Sunday, 12 May 2024
Sy inspireer my!
Sunday, 1 May 2022
Matrieks, dis nooit te laat nie!
Andile Tshibiyane besoek HTS op 'n gereelde basis om die matrieks te motiveer en vir hulle moed in te praat. Hy was in 2018 die gasspreker by die matrieks se ontbytsessie. Hy was al die wêreld oor en hy het sy elektroniese ingenieurs-, sowel as 'n honneursgraad suksesvol aan die Nanchang Universiteit voltooi. In sy eerste jaar was hy die topstudent van die buitelandse studente en hy het deurgaans die hoë profiel gehandhaaf.
Hy het Vrydag vir graad 12B kom vertel hoekom dit so belangrik is dat jy jou houding teenoor jou toekoms en teenoor jou studies en punte moet verander. Jy moet ook baie mooi dink oor jou vriende en die rol wat jou vriende in jou lewe speel. As julle mekaar nie inspireer en motiveer nie, is julle nie ware vriende nie. Matrieks, maak JOU vanjaar die prioriteit in jou lewe - en werk omdat jy belangrik is.
'n Uiters belangrike wenk vir die 12B's: Werk as 'n groep saam, ondersteun mekaar, verduidelik die werk vir mekaar en wees mekaar se mentor. (Sy klas was die eerste lede van die Tekkie-mentorklub en gaan kyk vandag waar staan die mentorlede in die samelewing,)
Raak betrokke, reik uit en doen baie meer as jou beste.
Klik HIER en HIER (hy vertel van sy eerstejaar, asook hoe hy die Mandarynse klasse ervaar), ook HIER en HIER vir nog foto's van dié suksesvolle oudleerder.
Tuesday, 14 December 2021
Thursday, 11 November 2021
Monday, 13 September 2021
Wednesday, 11 August 2021
Tuesday, 13 July 2021
Sunday, 13 June 2021
Thursday, 13 May 2021
Monday, 12 April 2021
Saturday, 13 March 2021
Thursday, 11 February 2021
Wednesday, 30 December 2020
Teugblik 2010 - Kamohelo Mangoejane
![]() |
| Kamohelo op die skouers van sy klasmaats 2010 |
Op skool het Mangoejane aan die 400H en 110H deelgeneem. In 2010 stel hy 'n stadionrekord in Bloemfontein op vir seuns O/19.
Hy was 'n inwoner van JBM-koshuis by UOVS. Hy was gereeld op die sportkanale van TV te sien, waar hierdie hekkiesatleet die wêreld aan die brand gehardloop het. Hy was sommer vroeg-vroeg deel van die senior VS-atletiekspan en het in 2012 sy VS-kleure verwerf.
Die atleet van Fischerstraat 31, Dagbreek, Welkom is duisende kilometers van sy geliefdes in 'n ongluk in Amerika oorlede. Ons by HTS onthou hom as 'n stil, baie gedissiplineerde, spontane en hulpvaardige leerder, wat nie geskroom het om te help, waar hulp nodig was nie.
Tuesday, 23 October 2018
Saturday, 11 August 2018
'n Ingenieur in wording ...
Sterkte met die laaste skof ...
Thursday, 3 May 2018
Oudleerders besoek die skool...
Tuesday, 12 September 2017
Isaac Akinwotu
Op 15-jarige ouderdom het hy in 2013 matriek lag-lag geslaag.
Hy word deel van die administratiewe personeel en na 2 jaar slaag hy daarin om 'n beurs te verwerf om verder in die wetenskappe te studeer. (Dit wil voorkom asof leerders wat te jonk is, nie so suksesvol met beurse is nie.)
Duidelik spreek sy uitslae boekdele. In sewe vakke behaal hy onderskeidings, met 'n paar in die 90%. Hier is die man besig met prakties. Isaac, hou so aan - ons hou jou vordering met valkoë dop!









