Showing posts with label Geluk. Show all posts
Showing posts with label Geluk. Show all posts

Tuesday, 15 September 2026

Nuwe departementshoof vir Afrikaans en Engels

Dit is met trots dat ons kan aankondig dat Veronique Alexander as departementshoof vir Afrikaans en Engels aangestel is!

Baie geluk met hierdie welverdiende aanstelling. Ons glo dat jou leierskap, jou toewyding, jou entoesiasme en jou passie ’n waardevolle bydrae tot ons skool sal lewer.

Ons wens vir jou alle voorspoed en sukses toe in hierdie nuwe rol. Mag dit ’n besondere hoofstuk in jou lewe wees - vol groei, sukses en mooi herinneringe!

Baie geluk!

Thursday, 5 May 2022

Baie geluk, Meneer!




Baie geluk met jou honneursgraad in onderwysbestuur, mnr. Johan Herbst. Tekkies is sommer baie trots op jou! 'n Graad wat 'n mens in die steelure van die nag moes doen, omdat jy altyd jou beste by die werk gee, ekstra klasse oor naweke en vakansies gee en dan ook nog betrokke is by buitemuurs, vra meer as net die ekstra myl. In die klein ure van die nag, as almal al slaap, is dit net jy, jou boeke en jou bekommernisse en wonder jy dikwels hoekom jy dit aan jouself doen. Maar op 'n dag soos vandag, as jy die toga om jou skouers hang en die graad in jou hande vashou, dan weet jy dat die min slaap, die baie sweet en die stilstand in jou sosiale lewe deur en deur die moeite werd was. Ons hoop dat hierdie maar net die begin is van nog 'n string grade en dat dr. Herbst eendag vir ons die vinger op die onderwyswond kan lê. Baie geluk!!