Showing posts with label Tekkie-trots. Show all posts
Showing posts with label Tekkie-trots. Show all posts

Thursday, 16 May 2019

HTS se Tekkie het sy eie vervoer!

HTS se Tekkie is nou gewiel en gespoor. Dankie vir al mnr. Mike Visagie en Louis Rademeyer se harde werk en baie ure in die werkswinkel.

Dankie, mev. Sheree Gray vir die foto's!

Friday, 7 September 2018

Tekkie-trots: Tekkie van die maand - die graad 9B's

Mev. Melissa Broodryk voel dat die graad 9B's die benoeming "Tekkie van die maand" uit en uit verdien. Hulle het haar Blou Vrydag van kleur laat verander toe hulle haar klas skoongemaak het en die stukkende deurslot reggemaak het, nadat die graad 9D's haar klas gevandaliseer het. Hulle het dit ongevraagd en met entoesiasme gedoen.

Dankie 9B's - die leiers van môre!     

Monday, 13 August 2018

Tekkie-trots: Tekkie van die maand

Twee hardwerkende Tekkies het sowaar die middag voor Vrouedag, administratiewe take help voltooi, asook C11 skoongemaak.

'n Wonderlike gesindheid as 'n mens dink dat die skool dié betrokke dag ook nog vroeër as gewoonlik uitgekom het.

SAGE-manne, debatteerders en manne van karakter - Kamohelo Majara en Shaun Mmutsi!