Showing posts with label Eksamenwenke. Show all posts
Showing posts with label Eksamenwenke. Show all posts

Sunday, 23 October 2022

Wenk 1 vir die eindeksamen

 
Maak al jou foute met pen reg! Moenie 'n potlood in die eksamen gebruik nie, behalwe as jy beplanning doen of jou opstel in rofwerk skryf. Gebruik Musa se hemp as voorbeeld - skryf dit oor!! Viva foute!! Viva verbeteringe! (Onthou om uit al jou foute te leer!!)

Gaan klik HIER vir nog foto'tjies! (Dankie vir almal wat foto's gestuur het!)

Sunday, 7 November 2021

Wenke wat werk vir wiskunde!

1. Moenie die aand voor die eksamen nog leer nie.
2. Maak seker jou sakrekenaar werk!
3. Jy moet die oggend van die eksamen lekker vroeg opstaan.
4. Moenie stres nie. As jy genoeg geleer het en jy stres, vergeet jy. Maar as jy kalm bly dan onthou jy beter. 
5. Sit, haal diep asem en sê ’n gebedjie op voor jy skryf.
6. Jy moet elke vraag deeglik en versigtig lees.
7. Moenie tyd mors op vrae wat jy nie kan beantwoord nie. 
8. Jy moet lyntjies ooplaat tussen vrae en probeer altyd jou antwoord onderstreep.
9. Jy moet deur jou vraestel lees as jy klaar is om seker te maak jy het nie iets uitgelos nie.

Friday, 20 October 2017

Wenke vir matrieks: Doen dít voor die eksamen

Matrikulante landwyd doen hul laaste voorbereidings vir die eindeksamen wat binne vier weke begin.

Volg hierdie wenke om te verseker jou eksamenvoorbereiding verloop seepglad:

Beplan. Stel ’n studierooster op wat jou klasse, huistakies en sosiale afsprake in ag neem en hou daarby.
Knyp genoeg tyd af vir slaap en moet nie net ná etes weer begin studeer nie; rus eers ’n halfuur lank nadat jy geëet het.

Bly opgeruimd. Dink aan maniere om jou te motiveer, deur byvoorbeeld jouself te beloon met ’n Facebook-sessie ná jy ’n afdeling voltooi het.

Besluit waar jy gaan studeer. As jy nie ’n stil, privaat plek het waar jy tuis kan studeer nie, reël met ’n vriend(in) om by sy/haar huis saam te studeer of gaan biblioteek toe.

Skep gereeld asem: 10-15 minute ná ’n sessie van 35-45 minute.

Oefen sodat jy stres kan verlig – selfs al loop jy net om die blok. Dit sal jou ook beter help slaap.

Onderstreep of highlight belangrike woorde en idees in kleur sodat dit uitstaan wanneer jy hersien.

Liasseer jou notas in ’n lêer en gebruik gekleurde karton om die verskillende leerareas te onderskei.

’n Uitstekende manier om te studeer is om die werk aan ’n vriend of vriendin te verduidelik.

Moenie paniekerig raak wanneer jou tyd min word nie. Besluit wat die belangrikste werk is en maak seker jy ken dit goed.

Moenie pille of drankies drink wat beloof om jou skerper te maak of jou wakker te hou nie.

As jy internettoegang het, besoek Huisgenoot.com en laai vraestelle af wat jy as voorbeelde kan uitwerk.
(Shané Barnard)