Showing posts with label Oorlede. Show all posts
Showing posts with label Oorlede. Show all posts

Wednesday, 13 May 2026

In Loving Memory ...

It is with deep sadness that we learned of the passing of one of our beloved learners.

On behalf of the management, staff, learners, and the entire school community, we extend our sincere condolences to the family, friends, and loved ones during this difficult time.

May the memories shared bring comfort and strength, and may his soul rest in peace.

You will forever remain part of our school family.

The school's flag symbolically hangs half-mast to pay respect to Karabo.

Tuesday, 1 April 2025

Rest in peace

It is with heavy hearts that we share the news of the passing of our dear colleague, Flyer Swanepoel.

Flyer was not just a teacher but a mentor, a friend, and an inspiration to everyone who had the privilege of working with him. His dedication to education and the care he showed for his students left a lasting impact on our school community.

Our thoughts are with his family, friends, and all whose lives he touched. You will be deeply missed, Flyer. Thank you for everything you gave to this school and the countless memories you’ve left with us.

Rest in peace.

Saturday, 21 September 2024

HTS groet Kabelo Moroka

'n Graad 12-leerder, Kabelo Moroka, is Sondag, 15 September 2024 oorlede. HTS se vlae hang halfmas vir jou! Die kunstenaar in jou het Sondag net stil geword en nooit weer sal jy 'n potlood optel om jou gevoelens op papier uit te druk nie. Jy het jou tekentalent in graad 4 ontdek en dit het jou passie geword. Sonder kunsopleiding het jy die talent gehad om emosie en gevoel in jou werk te sit. Jy het ook gesê dat as jy teken jy vryheid ervaar wat andersins nie moontlik was nie. 

Vandag het jou maats en familie jou gegroet. Te vroeg ... te gou!

Rus in vrede!

 

Klik HIER om een van Kabelo se kunswerke te sien.

Dankie, Israel Xaba, vir die foto.

Saturday, 27 July 2024

HTS groet Tyrell

Tyrell was die bemarker en sportbestuurder by HTS Welkom. Hy was 'n bekende en geliefde sanger, wat geen onbekende by die radioluisteraars was nie. Hy was die vorige stasiebestuurder van Radio GoldFM en 'n gewilde omroeper.

Dit is met groot hartseer dat ons die skool se vlag halfmas vir jou laat hang - 'n kollega, 'n vriend en 'n omgeemens wat altyd bereid was om die ekstra myl te loop. Ons sal jou altyd onthou vir jou positiewe persoonlikheid, vriendelikheid, hulpvaardigheid en jou lewensblyheid  - jou plek by die skool is leeg.

Tyrell was 'n natuurlike motiveerder en deel van sy lewensuitkyk was: Your flaws are the stepping stones towards becoming a better version of yourself.

Baie sterkte, kalmte, genade en aanvaarding word vir sy familie toegebid. Tyrell sal vir ewig voortleef in pragtige herinneringe.

Saturday, 9 April 2022

HTS groet Hester

Dit is met groot hartseer dat ons vanaand verneem het van Hester Bothma, HTS se sekretaresse se dood. Hester was vir meer as 20 jaar die inspirasie in die hartkamer van die skool.

Sy was ‘n kollega, 'n vriendin en 'n omgee-tannie met ‘n hart van goud. Sy het altyd gehelp waar sy kon. 'n Vriendelike sekretaresse wat altyd bereid was om die ekstra myl vir elke onderwyser te loop.

Sy was baie lief vir blomme, veral krismisrose. In beide haar en die hoof se kantore was altyd blomme uit haar tuin. Sy was al die jare verantwoordelik vir die groot blommerangskikkings van die skool se prysuitdelings en ander funksies.

Groente en suurlemoene uit die oorvloed van haar tuin, het dikwels ongesiens in die personeelkamer geland met sakkies, sodat elkeen na behoefte kon vat.

Sy het nooit 'n personeeluitstappie gemis nie, sy was hart en siel deel van die skool se melodramas. 

Hester se ander groot talent was kosmaak en onthaal. Sy en Riana het baie keer die spyskaart vir die matriekafskeid en personeelfunksies uitgewerk en voorgesit. Van peuselhappies kon jy haar niks leer nie.     

Haar kantoor was dikwels 'n miernes van bedrywighede, want die een wil iets hê, die ander iets gee, nog een soek 'n vorm of 'n telefoonnommer en aan almal het sy aandag gegee. Die ekstra stoel in haar kantoor, so half weggesteek in die hoek, was baie keer die biegstoel, want Hester kon goed luister, raad gee en verstaan waardeur mense gaan. Dikwels was 'n woord van bemoediging en 'n glimlag al wat nodig was, om dié een weer op die pad te kry.      

Hester se rykdom het in haar innerlike waarde gelê. Ons kan haar in twee woorde raakvat: dierbaar en kosbaar.

Hester, jou plekkie by HTS sal leeg wees, maar in ons harte sal jy altyd voortleef. Ons gaan jou ongelooflik mis, maar ons gun jou die rus.

Ons laat die skool se vlae halfmas vir HTS se juweel hang. Ons harte gaan uit na Hester se gesin en familie. Mag julle vrede daarin vind dat sy veilig is.

Tekkie-liefde

Die SAOU ADMIN-seminaar: 5&6 Junie 2018

Hester Bothma, Riana Crauwcamp en Estia Greeff

Die provinsiale tegniese kompetisie van 2019

Prysuitdeling 2019 en melodrama 2015

Prysuitdeling 2019 en melodrama 2011
Foto's en boodskappies HIER!

Monday, 6 April 2020

'n Vaste tyd ...


Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd. (Prediker 3:1)

Wanneer dit tyd word om te groet, kan ons dit doen met die wete dat die Here in beheer is en dat sy tydsberekening volmaak is.

Soms is dit makliker om tot siens te sê as andere kere. Soms groet ons met die wete dat dit net tydelik is. Ouers kan byvoorbeeld hulle kinders vrolik tot siens sê wanneer hulle hulle in die oggende wegsien skool toe, want voor die dag om is, is hulle weer tuis.

Partykeer is dit moeiliker om tot siens te sê, byvoorbeeld wanneer ons kinders of geliefdes wat in 'n ander land gaan woon, moet groet. Vroeër in hulle geskiedenis het die Iere, waar baie mense op 'n stadium geëmigreer het, hierna as die vloek van emigrasie verwys.

Om iemand vir wie jy lief is te verloor, is seker die seerste groet van almal. Die skeiding is so finaal. Christene kan hulleself egter troos met die wete dat omdat ons een in Christus is, geen afskeid finaal is nie. Die hartseer is egter 'n realiteit en slegs die Heilige Gees, die Trooster, kan ons in sulke tye krag gee en vertroos.

Daar word dikwels gesê dat wanneer soldate oorlog toe gaan, is diegene wat by die huis bly wat die swaarste kry. Dieselfde kan gesê word wanneer iemand sterf. Die familie en vriende wat agterbly, is hartseer en in rou gedompel.

Wanneer ons sterf, keer ons liggame terug na die aarde, want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer. Ons as Christene glo dat jou siel (die ware jy) gaan om by die Here te wees.

Danksy die Here se volmaakte tydsberekening glo ek dat ek dan gearriveer het by die huis van my Vader waarheen Jesus gegaan het om vir my 'n plek gereed te maak. (Johannes 14:2)

Wat 'n salige gedagte!

Gebed: Hemelse Vader, skenk aan ons die genade om te leef in die wete dat die beste nog voorlê. Dit bid ons in Jesus se Naam. Amen

Bron: Bybelgenootskap van Suid-Afrika, Vers-'n-dag

[Ons plaas hierdie vertroostingsboodskap wat in Maroela Media op 5 Sept. 2013 verskyn het, vir Mike Visagie, omdat met die inperking van Covid-19 daar eers later 'n diens sal wees.]

Sunday, 5 April 2020

Mike Visagie will be greatly missed ...

Mike was always lending a hand to others and reaching out when they were in need.”

He will be greatly missed and everyone here is saddened by his death. Know that our thoughts and prayers are with his family and friends during this difficult time.

With sincere sympathy.

[Photos: André van Dyk] 

Saturday, 4 April 2020

Mike Visagie ...

Mike, jou voetspore lê die hele skoolterrein vol. Honderde kilometers het jy al op hierdie stuk aarde gestap.

Vandag laat ons die skool se vlae halfmas hang vir jou - 'n mens en kollega wat ons altyd sal onthou en baie gaan mis.

As die skool weer begin, gaan jou plek leeg wees.

Baie sterkte, kalmte, genade en aanvaarding word  vir sy familie toegebid. Mike sal vir ewig voortleef in pragtige herinneringe.

Monday, 19 February 2018

Tuesday, 1 August 2017

Monday, 24 July 2017

We all have different journeys ...

Foto's:
Buhle Sigcawu en
André van Dyk.









Tshepo Ramotselisi graad 10

Karel Minnie graad 8







Thursday, 17 December 2015

Elsa Pretorius - personeellid vir 42 jaar!

Dit is met leedwese wat ons van die heengaan van mev. Elsa Pretorius, 'n jarelange personeellid van HTS verneem. 'n Mens dink terug aan haar met aangename herinneringe. Iemand met 'n geheue van 'n olifant - wat geen telefoongids nodig gehad het om nommers op te soek nie. Iemand wat altyd die ekstra myl geloop het en altyd professioneel in haar optrede was. Sy was maar net altyd daar, op die agtergrond, maar só effektief. Sy het jarelange verbintenis met die skool gehad, haar man was 'n onderwyser by HTS en later ook haar seun, Johann. Haar twee kleinseuns was albei betrokke en aktiewe Tekkies. En nou is haar dogter, Tanya , deel van die skool se personeel.

Ons gaan haar onthou vir haar vriendelikheid, mooi aantrek en hulpvaardigheid... 'n staatmaker... 'n steunpilaar!

Ons innige simpatie aan haar familie, mag julle krag ontvang, veral in hierdie feestyd!  

Onder is 'n personeelfoto van 1995. Elsa is vierde van links in die vierde ry, 'n gevierde mens!