Showing posts with label Matrieks. Show all posts
Showing posts with label Matrieks. Show all posts

Tuesday, 13 January 2026

Uitslae: Matriekklas van 2025

Die matriekklas van 2025 het alle rede om fees te vier nadat hulle 'n 92,13%-slaagsyfer in die 2025 NSS-eksamen behaal het.

Baie geluk aan elke matrikulant en hul ouers met hierdie uitslae. Ons is baie trots op elkeen van julle.

Baie geluk en baie dankie ook aan elke personeellid vir jul toegewydheid, ekstra klasse en leiding aan die leerders. Sulke uitslae val in niemand se skoot nie.

Matrieks, mag al jul harde werk vrug dra in die toekoms. Dit was 'n voorreg om die pad van 2021 tot 2025 saam met julle te kon stap.

Mag die Vader se guns en seën oor elkeen van julle wees vir 'n geseënde en suksesvolle toekoms.

Friday, 11 July 2025

Terugblik Vrydag: Skryfsels en aanhalings uit opstelle van leerders

Hier is 'n paar aanhalings uit die September-opstelle van graad 12C, 2017. Geniet dit en onthou hoe goed julle Afrikaanse opstelle was.

Ek sal suksesvol wees op die pad wat ek gekies het.
(Amogelang Tlali - 14 September 2017

Op jou lewenspad loop jy alleen ... met God.
(Amogelang Tlali - 14 September 2017)

Die pad wat ons loop, loop ons vir God.
(Wandile Sidale - 14 September 2017)

My grootouers se ou harte maak ons jonges se harte warm.
(Wandile Sidale - 14 September 2017)

Ek wens God wil ons grootouers langer in die lewe hou.
(Wandile Sidale - 14 September 2017)

Hoe meer jy alles geniet wat jy doen, hoe suksesvoller is jy.
(Mandlazi Shandy - 14 September 2017)

Alles in die lewe begin by ons denke.  
(Mandlazi Shandy - 14 September 2017)

Jou keuse in die lewe moet 'n glimlag op jou gesig sit.
(Mandlazi Shandy - 14 September 2017)

Ek fokus om myself te verbeter.
(Mandlazi Shandy - 14 September 2017)

As jy lag, dink jy nie aan al die hartseer dinge in jou lewe nie.
(Chabeli Molelekoa - 14 September 2017)

Ek wens ek kan ook 'n rolmodel vir kinders wees ...
(Kamohelo Sekharume - 14 September 2017)

Jou lewe lê in jou hande en as jy daarmee speel, gaan jy alleen huil.
(Mohau Moleko - 14 September 2017)

Leef elke dag asof dit jou laaste dag op hierdie aarde is.
(Beshaun Ogilvie - 14 September 2017)

Ek sal altyd my grootouers se lesse onthou.
(Mpho Phakoe - 14 September 2017)

Leerders vandag en leier môre. Jy het die sleutel in jou hande.
(Mpho Phakoe - 14 September 2017)

Ouma, jy het my geleer bid ...
(Katleho Chapi - 14 September 2017)

My oupa en ouma help my elke tree van my pad ...
(Katleho Chapi - 14 September 2017)

Ek wil my grootouers trots maak, want ek is hulle spieël.
(Katleho Chapi - 14 September 2017)

Hardloop om 'n beter prys uit die lewe te kry.
(Lehlohonolo Ramasia - 14 September 2017)

My ma is die wêreld se beste ma en ek is só trots op haar.
(Teboho Beleng - 14 September 2017)

My ouma is my ster in my lewe.
(Ikageng Mathibe gr. 11 - 14 September 2017)

Die lewe is vol goeie en slegte dinge ... jy kan niks doen nie,
jy moet jou lewe leef.
(Ikageng Mathibe gr. 11 - 14 September 2017)

Klik  HIER  vir nog voorbeelde!

Wednesday, 30 October 2024

BEST OF LUCK CLASS OF 2024!


BAIE STERKTE KLAS VAN 2024!
Baie sterkte aan ons matrieks wat kliphard besig is met die eindeksamen. Mag die Here julle elkeen met die nodige kennis, wysheid en insig seën.

Thursday, 17 October 2024

2024 NSC October/November examination timetable

Click on the picture itself.

Matrieks: Sterkte vir julle laaste eksamen

Hoër Tegniese Skool Welkom
In Welkom se hart, 'n bastion van leer,
Hoër Tegniese Skool, staan hoog en fier.
Waar kennis en vaardighede groei en bloei,
En jong geeste hul vlerke sprei en vlei.
In klaskamers en werkswinkels, 'n bedrywige bees,
Word toekomstige leiers en vakmanne gees.
Met hamer en beitel, soldeerbout en pen,
Word drome en ambisies hier bewaar en wen.
Van ingenieurs tot kunstenaars, 'n wye verskeidenheid,
Word hier opgelei, met passie en ywerheid.
'n Tuiste van innovasie en kreatiwiteit,
Waar elke leerder sy unieke potensiaal ontdek en verbreed.
Hoër Tegniese Skool Welkom, 'n bron van trots en vreugde,
Waar kennis en vaardighede vir die toekoms aangewend word.
'n Leërskare van geesdriftige jongmense,
Word hier voorberei om die wêreld te verower en te bemeester.

Sterkte, Tekkies!


Die matriekeindeksamen begin volgende week. 
Ons allerbeste wense aan al ons leerders. Doen net jou bes!

Tuesday, 1 October 2024

Welkom terug, Tekkies!



Welkom terug aan elke Tekkie en Tekkie-onderwyser! Ons sien uit na die laaste kwartaal van 2024.Sterkte met dié kwartaal! Matrieks, ons dink aan julle!

[Klik HIER om alles op ons nuwe FB te lees.]

Friday, 19 January 2024

Belangrike skoolstatistiek


Skool mag dalk vervelig voel maar het jy al gedink hoe ongelooflik baie jy in 12 jaar doen? 

Hier is 'n paar berekeninge wat jy interessant sal vind:
Van graad 1 tot matriek gaan jy ongeveer 2 440 dae skool toe, dit is sowat 14 640 uur. 
Jy het ongeveer 2 440 uur pouse.
Jy het 'n gemiddeld van 17 dae saalbyeenkomste en sing die skoollied ongeveer 150 keer.
Jy doen 'n halwe jaar lank huiswerk (dis as jy jou huiswerk elke dag doen.)
Jy praat ongeveer 48 keer mondeling.
Jy loop ongeveer 650 km as y klasse wissel.
Indien jy elke dag van jou hoërskoolloopbaan 'n blikkie gaskoeldrank drink, het jy teen graad 12 al 2000 liter gaskoeldrank (slegs by die skool) gedrink.
Indien jy meer van water hou en jy drink elke dag 8 glase water (soos daar van jou verwag word), het jy teen die einde van matriek 11 500 liter water gedrink.
Jy hoor die skoolklok meer as 21 960 keer lui.
As jy elke dag van jou lewe iets by die snoepie koop, het jy teen matriek die snoepie met 'n bietjie meer as R32 000 ryker gemaak.

Twaalf jaar klink lank, maar vra maar vir enige matriek, dit vlieg behoorlik. Geniet elke dag en sing jou skoollied uit volle bors al is dit die 150ste keer. Moenie skool bank nie, want eendag gaan jy terugverlang.

Viva skool! Maak die beste daarvan.  

[Dankie vir die leerder wat hierdie interessante statistiek met ons deel. Elkeen van julle se feite gaan verskil. Met al die ekstra klasse en vakansieklasse en -kampe wat daar deesdae is, gaan julle baie meer as net 14 640 uur skool. Doen 'n bietjie somme en stuur gerus jou statistiek vir Tekkie Tonic.] 

Friday, 27 October 2023

Matrieks: Werk en wen


Dis vir sommige van julle matrieks hartseer om afskeid te neem van die bekende, maar dis ook die eerste tree in die grootmenswêreld. Ons wil vir almal van julle sterkte toewens en mag net die beste julle pad kruis.

Mag God julle almal die krag gee wat julle nodig het vir die eksamen en vir die pad wat voorlê in die onbekende toekoms. Daar rus 'n groot verantwoordelikheid op julle skouers om 2022 se 92%-slaagsyfer te verbeter ... Onthou, julle het 'n 100%-slaagsyfer belowe.  

Begin dadelik met die voorbereiding vir julle eindeksamen. "Werk en Wen" en die wêreld lê aan jul voete.

Monday, 31 October 2022

Tuesday, 9 August 2022

Tekkies besoek Sasoburg-teater

 
Tekkies woon die Othello-produksie by wat op die planke gebring is deur Think Theatre vanuit KwaZulu-Natal. Op die foto verskyn van die matrieks saam met die spelers. Die spelers is staande: Roderigo- Bryan Hiles, Montana- Rowan Bartlett, Othello- Loyiso MacDonald, Brabant is & Gratiano - Darren King, Desdemona - Cara Roberts, Lodovico- Michael Gritten, Casio- Guy Trask.
Voor: Bianca - Kirsty Ndawo, Gertrude - Clare Mortimer, Iago- Duane Behrens

Van die terugvoer is dat die produksie die boek makliker maak en meer verstaanbaar.

Klik HIER om die berig in Vaalweekblad te lees.

Friday, 8 July 2022

Matrieks, hoe gaan jy hierdie week deurbring?


Matrieks, nou moet julle besef dat julle verby halftyd is. Elke man is verantwoordelik vir homself en daarom is dit nou die tyd om jou afspraak met die boeke na te kom. Julle het ekstra klasse, intervensieklasse en motveringsklasse gehad. 

Wat gaan jy met al daardie kennis en hulp doen?

Onthou,  daar is 'n tyd vir alles en dit is nóú die tyd vir ernstige studie. 

Astra castra numen lumen ...

Die Julie-deel van die vakansie is nog beskikbaar. Geniet dit. Rus goed uit, maar gebruik hierdie tyd tot julle voordeel. Jy weet mos hoe lyk jou rapport ...

Viva vakansiestudie!! 

Tuesday, 5 July 2022

2022: Wyshede en waarhede


Ventersburg Kamp: Dag 2



Die kaart van Ventersburg is net om Tekkie Tonic se oorsese lesers op datum te bring sodat hulle presies weet waar die sentrum van kennis in die Vrystaat is. Ek kan op julle foto, sowel as op die kaart sien dat dit baie koud is - die kaart is eintlik blou van die koue ...

Gebruik al die vars lug tot julle voordeel - haal diep asem en maak die gratis suurstof in die lug deel van julle studieprogram. Viva kennis!

Foto's: Musa Memela, Caryn Petersen

Sunday, 1 May 2022

Viva werkersdag!! Viva matrieks!



Matrieks, julle is in die wonderlike posisie dat julle Maandag kan werk. Luister mooi na die naam van die dag - w e r k e r s d a g!! Dit beteken julle hoef nie skool toe te kom nie, maar jy kan voluit voor jou boeke sit en alles wat jy agter is, inhaal! Jy kan hersiening doen en jouself emosioneel regkry vir die komende eksamen!! Moenie hierdie dag mors op sosiale plesiere nie - behalwe as jy nie belangstel in goeie punte nie, dan doen jy absoluut niks op werkersdag nie!!  

Sunday, 30 August 2020

Matrieks 2020: studiewenke

1. Beplan jou tyd - stel vir jou 'n studierooster saam.
2. Jy moet ekstra klasse bywoon.
3. Oefen met ou vraestelle, sodat jy beter kan verstaan hoe die vrae aan die einde van die jaar gevra gaan word.
4. Begin 'n studiegroep saam met 'n klompie vriende wat ernstig oor hulle skoolwerk is en help mekaar.  
5. Maak aantekeninge van alles wat die onderwyser in die klas sê.
6. Doen elke dag jou huiswerk, want bietjie bietjie maak beter.
7. Kry 'n mentor wat jou kan help met daardie ekstra kennis.
8. Eet gesonde kos en drink baie water.
9. Maak seker dat jy genoeg slaap.

[Dankie, Kamohelo Masitsa van graad 12C1, wat hierdie wenke met sy medematrieks deel.]