Showing posts with label Mike Visagie. Show all posts
Showing posts with label Mike Visagie. Show all posts

Saturday, 11 July 2020

Flashback Friday: Mike Visagie 2/9/53-4/4/20

Nog 'n paar foto's van 'n betrokke en hulpvaardige Mike


Friday, 10 July 2020

Tuesday, 7 April 2020

Mnr Visagie ...


A tribute from Alex Manise
Alex Manise

One of the most energetic people we've ever known at school. 

He had one of those qualities of "Hard work". We never needed a shoulder to lean on when we maybe lost our books or bags or even forgot them in one of the teachers' classes. He would come open for you to take what's yours and yours only. He would ask you: "Why did you leave it in the first place?" But that sentence question is what made us remember that we are young adults, we need to take responsibility for our own bags, books and stationery. His question will leave you with a mind of remembrance. You would never leave your stuff lying around because of him.

He was an absolute best. He would never let children on the school premises during class time. He would chase you with his stick to class, until you see that he actually cares about our futures.

R.I.P Mnr Mike Visagie 💔

Monday, 6 April 2020

'n Vaste tyd ...


Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wĂȘreld het sy tyd. (Prediker 3:1)

Wanneer dit tyd word om te groet, kan ons dit doen met die wete dat die Here in beheer is en dat sy tydsberekening volmaak is.

Soms is dit makliker om tot siens te sĂȘ as andere kere. Soms groet ons met die wete dat dit net tydelik is. Ouers kan byvoorbeeld hulle kinders vrolik tot siens sĂȘ wanneer hulle hulle in die oggende wegsien skool toe, want voor die dag om is, is hulle weer tuis.

Partykeer is dit moeiliker om tot siens te sĂȘ, byvoorbeeld wanneer ons kinders of geliefdes wat in 'n ander land gaan woon, moet groet. VroeĂ«r in hulle geskiedenis het die Iere, waar baie mense op 'n stadium geĂ«migreer het, hierna as die vloek van emigrasie verwys.

Om iemand vir wie jy lief is te verloor, is seker die seerste groet van almal. Die skeiding is so finaal. Christene kan hulleself egter troos met die wete dat omdat ons een in Christus is, geen afskeid finaal is nie. Die hartseer is egter 'n realiteit en slegs die Heilige Gees, die Trooster, kan ons in sulke tye krag gee en vertroos.

Daar word dikwels gesĂȘ dat wanneer soldate oorlog toe gaan, is diegene wat by die huis bly wat die swaarste kry. Dieselfde kan gesĂȘ word wanneer iemand sterf. Die familie en vriende wat agterbly, is hartseer en in rou gedompel.

Wanneer ons sterf, keer ons liggame terug na die aarde, want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer. Ons as Christene glo dat jou siel (die ware jy) gaan om by die Here te wees.

Danksy die Here se volmaakte tydsberekening glo ek dat ek dan gearriveer het by die huis van my Vader waarheen Jesus gegaan het om vir my 'n plek gereed te maak. (Johannes 14:2)

Wat 'n salige gedagte!

Gebed: Hemelse Vader, skenk aan ons die genade om te leef in die wete dat die beste nog voorlĂȘ. Dit bid ons in Jesus se Naam. Amen

Bron: Bybelgenootskap van Suid-Afrika, Vers-'n-dag

[Ons plaas hierdie vertroostingsboodskap wat in Maroela Media op 5 Sept. 2013 verskyn het, vir Mike Visagie, omdat met die inperking van Covid-19 daar eers later 'n diens sal wees.]

Sunday, 5 April 2020

Mike Visagie will be greatly missed ...

Mike was always lending a hand to others and reaching out when they were in need.”

He will be greatly missed and everyone here is saddened by his death. Know that our thoughts and prayers are with his family and friends during this difficult time.

With sincere sympathy.

[Photos: AndrĂ© van Dyk] 

Saturday, 4 April 2020

Mike Visagie ...

Mike, jou voetspore lĂȘ die hele skoolterrein vol. Honderde kilometers het jy al op hierdie stuk aarde gestap.

Vandag laat ons die skool se vlae halfmas hang vir jou - 'n mens en kollega wat ons altyd sal onthou en baie gaan mis.

As die skool weer begin, gaan jou plek leeg wees.

Baie sterkte, kalmte, genade en aanvaarding word  vir sy familie toegebid. Mike sal vir ewig voortleef in pragtige herinneringe.

Thursday, 16 May 2019

HTS se Tekkie het sy eie vervoer!

HTS se Tekkie is nou gewiel en gespoor. Dankie vir al mnr. Mike Visagie en Louis Rademeyer se harde werk en baie ure in die werkswinkel.

Dankie, mev. Sheree Gray vir die foto's!

Monday, 22 April 2019

Tekkie se tweede asem ...

HTS se Tekkie het vir 'n "face lift"gegaan. Die ouderdom en die Tekkie se betrokkenheid by sportaktiwiteite en gr. 8-verwelkoming het 'n paar merke gelaat. Onder mnr. Mike Visagie se wakende oog en leiding, is nuwe lewe aan hierdie mobiele Tekkie sommer in die werkswinkel gegee. Viva Tekkie!     

Foto's: Dawie de Jager