Showing posts with label Reünie 1993. Show all posts
Showing posts with label Reünie 1993. Show all posts

Wednesday, 10 January 2018

Schalk Jansen besoek die skool...

Mev. Alda Welman, Schalk Jansen en mnr. 
Henk van Vuuren.
Tekkie Tonic se instandhouer is besig met opruimingswerk op 'n baie deurmekaar lessenaar en 'n ewe deurmekaar "inboks".

Schalk Jansen het die skool die 29ste Augustus besoek en het solank kom voorbrand maak vir hulle klas se 25-jarige reünie wat hierdie jaar gehou gaan word. Sprake is dat dit in Welkom gehou gaan word en die groep het reeds 'n facebook-blad oopgemaak.

Hierdie foto is vinnig in die kantoor deur Schalk se vrou geneem en later skool toe gestuur.

Interessant van hierdie 1993-groep, is dat 27 leerders hulle bekwaam het as ingenieurs. Verskeie oudleerders is al oorlede en Henry Holthausen is een van hulle. Henry het ook heelwat van hulle se TT-tekeninge gedoen en hulle só uit die moeilikheid gehou...!

Schalk noem dat vertroue en respek deel was van die pakket wat 'n leerder by HTS gekry het. Hy sien nie meer hierdie eienskappe by vandag se leerders wat die skool verlaat nie.

Hulle was pouses ook besonder bedrywig en deel van hulle aktiwiteite was om resies te jaag - motorfies vs. fiets. Miskien kan Marius Swanepoel en Carl Steyn ons meer inlig. Die prys op die spel was R20,00 en 'n Tekkie-kêps!!

Tuesday, 29 August 2017

Schalk Jansen besoek die skool...

HTS het vandag besoek gekry van een van sy oudleerders, Schalk Jansen, wat in 1993 matriek geskryf
het. 'n Bondel stories het gestalte gekry en hierdie jaargroep beplan om volgende jaar 'n reünie in die hartjie van die Goudvelde te kom hou! Dit sluit die vele oorsese Tekkies in - julle vyf daar in Engeland - ons kyk uit vir julle!

Dit was heerlik om al die stories te hoor en Tekkie Tonic gaan van tyd tot tyd daarvan plaas - stuur asseblief nog stories na die e-posadres (aldawelman@gmail.com)...

Een van die vele staaltjies het gaan draai by die tugtiging van hulle wat moeilik gehoor het en daarom gereeld 'n besoek aan die hoof se kantoor moes gebring het. Die gang na die hoof se kantoor is lank en Schalk noem toe dat daar presies 47 blokkies is...