Showing posts with label Ventersburg. Show all posts
Showing posts with label Ventersburg. Show all posts

Sunday, 10 July 2022

Ventersburg-kamp: Onderhoud met een van die kampers

Een van Tekkie Tonic se junior joernaliste wat die afgelope week self in Ventersburg was, het 'n onderhoud met 'n klasmaat gevoer om so 'n bietjie meer uit te vind oor die winterskamp en wat die leerders daarvan dink.

Die vrae is deur Morena Mokoteli aan Siphesihle Mngomezulu gestel. 

Morena: Dit is my voorreg om vandag so 'n paar vrae vir jou te vra. Vertel vir die lesers van jou ondervinding by die matriekkamp.

Siphesihle: My ondervinding was bittersoet. Somtyds het ek soos 'n gevangene gevoel, want die reëls was streng. Somtyds het ek soos 'n koning gevoel, want ek het regtig baie lekker geëet.

Morena: (Lag) Mooi! Nou vertel ons van die akademie. Was daar goeie onderwysers en onderwyseresse?

Siphesihle: Die onderwyspersoneel was baie goed. Ons het baie geleer. My kennis van wiskunde en fisiese wetenskap het verbeter.

Morena: Hoe verskil die lewenstyl van die mense in Ventersburg van jou lewenstyl? Indien dit verskil, wat is jou les hieruit??  

Siphesihle: Dit lyk vir my asof die mense in Ventersburg armer is as die mense in Welkom, maar breingewys is hulle skatryk. Ek het geleer dat ek vir God moet dankie sê vir alles wat ek het. Ek moet dankbaar wees. Ek het ook geleer dat alle skole een groot oksimoron is - daar is goed en sleg.

Morena: Baie dankie. Ek het weer iets van jou geleer. Jy het wysheid en insig. My advies vir jou is dat die lewe kort is. Leef elke dag voluit.   

Friday, 8 July 2022

Ventersburgkamp: Dag 5 - Ventersterug ...

Welkom terug in Welkom!
 


Leerders is terug na 'n informatiewe week van kennis absorbeer, analiseer, verteer en dan liasseer. Aan stuur van die terugtog, is mnr. Sam Minne. Fotograwe Morena Mokoteli en Musa Memela het dit vir die rekord op kamera vasgelê. Aan die agterkant van die Sprinter is sakke en sakke bagasie. Is hierdie sakke vol kennis, kos, klere of is dit slegs 'n bondel vuil wasgoed op 'n Vrydag vir 'n Ma ?



Tuesday, 5 July 2022

Ventersburg Kamp: Dag 2



Die kaart van Ventersburg is net om Tekkie Tonic se oorsese lesers op datum te bring sodat hulle presies weet waar die sentrum van kennis in die Vrystaat is. Ek kan op julle foto, sowel as op die kaart sien dat dit baie koud is - die kaart is eintlik blou van die koue ...

Gebruik al die vars lug tot julle voordeel - haal diep asem en maak die gratis suurstof in die lug deel van julle studieprogram. Viva kennis!

Foto's: Musa Memela, Caryn Petersen