Showing posts with label Sam Minne. Show all posts
Showing posts with label Sam Minne. Show all posts

Monday, 19 December 2022

'n Opregte Tekkie-dankie

Ons sê te min dankie. Ons sê te min opreg dankie. Dankie wat uit die hart kom. 2022 het aan almal uitdagings gestel en aan al die werkers wat hulle deeltjie gedoen het, 'n GROOT DANKIE vir die jaar se werk.

Die werk wat ons doen, is nie noodwendig ons eerste keuse nie. Baie keer is dit die enigste werk wat ons pad kruis. Die geheim is om dit wat jy doen, te geniet en so goed as moontlik te doen. Maar dis makliker gesê as gedaan, want ons is mense ...

Dr. Martin Luther King jr. het dit so opgesom: As ‘n man geroep word om ‘n straatveër te wees, moet hy strate vee soos Michelangelo geverf het, Beethoven gekomponeer het en Shakespeare gedig het. Hy moet strate so goed vee dat die hemel en aarde sal stilstaan en sê: ‘Hier het ‘n uitstekende straatveër gebly wat sy werk goed gedoen het.’”

So, wees ‘n straatveër, maar wees die beste straatveër in die wêreld.

Aan elkeen van die Tekkie-werkers, wat 'n heerlike ontspanne kuierdag by die rugbylapa deurgebring het, mag julle Kersfees geseënd wees en baie voorspoed vir 2023 met al die nuwe uitdagings wat al klaar lê en loer. Ons sê nie gereeld en genoeg dankie vir die verskil wat julle maak nie.

Friday, 8 July 2022

Ventersburgkamp: Dag 5 - Ventersterug ...

Welkom terug in Welkom!
 


Leerders is terug na 'n informatiewe week van kennis absorbeer, analiseer, verteer en dan liasseer. Aan stuur van die terugtog, is mnr. Sam Minne. Fotograwe Morena Mokoteli en Musa Memela het dit vir die rekord op kamera vasgelê. Aan die agterkant van die Sprinter is sakke en sakke bagasie. Is hierdie sakke vol kennis, kos, klere of is dit slegs 'n bondel vuil wasgoed op 'n Vrydag vir 'n Ma ?



Friday, 18 February 2022

High 5: A jack of all trades and master of all ...



Hierdie mense is maar dun gesaai, en as jy so 'n persoon ken, moet jy sy nommer as spoedoproep op jou foon stoor. Hulle hande staan vir niks verkeerd nie en boonop het hulle altyd 'n plan B, C, D, ens. Een van ons personeellede is so 'n man. Sam Minne - as daar nie 'n pad is nie, bou hy 'n pad! Hy is nie 'n man wat verskonings uitdink nie, maar eerder na oplossings soek. As jy nie 'n grassnyer het nie, bou jy sommer vir jou een. Hier staan hy by sy jongste plan C - met al die baie reën, groei die gras baldadig en uitbundig lank - te min grassnyers is op die stadium die groot probleem of moet ek liewer sê ... was die groot probleem ... 

'n GROOT HIGH 5 vir al die projekte, planne en harde werk wat jy in die skool inploeg. Jy is 'n yster!! 

Saturday, 13 June 2020

Vandag ... 'n week terug ...

Klik HIER om te sien wie het verlede
Saterdag die knoop deurgehak.