Sunday 31 January 2016

Saturday 30 January 2016

Tekkies is wenners!


Vir elkeen wat vandag van vroeg af aan die gang is, julle verdien
'n eerste plek!!
























Die Sasol-medaljewenners!!


Die glimlag van 'n wenspan!!!






















Richard Owuru met 'n goeie tweede plek!






















Die span spog met 'n derde plek!






















Hierdie manne het 'n derde plek los gehardloop!

Viva die mense in die agtergrond!!


Kamogelo  Malekutu en Ushupeng Kgwele maak dit vir die atlete
maklik om deel te neem. Twee regte raakvatters!!
 

Agter elke suksesvolle man, is 'n vrou en agter elke suksesvolle
Tekkie-atleet is sy afrigter, spanbestuurder en helpers!!

Deelnemers aan die SASOL KFC-atletiekbyeenkoms!

Mpho Maphori, HTS se junior Victor Ludorum vir 2016!!

Hier is van die Tekkie-atlete op die pawiljoen. Voor is Lebohang
Tlali, HTS se senior Victor Ludorum, vir 2016.


48 van die oulikste Tekkies sit vandag op die pawiljoen in
Sasolburg! Hulle is ware ambassadeurs van die skool en ten
spyte daarvan dat die seuns al 5:00 van die skool gery het, is
hulle op en wakker en neem hulle met entoesiasme deel.
Op die agtergrond is mnr. en mev. Harding wat die
spanbestuurders van die groep oulike atlete is!!   


Friday 15 January 2016

Wednesday 13 January 2016

Matriekuitslae 2015!

HTS het vanjaar 'n 90.24% slaagsyfer, teenoor die provinsiale slaagsyfer van 81%. Gelukkige matrieks se vreugdekrete kon kilometers ver gehoor word....

Baie geluk aan elke matrikulant en hul ouers met u kind se uitslae. Ons is baie trots op elkeen van julle.  Baie geluk en dankie ook aan elke personeellid vir u toegewydheid, ekstra klasse en leiding aan die kinders.

Baie dankie aan ons Skepper wie se Genade en Liefde vir ons onuitspreeklik groot is.

Die minister van onderwys, me Angie Motshekga, het tydens die bekendmaking van die 2015-matriekuitslae gesĂȘ die verwerwing van ’n matrieksertifikaat is nie ’n naelloop nie, maar ’n marathon van 13 jaar. Die vaslegging van basiese vaardighede in die grondslagfase, soos lees, skryf en wiskunde, is van die belangrikste boustene wat gelĂȘ word in die uiteindelike suksesvolle verwerwing van ’n matrieksertifikaat.

Verder word vaardighede soos analitiese en kritiese denke, probleemoplossing en lewensvaardighede soos tydbestuur en studievaardighede, alles oor die volle duur van ’n leerder se skoolloopbaan bemeester; deur die aktiewe deelname aan  ouderdomsgepaste leergeleenthede.

Leerders wat nie vanjaar matriek geslaag het nie, moet weet dat dit nie die einde is nie, en dat mislukking deel van die leerproses is – aanhouer wen!  

Leerders wat nou hul matrieksertifikate en/of universiteitsvrystelling verwerf het, moet besef dat dit die begin van ’n nuwe lewensfase is. Die uitdaging is nou om werk of toegang tot naskoolse opleiding te kry om hulle verder te bekwaam vir hul beroepe. Leerders wat nie suksesvol was nie, moet ook ander opleidingsopsies oorweeg, veral waar daar vaardighede en ’n vakleerlingskap aangeleer kan word.

Tekkies, daar is groot tekorte in bedrywe waar vakleerlingsvaardighede gebruik word, en daar bestaan goeie loopbaangeleenthede vir mense wat bereid is om hulself daarin te laat oplei.

Gebruik die kans, julle het tegnies 'n voorsprong!!


Best wishes to everybody for the new school year.


2016
Enjoy the opportunity to make a difference!


Tuesday 12 January 2016

For the grade 12's!!

























Term
Duration
Number of weeks
Number of days
Number of public holidays
Actual number of school days
1
(11) 13 Jan - 18 March
10
48 (50)
0
48 (50)
2
5 April - 24 June
12
59
3 + 1
55
3
18 Jul - 30 Sept
11
55
1 + 1
53
4
10 Oct - 7 (9) Dec
9
43 (45)
0
43 (45)

Total
42
205 (209)
4 + 2
199 (203)

- Dates and days in brackets ( ) are applicable to educators!!

Sunday 10 January 2016