Sunday 31 May 2015

Are you a teenpreneur?




What is a teenpreneur? Do you want to know?

Vrystaat-wenners 2015 in die SRB-afdeling!!


Die Aquabionic-span van HTS!!
Afrika Mokhosi (gr. 11), Christopher Brümmer (gr.10),
me. Melissa Broodryk (mentor), Wilhelm Erasmus (gr.12)
en Pieter Pretorius (gr. 10)

Nog foto's van die dag is hier beskikbaar!

Saturday 30 May 2015

Gaskunstenaars!!


HTS Skoolkoor saam met me. Malinda Anderson!!

Friday 29 May 2015

HTS se junior burgemeester van 2002 besoek die skool!


2002 se Junior Stadsraad van Welkom, het 'n geweldige besige en vol program gehad en aan stuur van sake, was niemand minder as die bekende ... (lees verder!)

Thursday 28 May 2015

NVS-hokkiespeler!


Katleho Mathe

Katleho Mathe, 'n graad 11-leerder van HTS Welkom, se sport, sports, ontspanning en passie is hokkie. Hy is die enigste leerder van die skool wat vir die Noord-Vrystaat hokkiespan gekies is. Hierdie sportman kan ook sy woord gestand doen en hy was Donderdagoggend 'n gas op dr. Chome van Lesedi FM se program.


Eerskomende vakansie is hulle in Bloemfontein waar hulle aan die IPT-toernooi gaan deelneem.  

Wednesday 27 May 2015

Uitslae van sangitems en koor!

Tekkie-koor kook!!
Lees gerus die 2015 uitslae hier!

Monday 25 May 2015

Goudveld ATKV Taal- en kunstefees: Kunsafdeling



Teboho Malang
Om met vier (A++) uit die ATKV-kompetisie te stap, sit so 'n heerlike gevoel van warmte om  Teboho Malang, 'n graad 12-leerder van HTS, se hart.

Hierdie leerder het nog nooit 'n kunsles van een of ander aard gehad nie, maar die tekentalent sit baie diep in sy are. Toe hy in die preprimêre skool was, het hy agtergekom dat as ander kinders stokmannetjies teken, hy "regte" mannetjies kan teken, sonder enige moeite.

In graad 9 het me. Malinda Anderson hom gevra om aan die ATKV se kunswedstryd deel te neem, maar toe sy vir hom die skoon velle papier gee, was daardie groot velle so intimiderend, dat hy net daar besluit het om nie te teken nie.

Intussen het Ingenieursgrafika en -ontwerp, een van sy gunsteling vakke geword, waarin hy lag-lag 'n onderskeiding behaal. En daarom was hy oorgehaal vanjaar om deel te neem. Hy het vier sketse ingegee en vir al vier bokant 80% gekry - 88%, 2 x 90% en 'n 96%.     


Baie baie geluk, Teboho en mag jy duisende dollars met jou tekentalent verdien. 

Tuesday 19 May 2015

Oudleerders besoek die skool!


Hierdie oudleerder van 1999 het so 'n vinnige draai by die skool gemaak om te kyk of daar darem nog onderwysers is wat hy ken! Kliek gerus hier as jy wil sien wie die besoeker was.


'n Oudleerder van 2006 het ook sy Alma Mater besoek en sommer die skool vir sy verloofde gewys!! Kliek gerus hier!!

Sunday 17 May 2015

Vinkel en koljander...


Letlotlo Mofokeng

Vinkel en koljander... 

Friday 15 May 2015

Saturday 9 May 2015

Thursday 7 May 2015

'n Terugblik... 1991


Boodskap van die skoolhoof 1991

Seker die mees oorwegende rede waarom ons na ses jaar weer 'n fotoblad die lig laat sien, is dat so 'n blad se waarde toeneem met die jare. Daarom glo ek dat diegene wie die skool aan die einde van die jaar gaan verlaat, julself baie gelukkig kan ag. Om na vyftien jaar of langer, deur so 'n fotoblad te blaai, is 'n voorreg wat geld nie kan koop nie.

Die Suid-Afrika van môre kan dalk baie verskil van die een wat ons vandag ken.

Lon Walters het by geleentheid gesê: "'n Skool is 'n gebou met vier mure, met binne-in die dag van môre." Dit is dan ook die hoofdoel van ons, betrokke by die HTS Welkom, om leerlinge voor te berei vir die dag van môre. Leerlinge wat as hulle die dag die skool verlaat, die aanslae en eise van die grootmenswêreld sal kan hanteer.

Laat ons ook sê, in die woorde van wyle mnr. Willie Hofmeyer, stigter van Naspers: "Ek kyk terug en is dankbaar, ek kyk vorentoe en is moedig, ek kyk op en is gelowig."

My hartlike dank aan die personeel en ouers vir dit wat gedoen is in belang van ons skool. My dank ook aan die bestuursraad en ouerkomitees.

Baie dankie ook aan die redaksie van hierdie blad vir u puik werk.

JB du Toit
SKOOLHOOF

Friday 1 May 2015

Free State loses almost 2 000 teachers!


According to a DA media release, the Free State Dept. of Education has, by its own admission, lost almost 2 000 teachers over three years - 380 teachers resigned in 2012, another 475 in 2013 and 845 in 2014. Four months into this year saw 200 teachers tender their resignations and leave the profession. The teacher exodus, coupled with the high school dropout rate of 61% resulting in an actual Matric pass rate of 39% for 2014, and the poor performance of learners seen in the Annual National Assessment (ANA) results indicate a serious problem within the department. The ANA results for 2014 indicated that only 5.1% of grade 9 students in the Free State obtained an acceptable achievement of 50% and above for mathematics. In the first language category, only 15.6% of these learners obtained an acceptable achievement. The department also struggles to address its R1,3 billion shortfall resulting in the late payment of teacher salaries, the delay in permanent teacher appointments and the late payment of school subsidies.


(Free State Business Bulletin)