Wednesday 31 August 2022

Tuesday 30 August 2022

Sport verander my lewe!

Hoe het sport my lewe verander?
Dit het van my 'n beter persoon gemaak.
Iemand wat weet wat regtig saakmaak.
Aan die begin van my hoërskool
het ek gedink ek's die dude en cool!
Ek het nie geweet rook is so sleg nie!
Ek stop toe ek in graad 8 misluk het ...
In my tweede jaar het ek by hokkie aangesluit.
En net daar het ek verander ... 
na iemand baie meer skrander!
Hokkie het my weer laat fluit!

Monday 29 August 2022

Viva, debating

High five for the debating team!

 



Maandag-motivering

“Bereik die punt waar jy allergies is vir die gemiddelde! Jy dink nie gemiddeld nie! Jy is nie gemiddeld nie” - Eric Thomas

Sunday 28 August 2022

Saturday 27 August 2022

Extended auditions for Tekkies Got Talent (TGT)


Auditions Venue: HTS Music Room D07Grade 8 & 9: 29th August 2022
Grade 10 & 11: 30th August 2022
Time: 14:30-15:30

HTS was the best team for the language festival


Best debating team - they won all rounds with Boitshepo Lebesa as third best speaker, Lihle Xaba second best and Sam Lukhanyo as the best speaker for the language bonanza.

Wednesday 24 August 2022

Congratulations!! Bloemfontein, here we come!!


Zander Coetzee (3de), saam met Bultfontein se leerders wat
met die eerste twee plekke weggeloop het.

Foto's: Petro Coetzee

Congratulations!! Bloemfontein, here we come!!

 
HTS Welkom het skoonskip gemaak by automotive.

Foto's: Petro Coetzee 

Woensdag-waardes

Monday 22 August 2022

Congratulations!! Bloemfontein, here we come!!

Pogisho Maruping (2nd), Leloka Mosia (1st) and Kananelo Sabatane (3rd)

Maandag-motivering

'Jy kan as jy dink jy kan.' - George Reeves

2022: Wyshede en waarhede

Sunday 21 August 2022

Die Tekkie-deelnemers tydens Saterdag se kompetisie

'n Tegniese skool en tegniese vakke is jou paspoort na toekomssukses!

Tegniese en tegnologiese beroepe bly in aanvraag en die aanvraag verhoog daagliks. Oorsese aanbiedinge groei en is werklik 'n wortel wat net 'n tegniese leerder kan benut. 

Jy het die regte skool gekies. Ontwikkel jou vaardighede en sorg dat jou punte aan die vereistes voldoen. Hierdie gaan jou grootste wapen in die werklose SA wees. As jy nie werk kan kry in die arbeidsmark nie, skep jy sommer jou eie werk en gee ook werk vir 'n Tekkie of twee.

Word deel van die wenspan in 'n wenwêreld!








'n Tekkie-dankie aan mnr. Sam Minne wat gesorg het dat 'n Lejweleputswa tegniese kompetisie, SYRAC se skaakkampioenskappe vir laerskole, vergaderings (Vrydag en Saterdag) seepglad verloop het, met stoele en tafels wat op 'n drafstappie verskuif moes word om aan almal se behoeftes te voldoen.

Congratulations!! Bloemfontein, here we come!!


2022: Wyshede en waarhede

Tekkies, neem deel!!


Tekkies, registreer en word 'n meester in hoe om jou opstel aan te pak en te skryf .  

Luister na die stories, meomoriseer hierdie sinne en gebruik hulle tot jou voordeel!

Registreer HIER! Dit is gratis/verniet/mahala/free/libre/simahla/vrij/frei/gratuito!!!

Die kompetisiereëls sal in die klas aangekondig word. Gebruik minder as 5 minute 'n dag om jou Afrikaans vir hierdie eksamen te verbeter!! 

Viva GOEIE PUNTE!! 

VivA se Lees-en luister-app


Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) het pas ’n splinternuwe, gratis slimfoontoepassing (of app) bekend gestel wat spesifiek geskep is vir gebruikers wat sukkel om Afrikaans te bemeester.

Die app bevat tekste wat oor die skerm rol terwyl ’n stem dit hardop voorlees. Op dié manier word die verband tussen Afrikaans se klankstruktuur en die geskrewe taal vir gebruikers vasgelê. Jong lesers wat sukkel om te lees en taalaanleerders wat nie genoegsame blootstelling aan Afrikaans kry nie, kan met hierdie app hulle beheersing van gesproke en geskrewe Afrikaans verbeter.

Die app is in Afrikaans deur Gustaf Tempelhoff van VivA ontwikkel. “Hierdie app is ’n mylpaal,” sê hy. “Dit het groot uitdagings gestel, maar dit gee ook groot bevrediging om te weet ’n mens skep iets wat vir die hele taalgemeenskap nuttig gaan wees.”

Gustaf het reeds VivA se webblad onder hande geneem sodat dit meer toeganklik is vir blinde en siggestremde gebruikers, en die app is ontwikkel met skermleserbeskrywings wat met toeganklikheidsagteware versoenbaar is. Die app het ook ’n aantal eienskappe wat dit besonder gebruikersvriendelik maak – dit slaan outomaties oor na die donker modus indien dit in die aand gebruik word, en dit kan in die agtergrond speel terwyl ander apps gebruik word.

Die tekste in die biblioteek is lekkerleesstories wat deur bekende skrywers aan VivA geskenk is, en al die stories word deur professionele stemkunstenaars voorgelees. Daar is ook ’n hele aantal Wikipediatekste vir gebruikers wat meer by feitetekste aanklank vind. In hierdie tekste is daar verklarings en vertalings van sekere woorde en uitdrukkings, wat dit veral vir taalaanleerders geskik maak. Die tekste is vir kinders en volwassenes gegroepeer en in vaardigheidsvlakke gekategoriseer sodat gebruikers die tekste kan kies waarby hulle die meeste kan baat.

Die ATKV het ruim bygedra tot die ontwikkeling van die app. Gerrie Lemmer, Uitvoerende Hoof: Kultuur van die ATKV, sê: “By die ATKV besef ons watter belangrike rol boeke en letterkunde in die ontwikkeling en vooruitgang van Afrikaans speel, want dit beïnvloed ons denke, verbreed ons wêrelde en maak ons harte oop. Met hierdie toepassing maak VivA vir ons taal vriende.”

VivA hoop om met hierdie app sy aanbod aan die Afrikaanse taalgemeenskap te versterk en uit te brei. “VivA is besonder bevoorreg om die steun van ’n organisasie soos die ATKV en van die taalgemeenskap self te hê,” sê Marlie Coetzee, VivA se besturende direkteur. “Ons werk met hart en siel vir Afrikaans, en ons glo dat hierdie app die taal op ’n lekker en gemaklike manier vir al sy sprekers meer toeganklik maak.”

iOS: https://apps.apple.com/za/app/lees-en-luister/id1635139593
Android: https://play.google.com/store/apps/details?id=com.viva_afrikaans.lela

Gebruikers laai die app af en registreer eenmalig. Bestaande VivA-gebruikers kan aanteken met hulle bestaande besonderhede. Dit is ’n lewende projek, en die inhoud word gereeld bygewerk. Gebruikers kan dus gerus elke maand inloer om te kyk watter nuwe tekste in die biblioteek verskyn.

Saturday 20 August 2022

Friday 19 August 2022

Tekkies got talent (TGT)



If you want to take part in the competition, please send us a video presenting your talent.

Talent comes in many forms: read a poem, play an instrument, do a dance, tell a joke, do a charade, act out an event from your week, sing a song, tell a personal story, stand on your head. Do anything you want to express yourself. 

Lejweleputswa District Municipality Project

 
Jabulani Hlatshwayo, Unathi Kula, Mojalefa Lekeka and Olebogeng Merafe: "I am an ambassador against GBV & femicide."

Casuel dress for Woman's Month Fundraiser

Keke Lebina, the gentleman, on
Woman's Day

Monday 15 August 2022

Maandag-motivering

"Alleenstaande bome wat groei word sterk bome." - Winston Churchill

Tuesday 9 August 2022

Tekkies besoek Sasoburg-teater

 
Tekkies woon die Othello-produksie by wat op die planke gebring is deur Think Theatre vanuit KwaZulu-Natal. Op die foto verskyn van die matrieks saam met die spelers. Die spelers is staande: Roderigo- Bryan Hiles, Montana- Rowan Bartlett, Othello- Loyiso MacDonald, Brabant is & Gratiano - Darren King, Desdemona - Cara Roberts, Lodovico- Michael Gritten, Casio- Guy Trask.
Voor: Bianca - Kirsty Ndawo, Gertrude - Clare Mortimer, Iago- Duane Behrens

Van die terugvoer is dat die produksie die boek makliker maak en meer verstaanbaar.

Klik HIER om die berig in Vaalweekblad te lees.

Woman's Day