Monday 19 June 2023

Statistiekterugvoering

Kom ontdek al die heerlike artikels op Tekkie Tonic. Daar is 3195 artikels en 97 pages om van te kies. Die pages is aan die linkerkant. Aan pages se onderkant is daar trefwoorde wat jou direk na die artikel/artikels vat.

Bogenoemde statistiek is slegs die getalle vir die afgelope maand. Die page wat 'n groot gunsteling onder die lesers is, is Spelling 2023. Dis geen wonder nie, want die afgelope ruk gons dit in die media omdat SA-kinders nie kan lees of spel nie. Klik HIER om 'n vinnige draai by Spelling 2023 te maak. 
'n Ander interessante besoekpunt is die WednesdayWisdom. Klik HIER vir 'n bietjie wysheid.

Soos iemand met 'n hartprobleem, is Tekkie Tonic
se hartklop baie onreëlmatig.

Party dae is die besoekers baie meer as ander dae.

Meimaand was maar 'n flouerige maand as 'n mens dit met Juniemaand vergelyk. Juniemaand was daar meer e-besoekers per dag as in Mei. Tot en met vandag het Tekkie Tonic 21 117 besoeke ontvang.

'n GROOT dankie vir elke getroue leser, die 2023-junior joernaliste, elkeen wat só gereeld artikels, foto's en idees instuur. Dankie vir die gereelde terugvoering - dit is nodig sodat ons in voeling met ons e-kuiergaste kan bly. Vandag het daar weer 'n 1000+ mense kom inloer en sê ons 148 000 keer dankie! Indien enige een 'n staaltjie, storie of besondere foto het, kan hulle dit gerus stuur aan aldawelman@gmail.com

Monday 12 June 2023

139 000 e-besoeke

 


Juniemaand is spreekwoordelik nog in sy kinderskoene, maar Tekkie Tonic het meer besoekers gehad tot en met vandag, as wat ons die hele vorige maand gehad het. Ons e-besoeke vir hierdie maand staan reeds 12272 sterk teenoor Meimaand se 1689 e-besoeke. 

Dankie vir al die getroue e-lesers en die positiewe kommentaar. My pa is my rolmodel van Oswaldo Brooks wat hy vir sy pa op 18 Junie 2017 geskryf het, bly na al die jare nog steeds 'n groot gunsteling onder die lesers. (Kyk gerus na die statistiek en dit is slegs vir die afgelope 12 dae van Junie 2023. 
 
Onderstaande skermgreep dui die totale aantal besoeke wat My pa is my rolmodel gekry het.

3.35K!! Klik HIER om die gedig te lees.

Sunday 11 June 2023

Spelling: Week 24



Het jy te doen met jong Afrikaansleerders of onervare teksredakteurs? Dalk help dit om die volgende skryfwyses pertinent onder hulle aandag te bring:
wat ook al (NIE wat ookal)
op pad (NIE oppad)
huis toe (NIE huistoe)
voor die hand liggend (NIE voor-die-hand-liggend)
glad nie (NIE gladnie)
nou al (NIE noual)
al weer (NIE alweer)
al twee (NIE altwee)
in ag genome (NIE inaggenome)
in werklikheid (NIE inwerklikheid)
in der waarheid OF inderwaarheid
net so wel; netso wel OF netsowel (NIE net sowel)

Bron: AWS. Kyk veral 12.22, 14.52 en 14.54
Klik HIER vir nog inligting

Saturday 10 June 2023

134 000 e-besoeke


Opsomming van die laaste paar dae se statistiek. 


Dinsdag 6 Junie 2023 13:30
Dinsdag 6 Junie 2023 23:30
Woensdag 7 Junie 2023 13:30

Woensdag 7 Junie 2023 24:30

Vrydag 9 Junie 2023 24:00

Sunday 4 June 2023

Thursday 1 June 2023

Think about it ...


Poems do teach a lot of life lessons in the form of value of responsibilities, need for retrospection, doing away with all sorts of procrastination, clinging on to the feathers of hope, significance of being calm and patient, being the driver of our own destiny and time as the ultimate truth in the world.