Showing posts with label Fanie Pretorius. Show all posts
Showing posts with label Fanie Pretorius. Show all posts

Friday, 25 September 2026

Lejweleputswa CHESS Association

Lejweleputswa Chess honours Oom Fanie Pretorius for the incredible and selfless work he has done for Lejweleputswa Chess for more than three decades. Even today he is still standing and sacrificing his valuable time, experience and skills to make sure Chess in Lejweleputswa thrives! His work in the Federation and Department of Education is making a huge impact. His willingness to embrace, guide and work with the old and new generations of leaders and supervise the newly qualified arbiters speaks volumes about his love for CHESS and commitment to growth of the beautiful sport.
 
This is a tribute to you Oom while you can still hear and see how much we value you and treasure you.

Lejweleputswa Chess Honours and Celebrates you Sir.

Sunday, 2 March 2025

Sponsorship of laptops


A big thank you to the District Office (Vocational), with the sponsorship of laptops for use in technical subjects. Presenting the laptops to the educators are Mr. Khuele and Mr. Thabanyane.
Teachers: Messrs Litjamela, Pretorius and me Kruger.

Sunday, 13 November 2022

Mnr. Fanie Pretorius beplan 'n wegbreek


Hierdie vakansie hou reisbeloftes in vir mnr. Fanie. Hy moet egter onthou dat hulle nie sy naam orals korrek sal uitspreek nie. Hier in die Vrystaat ken die mense hom as Fanie, Faan, selfs Fanus is nie te vergesog nie en Stefanus staan op die amptelike dokumente. Die leerders het sommer gou van hom as Malanka gepraat, want met sy lengte kyk hy van bo af op alle ongerymdhede.

Sy eerste stopplek is New York, waar almal hom as Steve gaan aanspreek. In London gaan hulle van Stephen praat en 'n vinnige kuiertjie by die familie in Wallis, gaan hy as Ystffan aangespreek word. Fanie verander na Etienne in Frankryk en sommige van die Franse kan hom selfs Stéphane noem. In Italië gaan hy pizza saam met vriende eet wat hom as Stefano ken. In Spanje gaan hy nie eens agterkom as hulle van hom skinder nie, want Esteban klink glad nie na 'n bekende nie. In Griekeland voel hy nie so ontuis nie, want Stephanos klink baie naby aan sy doopnaam. En daar tussen die Grieke sal hy ook sommer die betekenis van sy naam hoor, nl. bekroonde.     

In Duitsland voel hy amper tuis, want Stefan klink bekend. In Pole is die naam Stepan nie te ver van die bekende af nie, maar in Hongarye is Estevan of Istvan iets waaraan hy gewoond sal moet raak.

In Estland, Letland, Rusland en die Ooste is daar nog nie eens aangedoen nie, maar heel moontlik sal die uitspraak en die spelling ons pootjie.

Gebruik hierdie vakansie en volg die uitspraak en spelling van jou naam in die verskillende lande. 'n Heerlike reis vir elkeen van julle. 

Saturday, 29 October 2022

Unathi Kula: Kyalami in his own words:


I enjoyed every second of the trip from the bus leaving school right till it came back. But most importantly it's what we saw at Kyalami that really got to us. We got a chance to interact with the different technicians who work there. We also got a chance to ask them questions about their passion and how they worked to achieve it. At the same time we learned how to go about achieving our own goals, it got so interesting we started asking questions like: "Are they offering any bursaries, internships?? What qualifications do you need to work for them. All these questions just really opened our eyes as to what a big world it is out there. In this case the world of motor sport Red-Lined is the most competitive off rally raid car producers in the world. It was quite interesting to interact with one of the technicians who was preparing a client's car for a  trip to Holland, and other technicians that only specializes in one race car, where ever the car is in the world, he is there to take care of it and maintain it, he calls it his baby ... again this shows the immense love and passion he has of his work

Lastly I would like to thank Meneer van Vuuren for organizing this excursion. We really enjoyed it. Every stop Meneer asked if we were enjoying the trip and bought us breakfast and lunch on our way back home.

Thank you to Meneer Fanie for driving us through that traffic all day long and getting us home safely.

Click HERE for more photos and also HERE.

Do you remember? Click HERE and HERE!

Friday, 28 October 2022

Terance Marc: My job is to make the BIG adventures and the BIG dreams come true ...


Tekkies already started with their dreams!


Welkom THS specialization group visiting Redline Motorsport Adventure, Kyalami Park Johannesburg


Left front Redline CEO Terance March, right front Mathew Thursby, design engineer for Redline and our tour guide. The spesialization learners are from grade 10 and grade 11.

Click HERE for more photos

[Photos: Henk van Vuuren]

Monday, 12 September 2022

Die Tekkie VS-wenners is ...



Unathi Kula (graad 11) eerste in Automotive met 97,33%, Leloka Mosia (graad 11) derde in pas-en-masjienerie en Olebogeng Merafe (graad 11), derde in Automotive met 83%

[Foto:Fanie Pretorius]

Saturday, 10 September 2022

Die laaste dag van die kompetisie ...

Een ding van 'n uitgerekte kompetisie is dat die senuwees goed kan knaag. En drie dae is streslank! Dit is amper erger as eksamen ... baie erger ... want jy het niks en niemand waarteen jy jou eindproduk kan meet nie ... jy weet nie wat die ander gedoen het nie en ook nie hoe hulle dit gedoen het nie.

Jy dink oor en oor aan wat jy gedoen het ... verwyt jouself vir die foute wat jy gemaak het en praat jouself moed in dat dit nie so erg was nie.

Oor 'n paar uur is dit die prysuitdeling en daarna 'n heerlike ete! Wie gaan die pryswenner wees?? 

Hierdie manne is die wenners van die eerste rondte wat nou vir Lejweleputswa in Bloemfontein gaan verteenwoordig.

Pas- en masjienwerk (Top 3) - L.Mosia, P. Maruping, K. Sebatane.
Automotive - 1ste plek - U.Kula, 2de plek - O.Merafe, 3de plek - D. Lotter
Sweiswerk - 3de plek - D. Coetzee
Elektronika - 1ste plek - N. Kutyunga, 2de plek - M. Hlangwane
Konstruksie - 2de plek - Mojalefa Lekeka
Power Systems - 3de plek - M.D. Dlamini.


Foto: Fanie Pretorius

Saturday, 15 February 2020

Die tegniese lanseervergadering ...

Wat is 'n "start up"-vergadering in Afrikaans? Dalk 'n lanseervergadering??

Wel, as die redaksie so na die gesigte van die Tekkie-personeel kyk, dan lyk dit of die lanseerpoging die teiken getref het! Mnre. JD van den Berg, Francois Crauwcamp, Henk van Vuuren, Pieter Swanepoel, Fanie Pretorius en die kameraman - Erick Litjamela. Die enigste roos tussen die dorings is me.  Aletta Makgitla, 

Thursday, 6 June 2019

Sasol se jaarlikse tegniese konferensie

4 van HTS se onderwysers het die Tegniese Onderwysers Konferensie in Kemptonpark bygewoon. Hulle is mnre. Henk van Vuuren, Johann van den Berg, Erick Litjamela en Fanie Pretorius. Ons hoop die ervaring die onderwysers tegnies verryk het.

Foto's: Erick Litjamela





Friday, 17 May 2019

Geluk, aan al die Tekkie-skaakspelers!

Skaak wen Hentie Cilliers vanmiddag:
A span 5-1
B span 5-1
C span 0-4
J span 1-5

Sunday, 28 April 2019

Entrepreneurship Master class in Bloemfontein!

“Be Patient to Start Small while thinking big!”
Vusi Thembekwayo, creator, venture capitalist, global business speaker, CEO and Multimillionare, hosted the first ever MyGrowthFund Business and Entrepreneurship Masterclass in Bloemfontein this past Saturday on Freedom day. Over 600 entrepreneurs from across the province gathered to absorb some of Vusi’s entrepreneurial wisdom. Our very own Alex Manise (grade 11 learner), Mr Fanie Pretorius and Mr Lesala Khetheng attended the esteemed event with the hopes of receiving inspiration from one of SA’s greatest entrepreneurial minds Vusi Thembekwayo.

 Vusi spoke about business models that work in South Africa, the 21 century and what route entrepreneurs should be taking to better shape Africa for Africans. He highlighted: “Africa’s greatest challenge is communication.” Getting goods from one part of Africa to another still needs to be improved. He further stated that African entrepreneurs need to abolish the mind set of entitlement; “the words FREE and RIGHT” must not be used by entrepreneurs who want to create or ignite change in Africa. They should rather focus on building themselves and working on their ideas. “If you are not okay, your business will not be okay.”

Entrepreneurship is a lonely path therefore entrepreneurs need to be prepared to endure the loneliness. They need to be prepared to start scrappy so that they can make all the mistakes possible while small, as their ventures grow, they will know exactly how to go about it.

Do not worry about scars, scars are the times the world declared war against you and lost! All it could leave was a scar, but you won.



Wednesday, 8 August 2018

Tekkies se SAGE-manne ...

Fanie Pretorius - National Chief Operations Officer
HTS is sommer baie trots op hierdie manne wat deel vorm van die SA-SAGE-komitee wat die SAGE-Wêreldbeker hier in Suid-Afrika aanbied.

Mnre. Fanie Pretorius en Lesala Khetheng is personeellede, terwyl Afrika Mokhosi 'n oud-Tekkie is en lid van SAGE-alumni is.

Gaan loer hier vir nog inligting!


Lesala Khetheng - Free State Coordinator


Afrika Mokhosi - Norhern Cape Coordinator

Tuesday, 19 June 2018

VS-skaakkampioenskappe

Skoleskaak VS-kampioenskappe is die afgelope naweek by Black Mountain, Thaba Nchu gehou. 240 entoesiastiese spelers het deelgeneem. Daar is O/15- en O/18-spanne gekies vir die Winterspele wat van 9-14 Julie in Durban gehou word.

Mnr. Fanie Pretorius president van VS-skoleskaak was die hoofarbiter tydens hierdie geleentheid.  







Friday, 8 June 2018

SAGE: Mentors of JLT Watches

Melissa Broodryk, Fanie Pretorius and  Alda Welman 

Saturday, 14 April 2018

SAGE-komiteelede uit die Tekkie-geledere...

Lesala Khetheng en Afrika Mokhosi
Baie geluk aan die drie manne uit Tekkie-geledere (oud en jonk) wat verkies is tot die verskillende SAGE-komitees.

Mnr. Fanie Pretorius het 'n groot rol vanaf 2012 gespeel in die nis van SAGE, veral in die VS, wat dan ook uitgekring het na die res van die ander provinsies. Deur sy toedoen en herhaaldelike besoeke aan die universiteit, is SAGE die afgelope 4 jaar deel van die universiteit (soos in die VSA en ander lande) en word SAGE vandaar bestuur.

Dr. Thabo Pitse is aan stuur van sake en welbekend onder die SAGE-wêreldorganiseerders. Hy verstaan
Dr. Thabo Pitse saam met prof.
Curtis DeBerg, stigter van
SAGE in VSA
besigheid, die ekonomie, jongmense, maar veral is hy bekommerd oor die toekoms van die jongmense en vandaar sy enorme insette in SAGE.

Mnre. Lesala Khetheng en Afrika Mokhosi is goed geskool, aangesien hulle altwee toe hulle nog leerders was, spanlede in verskillende spanne van HTS was. Mnr. Fanie Pretorius was daardie tyd dan ook die skoolorganiseerder.

Mnr. Afrika Mokhosi is nou lid van die Alumni-komitee van die VS, mnr. Lesala Khetheng is nou die provisiale koördineerder (hy het mnr. Fanie Pretorius se pos) en mnr. Fanie Pretorius is nou deel van die nasionale komitee as koördineerder.

'n Stresvolle jaar lê vir hierdie manne voor, want die 2018 Wêreldbeker word vanjaar vir die tweede keer in Suid-Afrika aangebied. Die eerste keer was in 2010 in Kaapstad.

Baie geluk aan hierdie drie manne, maar ook baie sterkte!!
Mnr. Fanie Pretorius tydens een van die strategiese
beplanning sessie vir die nasionale kompetisie en
die Wêreldbeker 2018.  

Thursday, 12 April 2018

Register for SAGE 2018...

The official race to South African Teen Entrepreneur of the year has
just kicked off. Please visit www.sagesa.co.za and register your team!
Who will be the best Teen in business in 2018? See the advert
above for more information.

Mr. Fanie Pretorius

Afrika Mokhosi

Lesala Khetheng