Saturday 31 August 2019

Friday 30 August 2019

Thursday 29 August 2019

Wednesday 28 August 2019

Tuesday 27 August 2019

Monday 26 August 2019

Sunday 25 August 2019

Saturday 24 August 2019

Basketball

Game 1
HTS wins against Harmony: 60 - 59

Game 2
HTS wins against WHS: 41 - 40

Well done, Lesala and team! You are brilliant!

Tekkie Sewes ...

Vandag was nie die 7's se dag nie. Die o/17 verloor 12-17 in die ekstra time with golden score teen Ladybrand. Die o/15 verloor 7-27 in die finale ten Blouskool.

Foto's: Mnr. JD van den Berg  

Mnr. Van Vuuren, hierdie is die Vrystaat en nie die
see nie ... al tuur mnr. hoe ver die verskiet in!

The most important thing in communication ...


Friday 23 August 2019

Thursday 22 August 2019

'n Afrikaanse ekstraklas met 'n verskil ...

Kyk mooi na hierdie foto's. Tussen die dertig matrieks, sit daar 'n graad 8-mannetjie. En tot ons bittere skaamte, is sy voorstelle vir vraestel 3, beter as ons s'n. Mnr. Kabelo noem hom "Bundle of Joy." Vir ons voel hy meer na 'n "Bundle of Knowledge." Dit is net jammer dat ons hom nie in die eksamenlokaal kan insmokkel nie - dink net aan ons punte ...

Kgosana Moeketsi 

Your education is a dress rehearsal ...


Wednesday 21 August 2019

Die eerste dag van ons Septembereksamen ...

Ons matriekjaar is verby. Hier staan ons voor die eksamenlokaal en ons besef hierdie jaar het vinniger verby gevlieg, as wat ons verwag het.

Is ons gereed? Tyd sal leer - miskien moes ons meer geleer het, maar nou lê hef aan voor.

Foto's: Kgosana Moeketsi

Waar sit ek?


Het iemand my naamkaartjie gesien?

Moet ek tussen die lyne lees?

Nadat ons klaar geskryf het en uit die saal gekom het, word ons die ooggetuies van die ongeluk tussen die koshuis en die skool. (En ek is nogal deel van die Road Safety-span ...?)

Ek hoop van harte dat daar nie enige verband tussen die ongeluk en ons eksamen is nie. Mev. Welman sê altyd: "Lees tussen die lyne." of "Wat is die simboliek van hierdie of daardie gebeurtenis?"

Natuurwetenskap-vasvra

Hierdie leerders het vanjaar aan die  natuurwetenskap-vasvra deelgeneem. Dankie aan mej. Lizbe Sauer wat so onvermoeid werk


The purpose of education ...


Tuesday 20 August 2019

Monday 19 August 2019

Moenie vir wolf skaapwagter maak nie ...

Alex, saam met Tumelo se metgesel
Die graad 11's is nie altyd so onskuldig soos wat hulle lyk nie. Wees dus gewaarsku - 'n jakkals verander van haar, maar nooit van snaar!

Nog foto's hier.

Foto's: Kgosana Moeketsi



Your life is your message to the world ...


Happiness tips ...


Sunday 18 August 2019

Congratulations to this team!!

Our boys have won the 1st place in the department of roads and transport PET (Participatory Educational Techniques) competition. They really showed dedication in the week they had to prepare a presentation against 3 schools in the district that have been in the competition since it begun. They are proceeding to the provincial. (Joshua Monyane)

Photos: Joshua Monyane and Alex Manise

Shaun Mmutsi and Alex Manise

Shaun Mmutsi, Alex Manise, Kgosana
Moeketsi and Thato Parnell

Joshua Monyane and his excellent team


Prince Motaung,  Kgosana Moeketsi, Alex Manise,
Thato Parnell and Shaun Mmutsi

Mornings are God's way of saying more time ...


Saturday 17 August 2019

Matriekafskeid 2019 ...

Foto's:  Nceba Mgojo, Alex Manise, Lesala Khetheng en André van Dyk

Nog foto's hier!


Friday 16 August 2019

Ebi se hart sit op die regte plek ...

Ebi Coetzer, 'n graad 11-leerder, doen so stil-stil gemeenskapswerk en maak harte bly so ver soos wat hy sy voetspore los. Vrydag het hy klere en ander noodsaaklikhede by Die Tandemuis/Dogs of War Bikers Klub se gemeenskapsarm gaan afgee. Alida Hiles is die persoon met die "smiles" wat die skenkings in ontvangs geneem het.

Ebi is aangewys as mnr. Welkom 2019. Hierdie titel gee hom 'n platform om van te werk. Sterkte vorentoe met al die mooi werk wat jy doen, Ebi!!

'n Verandering is so goed soos 'n vakansie ...

Mnr. Pieter Swanepoel, besig om "high
fives" uit te deel vir hardwerkende
personeel wat die ekstra-ekstra myl
geloop het.
'n Vroeë oggend opening met skriflesing en gebed is Vrydagoggend in die buitelug gehou - 'n eerste in die skool se geskiedenis. Die personeelkamer is ontruim om skoongemaak te word vir die matriekafskeid. Mnr. Francois Crauwcamp het gevoel dat die matriekafskeid elke jaar net duurder en duurder word en dat matrieks om daardie rede nie die afskeid kan bywoon nie. Hy het 'n kosteberekening gaan doen en besluit dat 'n lae-koste-matriekafskeid moontlik is en met behulp van baie gewillige hande, het dit 'n realiteit geword. Mevv. Hester Bothma en Riana Crauwcamp (die twee kantoortannies) het hulle oortref met die spyskaart. En 'n matrieksafskeid is vir baie minder per persoon aangebied, as wat 'n mens by selfs Spur kan gaan eet! 

'n Eerste, maar beslis nie 'n laaste nie. Tekkie-ouers is nie halfpad bankrot na hierdie matriekafskeid nie! En hulle glimlag van oor tot oor ... (Hulle bankbestuurder ook!!)


Foto's: Aletta Makgitla 


Never make fun of someone ...