Showing posts with label Broodjies. Show all posts
Showing posts with label Broodjies. Show all posts

Wednesday, 16 October 2019

Gemeenskapdiens: die broodjieprojek

Die broodjieprojek van die skool word bedryf deur 'n span omgee-dames. En onder hulle geledere is daar ook twee hane. 'n Hartlike woord van dankie aan elkeen van hierdie spanlede wat sorg dat daar op 'n daaglikse basis 'n broodjie beskikbaar is, waar nodig.

Die cordon bleu-spanlede wat o.a. ham, maalvleis en ander lekkernye op die toebroodjies sit, is mnre. Mike Visagie en André van Dyk, mevv. Estia Greeff, Hester Bothma, Nelly Odendaal, Riana Crauwcamp, Bianca Kruger, Rika Vermaak, Lucinda van den Berg, Debbie Balios, Annelené Botes, Sheree Nieuwenhuis, mejj. Bo-dine Botha, Lizbe Sauer en Caryn Peterson. Die hart van die omgeeprojek is mev. Alet Harding se klas wat hier aan stuur van uitdeelsake staan.

Dankie aan elke personeellid wat ook in hierdie opsig die ongesiene, maar noodsaaklike ekstra myl loop.

Friday, 24 May 2019

n Groot dankie ...

Dankie aan die personeellede wat elke dag so getrou toebroodjies vir diegene maak wat dit nie so maklik het nie. Hierdie liefdesdaad gaan nie ongesiens verby nie.