Showing posts with label Lizbe Sauer. Show all posts
Showing posts with label Lizbe Sauer. Show all posts

Wednesday, 19 January 2022

Atletiekbyeenkoms

Mev. Bo-dine Minne wag vir die aangee-
stokkie van mej. Lizbe Sauer af.
HTS het besluit om 'n bietjie kaatjie van die baan te wees en vandag litte op die atletiekbaan los te maak, nadat Covid-19 ons almal gereduseer het tot onbetrokke toeskouers van TV-sport. En sonder om 'n spier te vertrek of liewer te verrek, het die dag 'n paar verrassings opgelewer.

'n Nommer wat ongekende belangstelling uitgelok het, was die laaste item op die program. Daar was vier professionele spanne wat die dag se gebeure op 'n hoë noot afgesluit het. Die mans- en damespersoneelspan aan die een kant en die jong energieke EA-span aan die ander kant. HTS se manspersoneelspan het loshande gewen, terwyl die damesspan met 'n laaste plek (on)tevrede moes wees.

'n Ampetlike klag is by die Atletiekunie (AU) ingedien wat tot 'n forensiese ondersoek gelei het, aangesien ongerymdhede vermoed is. 'n Antwoord is gouer op die tafel gesit as wat verwag is. Daar is bevind dat die uitslag op 'n tegniese punt gedebatteer kan word. HTS is 'n seunskool en met die sensitiewe ego's is dit van kritiese belang dat die uitslag korrek moet wees. Die einde word egter deur die begin bepaal en daarom is die verkeerde baanafmetings die antwoord op hierdie raaiselagtige laaste plek, wat die damespersoneel soos 'n man kan vat. 

Mnr. Erick Litjamela besig met
"ongeoorloofde" oefeninge tydens die item.



Monday, 8 June 2020

Bottels hoop in wording ...

Dankie aan al die Tekkie-dames wat bygedra het om hierdie projek 'n sukses te maak. Dankie ook aan Karin Herbst wat alles koördineer.

Harrison Ford het in 'n onderhoud gesê dat hy betrokke is by liefdadigheidsorganisasies omdat hy van die seëninge wat hy ervaar, wil gebruik om 'n positiewe bydrae tot die samelewing te lewer.
Die dames wat besig is met die laaste been van die bottels, is
mevv. Bo-dine Minne, Rika Vermaak, Karin Herbst, Bianca
Kruger en mej. Lizbe Sauer.   


Tuesday, 24 September 2019

Prebraaidag ...

Mnr. Deon Fourie, mevv. Karin Herbst, Alet
Harding en mnr. Johan Herbst 
As jy in die onderwys is, sal jy besef hoe belangrik pre- en posttoetse is wanneer daar ekstra klas gegee word. Só getrou aan hierdie beginsel, het die personeel 'n prebraai gehad die 20ste September 2019.

Braaidag is 24 September en die postbraai sal nadat die skole weer heropen het, plaasvind.

Viva braaivleis!!

Foto's: Lizbe Sauer
Mnre. Joost Matthysen, Quintos,Coetzee, Deon
Fourie, Vernon Harding, Francious Crauwcamp
en Tobie Louw. Mevv. Annelene Botes, Christa
Coetzee, Alet Harding, me. Caryn Peterson en
mnr. André van Dyk.

Wednesday, 21 August 2019

Natuurwetenskap-vasvra

Hierdie leerders het vanjaar aan die  natuurwetenskap-vasvra deelgeneem. Dankie aan mej. Lizbe Sauer wat so onvermoeid werk


Thursday, 9 May 2019

2019: SAOU-funksie ...

Mevv. Christa Coetzee, Annelené Botes en
Nelly Odendaal
In sommige sprokies is daar ook 'n broodkoning ...
Mnr. Pieter Swanepoel, mej. Lizbe Sauer en
mnr. Quintos Coetzee

Mnre. Quintos Coetzee, Tobie Louw, Bertus
Odendaal en Sarel Coetzee

Wednesday, 24 April 2019

Woensdag se papnat wedstryd ...

HTS wen teen Wilgerivier Hoërskool (Frankfort) 20-3.

Fotograaf: Lizbe Sauer





Saturday, 15 December 2018

Gholf-oefening vir die ongeoefendes ...

'n Paar van die personeellede het gaan balle slaan op die gholfbaan in Bothaville. Die enigste terugvoering was dat dit baie lekker was en dat dit 'n jaarlikse instelling moet word.

Fotograaf: Lizbe Sauer  


Friday, 7 December 2018

Vir botter of vir wors ...

Vrydag was die laaste dag van die lang admin-week, die kersie op die koek en in dié skool se geval, die wors op die vuur.

Na 'n lang week waar personeel aan punte, skedules, rapporte en Ed lab-kaarte gewerk het en hulle botter op hulle brood verdien het, het Johann Herbst besluit dat hierdie hardwerkendes 'n worsie op die kole verdien en daarom het hy sommer op eie inisiatief ingespring en almal genooi wat wou deel in die worsprojek, om sy of haar geldjie in die hoed te gooi en dan sou hy en Karen vir die res sorg.

Van die kommentaar wat Tekkie Tonic op die stoepe gehoor het, is dat dit van die lekkerste wors is wat hulle in 'n lang tyd geëet het. Nou wonder die redaksie of die geheim van die smaak in die wors of in die braaier se braaivermoë lê ...?

Twee van die personeellede het besluit om sommer hierdie geleentheid te gebruik om te ontstres en in plaas daarvan om die gym te besoek, het hulle sommer die "Worswals" van Nico Carstens om die vuur gedemonstreer aan die entoesiastiese gehoor.

Enige een wat belangstel in danslesse vir troues, matriekafskeide en ander funksies, kan die naam en nommer van die afrigters by die sekretaresse kry.

Dankie Johann en Karen vir die inisiatief! Dankie Lizbe vir die verewiging van die gebeurtenis.



Tuesday, 2 October 2018

Wetenskapspore in die lug ...

Tekkie Tonic se fotograaf loop so 'n bietjie op die terrein rond en loer ook by oop klaskamers in. Me. Sauer se wetenskapklas praat ... Leerders moet net gewillig wees om al hul sintuie te gebruik. Baie innoverend is al die inligting wat so van die dak afhang. Ongelukkig het die fotograaf nie 'n wyehoeklens om reg aan die plakkate te laat geskiet nie.

Me. Sauer is aktief betrokke by die natuurwetenskappe: sy is die distrik se PLC-groepleier, sy help met die olimpiades en is o.a. ook 'n beoordelaar by die jaarlikse ekspo vir jong wetenskaplikes.

Sterkte met alles, dis nie aldag maklik om wetenskap te onderrig aan nie-wetenskaplikes nie ...

Wednesday, 29 August 2018

Lig aan die einde van die tonnel ...

Die graad 8E-klas is ywerig aan die werk en luister aandagtig na me. L Sauer as sy vir hulle vertel van die breking van lig in die natuurwetenskapklas. Daarna het hulle prakties gedoen en duidelik het daar vir hulle lig opgegaan.

Hierdie deel van die werk is nie ligtelik opgeneem nie en 'n toets hieroor, sal bepaal wie te lig bevind gaan word ...

Ons lig 'n glasie op kennis! Sterkte 8E- ons hou julle punte met 'n valkoog dop!!

Thursday, 16 August 2018

Einstein's to be!
















Themba Motibe, Mthuthezeli Matholengwe,
Katleho Majola and Sicelo Tseletsele making
ready to write natural sience quiz round 3.
THS is so proud of them.
Photo: Lizbe Sauer

Tuesday, 7 August 2018

Natuurwetenskap-vasvra


Tekkies se span is 'n span om mee rekening te hou. Hulle het nie net oor hulle laat loop nie.
Hulle het 'n vierde plek behaal in die natuurwetenskap-vasvra. Hulle het 'n skrale vier punte minder as die wenners gehad.

Van links na regs: Katleho Majola, Mthuthezeli Matholengwe, Sicelo Tseletsele, Themba Motibe en me. Lizbe Sauer.