Hierdie klok is vir baie jare by Unitas geleen.

Barry en Costa 1998
Baie leerders was merkbaar aangedaan as hulle tussen die twee pilare deurloop, ander het gespring van vreugde en die korter leerders het gespring om die klok by te kom. Soms het een leerder 'n ander een skoueromhoog onderdeur die klok gedra - alles planne as jou lengte nie tot jou voordeel strek nie.

Hierdie laaste-dag-instellings wat elke jaar met groot vreugde nog plaasvind, se wortels lê in 1998 toe Barry Saayman (hoofseun) en Costa Cambanis (onderhoofseun) op mnr. Henk van Vuuren se idees ingekoop het en hulle saam 'n nuwe tradisie vir HTS begin het.

[As daar enige oud-Tekkies is van 1998 met mooi foto's, stuur dit asb. na Tekkie Tonic.]




Friday, 18 October 2024

Flashback Friday: 2023 - matrics' last day


2023 matriculants had their last official day on Friday. They signed their pledge and rang the bell.

Friday, 27 October 2023

Matrieks: Werk en wen


Dis vir sommige van julle matrieks hartseer om afskeid te neem van die bekende, maar dis ook die eerste tree in die grootmenswêreld. Ons wil vir almal van julle sterkte toewens en mag net die beste julle pad kruis.

Mag God julle almal die krag gee wat julle nodig het vir die eksamen en vir die pad wat voorlê in die onbekende toekoms. Daar rus 'n groot verantwoordelikheid op julle skouers om 2022 se 92%-slaagsyfer te verbeter ... Onthou, julle het 'n 100%-slaagsyfer belowe.  

Begin dadelik met die voorbereiding vir julle eindeksamen. "Werk en Wen" en die wêreld lê aan jul voete.

Friday, 20 October 2023

Last day 2023











Thank you, Israel, for the photos.

Thursday, 19 October 2023

Last days are bittersweet

There is great excitement as the grade 12's had fun signing each other’s shirts with heartfelt messages and cherished memories.  This is the “last time” before their final exams.

Good luck for your exams and remember the words of Eleanor Roosevelt: “The future belongs to those who believe in the beauty of their dreams.”

Sunday, 23 October 2022

Wenk 1 vir die eindeksamen

 
Maak al jou foute met pen reg! Moenie 'n potlood in die eksamen gebruik nie, behalwe as jy beplanning doen of jou opstel in rofwerk skryf. Gebruik Musa se hemp as voorbeeld - skryf dit oor!! Viva foute!! Viva verbeteringe! (Onthou om uit al jou foute te leer!!)

Gaan klik HIER vir nog foto'tjies! (Dankie vir almal wat foto's gestuur het!)

Friday, 11 October 2019

Matrieks groet ...

Die matrieks het vandag gegroet. Landswyd was dit hulle laaste dag. Die matrieks het hulle hemde laat teken en daarna vir 'n geselligheid saam met die personeel in die personeelkamer bymekaar gekom. Daarna is dit die spesiale saalgeleentheid en dan vorm die skool vir hulle 'n erewag as hulle onder deur die klok loop.

Die lesse wat hulle deur hulle skoolloopbaan geleer het, sal hulle hopelik bybly. Sommige matrieks is opgewonde oor hul pad vorentoe en het reeds definitiewe planne gemaak, maar voor hulle daarby kan kom, is daar eers die akademiese eksamenberg wat hulle moet oor.

Die boodskap van die skoolhoof en die pastoor kan soos 'n boekmerk in hulle geheue gebêre word, want raad en seënwense se waarde vermeerder met tyd.

Sterkte met die komende eksamen.

Friday, 14 December 2018

'n Hamburger-en-skyfie-groet!

2018 se laaste skooldag het uiteindelik na 'n besige en uitputtende jaar aangebreek - ook vir die onderwysers. En voordat elkeen by sy of haar beplande vakansieplanne uitkom, het van die damespersoneel 'n heerlike ete aanmekaar geslaan. Dankie vir die kosspan wat altyd so entoesiasties en vol planne is.

Foto's: André van Dyk


Bo-dine Botha, Lindi Rode, Sheree Nieuwenhuizen en Alet
Harding besig met die eerste stappe van die hamburgers.


Friday, 12 October 2018

Matrieks 2018 - laaste dag ...

Matrieks van 2018, julle laaste skooldag het aangebreek ... uiteindelik! Sommige van julle het julle beste gegee en gaan die eksamen met selfvertroue tegemoet, ander het deur die jaar gespeel en besef nou die erns van die saak ... onthou, dit is nooit te laat nie en dan is daar diegene wat besluit het dat matriek nie al die moeite werd is nie - gaan dink weer en dink vinnig - daar is nog so 'n klein bietjie tyd! Baie sterkte vir hierdie laaste en ook heel belangrikste eksamen!