Showing posts with label Storm. Show all posts
Showing posts with label Storm. Show all posts

Tuesday, 21 April 2026

Die storm ontsien geen boom

15 Desember 2021 het daar een van die groot reuse geval en Sondag, 19 April 2026 het tydgenote van hierdie boom ook besluit om te swig voor die aanslae van die wind en reën van die afgelope tyd.

Klik HIER vir foto's.

Saturday, 18 December 2021

15 Desember - die laaste dag vir die onderwysers en die boom ...

Na die einde van 'n besondere lang jaar (of so het dit meer as een dag gevoel), het die skool op 15 Desember vir die onderwysers gesluit. En dit is asof die natuur net 'n streep wou trek en die finale sê wou sê ... tydens 'n storm daardie aand, is die skoolpad toegemaak.

'n Mens kan ook 'n bietjie dieper na die saak kyk en tot die gevolgtrekking kom dat hoë bome die meeste wind vang. 'n Goeie afleiding is dat 'n seder nie net in Waterkloof geval het, volgens PG du Plessis nie, maar dat daar ook nou 'n seder in Welkom geval het. En helaas, hoe groter die boom, hoe swaarder die val. 2021 se einde het boomgewys dalk 'n belangrike feit onderstreep en dit is dat terwyl die onderwysers besig is om jong boompies te buig, daar ook na jong boompies in die tuin gekyk sal moet word.