Showing posts with label Sukses. Show all posts
Showing posts with label Sukses. Show all posts

Thursday, 27 June 2024

Dink daaroor ...

Vir ons onderwysers ...

Hulle wat ons kinders leer
en hul gedagtes met feite
en idees fatsoeneer
wat deel in hulle prestasies.

Hulle wat raad gee en
'n liefde vir kennis inspireer,
waar hul waarheid die pad verlig
waar die jonges nog moet leer.

Want die toekoms skitter blink met elke les
en elke glimlag wat hulle verleng.
Nooit doen hulle minder as hulle bes
met elke doel wat hulle help bereik.

Want die opkoms van menige digter,
Koning of filosoof
het begin met 'n onderwyser
en die Wysheid wat hulle bring!

[Anoniem]

Thursday, 20 June 2024

Dink daaroor ...

Sukses:

As jy dink jy is verslaan, dan is jy ...
As jy dink jy durf nie, dan kan jy nie ...
As jy graag wil wen, maar dink jy kan nie,
is dit 'n uitgemaakte saak, jy sal nie ...
Sukses begin met 'n mens se wil,
dit is alles net 'n denkpatroon.

Die wenner van die lewe se geveg
gaan nie altyd na die sterker
of die vinniger man nie.
Maar gouer of later is die man wat wen
die een wat dink
hy kan.

[Anoniem]

Saturday, 10 February 2024

Die sleutel tot sukses

Wat is die sleutel tot sukses?

Is dit harde werk, lang ure of net intelligensie? Of moet jy bloot geniet wat jy doen ...?

Wanneer 'n geleentheid aan die deur klop, MAAK OOP!! Almal sal sukses beskryf uit hul perspektief en waarby hulle baatgevind het. Wat beteken dit vir my? Hierdie is 'n baie belangriker vraag as wat dit op die oog af lyk. En die heel belangrikste van hierdie vraag is jou antwoord. Maak seker dat jy die antwoord ken. 

Mense dink dat harde werk alles in die lewe is ... dat harde werk alle drome, wense en begeertes sal vervul, maar harde werk sonder passie is soos 'n swerwer sonder rigting.

As jy geniet wat jy doen, dan word dit 'n stokperdjie en jy spandeer baie tyd aan jou stokperdjie. Dis 'n algemene feit dat as jy baie tyd aan iets spandeer, dan bemeester jy dit. Jy word 'n meester van jou belangstelling. Jy kan 24/7 daaroor praat, sonder dat dit jou verveel.

Vergeet van geld, geld is nie alles in die lewe nie. Meer geld - meer probleme. Meer kennis - meer oplossings. Die wonderlike ding van die lewe is dat niemand weet wat in die toekoms gaan of kan gebeur nie. Jy kan jouself net voorberei, so goed as wat dit vir jou moontlik is. Jou prioriteite moet reg wees en jy moet 'n ernstige gesprek hê oor wat vir jou belangrik in die lewe is. Daar is 'n spreekwoord wat sê dat bloed dikker is as water, daarom moet jou familie voor jou bloedrooi sportmotor kom, voor die duur goue horlosie, maar na jou geloof.

Geen mens kan alleen sukses bereik nie. Almal het 'n rots nodig waarop jy jou huisie kan bou, waar jy jou vuurtjie kan maak om jou teen die koue van die lewe te kan beskerm. Bou jou huis op sukses, bou jou huis op Christus. Dit is altyd moeilik, maar dit is nooit verkeerd nie. Moet nie hard werk nie, werk slim. Die wyse mense vertel ons dat hulle 99 keer misluk het, en die 100ste keer het hulle geslaag. Moet nooit 'n droom opgee omdat dit te moeilik is nie. Glo aan jou droom, jaag jou droom na, misluk liewer 99 keer en slaag die 100ste keer. Dis jou lewensdroom ... jou toekoms ... jou lewe!

Swart op wit is jou lewe klaar neergeskryf in 'n boek, weggebêre in 'n kassie. Al wat jy kort, is 'n sleutel tot sukses!!

[Theano Oosthuizen, Dux-leerder van 2022. Met hierdie wyse woorde wat hy reeds in Junie 2022 geskryf het, wil hy die graad 12's van 2024 uitdaag om hul akademie met passie aan te pak en hul skoolloopbaan suksesvol af te sluit. Onthou, die sleutel tot 'n suksesvolle toekoms is in jou hande.]    

Monday, 18 May 2020

Sunday, 5 May 2019

Kyk na die natuur en leer ...

Gaan kyk na ‘n appelboom. 

Daar kan 'n honderd of selfs vyfhonderd appels aan 'n boom wees, elk met tien sade in die kern. Dit is 'n klomp sade vir een so 'n boom. 'n Mens kan maklik vra: "Hoekom het 'n mens so baie sade nodig net om te verseker dat 'n paar ekstra appelbome sal opkom?"

Die natuur het iets om ons te leer. Dit vertel ons: "Baie van die sade groei nooit nie. Dus as jy wil hê dat iets moet gebeur, moet jy beslis bereid wees om meer as een keer te probeer."

Dit mag beteken dat ...
jy twintig onderhoude sal moet bywoon om een werk te kry.
jy met veertig mense onderhoude sal moet voer om een goeie werknemer te kry.
jy met vyftig mense sal moet praat om aan hulle 'n huis, 'n motor, 'n polis of 'n idee te verkoop.
jy 'n honderd kennisse sal moet ontmoet om een spesiale vriend te vind.

Wanneer ons die "wet van die natuur" verstaan, sal ons nie so maklik teleurgestel word nie. Ons sal ophou om soos slagoffers te voel. Die wet van die natuur is nie iets wat persoonlik opgeneem moet word nie. Ons moet dit net verstaan en daarmee saamwerk.

In ‘n neutedop kan ons dus sê: Suksesvolle mense faal dikwels. Hulle plant egter meer saad as die onsuksesvolles.

Thursday, 25 October 2018

Monday, 21 May 2018