Showing posts with label Sheree Gray. Show all posts
Showing posts with label Sheree Gray. Show all posts

Thursday, 21 November 2019

Baie dankie, mnr. Crauwcamp!

Daar is altyd iemand in die lewe wat 'n mens se pad kruis en jou lewe verryk, omdat hy dieper kyk, mense verstaan en altyd 'n helpende hand uitreik.

Francios het hierdie eksamen die pad met die graad 11's gestap. En saam met hom was die graad 11-registeronderwysers aan sy sy.

Om vir die lang ure wat hulle elke dag moes toesig hou, het hy vir hulle 'n in-die-tuin-ontbyt gereël - net om dankie te sê! En terwyl dit heerlik gereën het, het hulle sommer so stoeplangs geëet en gekuier.

Die staatmakers is Erick Litjamela, Holang Mohau, Vusi Manqana, Aletta Makgitla, Sheree Gray, Bianca Kruger en Caryn Petersen.

Thursday, 16 May 2019

HTS se Tekkie het sy eie vervoer!

HTS se Tekkie is nou gewiel en gespoor. Dankie vir al mnr. Mike Visagie en Louis Rademeyer se harde werk en baie ure in die werkswinkel.

Dankie, mev. Sheree Gray vir die foto's!

Thursday, 4 February 2016

Nuwe gesigte!



Drie nuwe personeellede het hulle by HTS Welkom aangesluit. Mnre. Vuzi Manqana en Siyabonga Khoza gaan Tegniese Wiskunde gee en mej. Sheree Gray is vir Ingenieursgrafika en ontwerp verantwoordelik. Op die foto is mnr. Siyabonga Khoza, mej. Sheree Gray en mnr. Vuzi Manqana
(foto: André van Dyk)