Showing posts with label Musiek. Show all posts
Showing posts with label Musiek. Show all posts

Sunday, 28 June 2020

Elke Sondagaand ...

André van Dyk het elke Sondagaand en Vrydagaand 'n heerlike musiekprogram wat van Panama uitgesaai word.

Klik HIER om deel daarvan te wees. Vanaand se program begin om 20:00

Verdere inligting HIER!

Sunday, 19 April 2020

André van Dyk - musiekaanbieder


So stil-stil gebeur daar interessante dinge met die personeel. André stel twee programme van 'n uur elk elke week saam vir Musical Venture Radio. Die eienaar van die radiostasie is in Panama gestasioneer. Hy neem die program vooraf op en stuur dit dan so luglangs Panama toe.

Die twee programme waarvoor hy verantwoordelik is, is ...

Vrydagaand 19:00 - Hartsmusiek
Sondagaand 20:00 - Krip na Kruis

Gebruik die adres hieronder om die app af te laai en klik dan net "play".  Of klik HIER om by die app uit te kom.

https://play.google.com/store/apps/details?id=com.radiobossfm.custom1

Lekker luister.

Friday, 3 April 2020

'n Vinnige Vrydag-terugflits - 2012

Nceba Mgojo net na die keuringsonderhoud
wat die dosente van NWU-Pukke (Noordwes-
Universiteit Potchefstroom) met hom
gevoer het. Hy het kop en skouers bo die
ander kandidate uitgestaan. Viva musiek!! 
HTS se koor in 2012. Hierdie leerders het skoonskip
gemaak in verskeie afdelings waaraan hulle deelgeneem
het. Op die voorgrond is Nceba Mgojo met die trompet -
'n blaasmeester as dit by musieknote kom. Deesdae deel Nceba
sy liefde vir musiek met die leerders van die skool,
nadat hy musiek aan die Pukke studeer het.
Regs staan mev. Malinda Anderson, Nceba se mentor,
wat musieknote kon toor uit die Tekkie-manne.

















Thursday, 5 March 2020

Gaan koop die nuwe Enthooz ...

En gaan lees gerus van die verskuilde talent onder HTS se personeel!