Friday 31 August 2018

Hot dogs tydens pouse!

Die bestelde hot dogs is by die skool beskikbaar.
Laat die hot dog-dans sommer jou naweek inlei.
Dankie vir die volgehoue ondersteuning!

The adventure of life...


Thursday 30 August 2018

Wednesday 29 August 2018

Lig aan die einde van die tonnel ...

Die graad 8E-klas is ywerig aan die werk en luister aandagtig na me. L Sauer as sy vir hulle vertel van die breking van lig in die natuurwetenskapklas. Daarna het hulle prakties gedoen en duidelik het daar vir hulle lig opgegaan.

Hierdie deel van die werk is nie ligtelik opgeneem nie en 'n toets hieroor, sal bepaal wie te lig bevind gaan word ...

Ons lig 'n glasie op kennis! Sterkte 8E- ons hou julle punte met 'n valkoog dop!!

The capacity to learn...


Tuesday 28 August 2018

Die einde is amper in sig ...

En hier staan julle aan die vooraand van julle tweede laaste skooleksamen! Duidelik is julle skooltyd besig om met 'n spoed uit te loop. Baie sterkte vir hierdie eksamen. Sit alles in en spandeer genoeg tyd agter julle boeke!

Monday 27 August 2018

Bestel hot dogs vir Vrydag!

Kontak die skool (057 3523255) indien
u belangstel om hot dogs vir Vrydag te bestel.

R15,00 elk.

Die fondse gaan vir die 7's rugbytoernooi.

Debat is in sy bloed ...

Kgosana Moeketsi is tydens die Lejweleputswa-debatliga wat by Hentie Celliers gehou is, aangewys as die beste spreker.

Baie geluk, Kgosana en sluit die debatseisoen op 'n hoë noot af!



Department Road Safety Debating Competition

Thato Manaka grade 9 was selected to represent the Lejweleputswa district in the Department Road Safety Debating Competition in Aldam (Ventersburg). He was the only one selected from HTS Welkom. He has been selected to represent the Free State province at the national Road Safety debating competition which will feature the best speakers from the country.

Good luck, Thato and a big applause to his coach, mr. Lesala Khetheng.

Thato Manaka


LET’S WORK TOWARDS …

You are holding a cup of coffee when someone comes along and bumps into you, making you spill coffee everywhere. Why did you spill the coffee?

You spilled the coffee because there was coffee in your cup. Had there been tea in the cup, you would have spilled tea.

The point is whatever is inside the cup, is what will spill out.

Therefore, when life comes along and shakes you (which will happen), whatever is inside you will come out. It’s easy to fake it, until you get rattled.

So, we have to ask ourselves, “What’s in my cup?” When life gets tough, what spills out?

Joy, gratefulness, peace and humility? Or does anger, bitterness, harsh words and reactions come out?

You choose!!!

Today let’s work towards filling our cups with gratitude, forgiveness, joy, words of affirmation, kindness, gentleness and love for each other.

Tiaan van der Schyff deel van die Botswana-uitreik.

Tiaan, 'n graad 10-leerder is deel van die Jesus-filmspan. Sy entoesiasme is aansteeklik as hy van hulle uitreike na Botswana vertel. Hy is die jongste lid van die span en sy droom is om eendag op 'n uitreik na Zambië te gaan. Dankie vir al die foto's, Tiaan en geniet julle uitreik komende Septembervakansie. Ons sien uit na jou terugvoer. 





Die Jesus-filmspan maak gereed!

Ongerepte natuurskoon!
Die omtrek van hierdie boom vra vir 9 groot mans !

Involve me and I learn...


Sunday 26 August 2018

Saturday 25 August 2018

Tekkie Tonic se fotograaf is uitgevat en opgetof ...

HTS se matriekafskeid ... 'n aand wat van elegansie en styl gespreek het, het op 24 Augustus 2018 plaasgevind. Die saal het soos 'n sprokie gelyk en die aand was vol glans, swier en prag. Die meisies het geskitter in hul aandrokke en die manne was deftig en stylvol uitgevat.

Dit was verseker 'n aand wat elke matriekleerder vir baie lank nog sal onthou en koester!

Tekkie Tonic se fotograaf van die afgelope twee jaar, het sy matriekafskeid terdeë geniet. Aan sy sy was Bokamoso Pitseng, wat luister aan sy aand verleen het.

Katleho Letsaba en Bokamoso Pitseng 

Die paartjie arriveer in styl by die afskeid, met mnr. Kubjana
aan stuur van sake.

Fotograaf en stilis:  Lebakeng Matlotlo en Neo Damazane

VRL-voorsitter 2018: Kanya Gojo

Kanya Gojo and Ndoni Tuswa
Matric Farewell 2018 - a night to remember! 

Matriekafskeid 2018!

Nog foto's hier! 
Foto's ingestuur deur: Mnre. Pieter Swanepoel en André van Dyk

 
 


Qualities of a excellent leaner...


Friday 24 August 2018

Thursday 23 August 2018

Tuesday 21 August 2018

Monday 20 August 2018

Sunday 19 August 2018

Vrystaat Konvensie 2018 by Noordwes-Universiteit

Best: "Juffrou, it was awesome. All the different venue that we went to, Faculty of Environmental Science/ Engineering and Health Science, were all great. And the lectures were all motivational. It was worth it because now I have more insight about the course that I am going to study next year. Daar was net een kompetisie; we had to build a tall structure using marshmallows and spaghetti, and we lost this competition. JUFFROU, dit was 'n goeie ervaring. Among the best educational trips I've ever been to."

Foto's: Mev. M Pienaar


The best teachers...


Saturday 18 August 2018

En toe wen Best die weddenskap ...

Best het die uitdaging wat sommer as 'n grap gedurende die Vrydagmiddag-ekstraklas begin het, aanvaar. Mev. Alda Welman het R500,00 op die tafel gesit vir elkeen wat onder die top 50 graad 12-leerders in die Vrystaat eindig. Hierdie toppresteerders gaan na die Konvensie wat vanjaar by die Noordwes-Universiteit aangebied word. Na amper 4 weke wat vir almal soos 4 maande gevoel het, is die name bekend gemaak. Almal het al hulle R500,00 "gebruik", van die matriekafskeid tot by registrasiegeld... en daar loop Best met die prys weg. Baie geluk, Best ... jy is die beste!! 


Happiness is an attitude...


Friday 17 August 2018

Never back down ...

Een van mnr. Afrika Mokhosi se slagspreuke in C11.

Accountibility...


Thursday 16 August 2018

Einstein's to be!
















Themba Motibe, Mthuthezeli Matholengwe,
Katleho Majola and Sicelo Tseletsele making
ready to write natural sience quiz round 3.
THS is so proud of them.
Photo: Lizbe Sauer