Showing posts with label Klavier. Show all posts
Showing posts with label Klavier. Show all posts

Tuesday, 11 December 2018

Spyt kom altyd te laat, maar nie hier nie!


Die skoolhoof se tweede laaste projek van die jaar, was om die klavier in André van Dyk se kuns- en kultuurklas 'n tweede lewe te gee. Hierdie klavier was al die jare in die koshuis en het later in onbruik verval. Mnr. Swanepoel het dit van die koshuis laat kom, en die klavier se uiterlike 'n "face lift" gegee.

Daar kan nou werklik gesê word dat die klavier weer op eie pote kan staan.

Tekkie Tonic het 'n paar foto's in die hande gekry, waar die skoolhoof met die laaste afrondingswerk in aksie gesien kan word.

Foto's: André van Dyk

 


Die hoof besig om 'n laag vernis op die klavier
te spuit!
 

Thursday, 6 December 2018

Die groot trek van kuns en klavier ...

Mnr. André van Dyk het van klas verwissel. Dit was nou werklik 'n groot trek. Nie alleen moes hy die gewone boeke, tafels en kunswerke skuif nie, hy moes ook die klavier van die D-blok na die A-blok skuif en daarna trap op tot by A26.

Gelukkig het die skoolhoof, mnr. Pieter Swanepoel, die logistiek van die trek van die klavier hanteer - was dit maar 'n trekklavier, dan was heelwat minder mannekrag nodig!!

En stuk-stuk neem die kuns- en klavierklas weer vorm aan en teen die tyd dat die skool in 2019 begin, sal mnr. André baie note op sy sang hê.  Viva die trekklavier ...