My geskiedenis by HTS



Godfrey Mofokeng
Griffons Akademiespan O/18
Godfrey Mofokeng en

Luyandro Pietersen 
2001

* U/14A rugby team
* U/15A cricket team (captain)
* U/15 cricket player of the year
* Athletics team - interhigh (long jump)






2002 
* 1st cricket team
* U/15A rugby team vice captain (Raymond Brown captain)
* U/15A cricket (captain) league winners
* U15A MTN Country Districts Free State cricket team (vice captain)
* U/15 cricket player
* RCl member


2003
* 2nd rugby team
* 1st cricket team (captain)
* U/16 Free State cricket team
* RCL member


2004
* 1st rugby team
* 1st cricket team (captain)
* Senior Victor Ludorum
* Sportsman of the year
* Athletics - triple jump regional team
* Basket Ball member
* RCL member

2005
* 1st rugby team
* 1st cricket team (captain) shared league winners with Gim
* Griffons U/18 Academy rugby team
* U/19 cricket player of the year
* Sportsman of the year
* Choir member and in leaders group

* Deputy headboy 

Kort oorsig van Godfrey Mofokeng


Goudvelders word oral in die land aangetref. Hulle is die sout of is dit nou die goud van die aarde. Van oorsese modelle tot by ondergrondse geoloë bring hulle hul kant. Godfrey Mofokeng is 'n oud-Goudvelder met wie dit baie goed gaan. Hy was 'n man wat gehou het van sport, maar wat nie die akademie laat links lê het nie. Hy het sy B Tech-graad aan die Universiteit van Johannesburg behaal en is tans met sy honneursgraad besig. Hy werk as ingenieur- en projekbeplanner by Anglo Platinum in Johannesburg.

Godfrey se hoërskoolgeskiedenis lê gewortel in HTS Welkom. Hy het as 'n groentjie in 2001 by HTS se hekke ingestap. Hy het dadelik sy staal getoon en as atleet in die verspring uitgeblink. Sy liefde vir spansport, maar ook sy vaardighede as leier word onderskryf as hy vir die 0/14A-rugbykaptein en 0/15A-krieketkaptein uitdraf. Hy word dan ook as 0/15-krieketspeler van die jaar aangewys.

2002 was 'n besige jaar en hy speel vir die skool se eerste krieketspan, maar as kaptein van die 0/15A-krieketkaptein seëvier sy span as ligawenners daardie jaar. Hy word ook gekies vir die MTN Vrystaat Plattelandse Krieketspan en hy het die voorreg gehad om as onderkaptein deel van die span te wees. Nodeloos om te sê dat hy ook hierdie jaar as krieketspeler van die jaar aangewys is. In 2002 word hy verkies as lid van die skool se VRL. 'n Posisie wat hy tot aan die einde van sy matriekjaar beklee.

In Godfrey se graad 10-jaar speel hy vir die skool se tweede rugbyspan en word hy kaptein van die skool se eerste krieketspan. Hy speel loshande vir hom 'n plek oop in die Vrystaatse 0/16-krieketspan. Hy word weereens aangewys as die krieketspeler van die jaar.

2004 was 'n baie besige jaar vir Godfrey. Hy speel vir die skool se eerste rugbyspan, hy is die kaptein van die eerste krieketspan en hy spring vir hom 'n plek los met driesprong in die Goudveldse atletiekdistrikspan. Hy is die Senior Victor Ludorum met sy mooi prestasies en atletiekrekords en hy kry die Sportman van die Jaar-trofee op die skool se jaarlikse prysuitdeling.
Hy speel ook vir die skool se basketbalspan.

2005 was Godfrey se blomjaar in die skool. Hy speel weereens vir die skool se eerste rugbyspan en as kaptein van die eerste krieketspan lei hy sy span om as ligawenners die titel met Gimnasium te deel. Hy word gekies vir die Griffons se 0/18-Akademiespan en hy word ook aangewys as die 0/19-krieketspeler van die jaar. Weereens kry hy die Sportman van die Jaar-trofee op die skool se prysuitdeling. 'n Goed versteekte talent steek egter in sy matriekjaar kop uit ... en dis niks minder as sy sangtalent nie. Hy sing in die skoolkoor, maar ook in die kleiner groepie. As onderhoofseun van HTS, spoor hy die seuns aan om hulle kant op die sportterrein, sowel as die akademie te bring.

As student skaal hy sy sport 'n bietjie af, want die akademie eis meer as sy pond vleis. Hy speel vir 4 jaar egter koshuisrugby en later ook vir die Universiteit van Johannesburg (0/19A, 0/20A en 0/21A)

Hy dien op sy fakulteit se studenteraad.

Vandag kyk Godfrey terug op 'n vol skool- en studentelewe en is hy dankbaar vir die kanse wat hy benut het.