Showing posts with label Willem Grobbelaar. Show all posts
Showing posts with label Willem Grobbelaar. Show all posts

Friday, 24 May 2024

Flashback Friday: 10-jaar reünie vir die 2001-matrieks

Mnre. John Anderson, Henry Welman, mev. Alda Welman,
Riaan Rademeyer, mev. Christa Grobbelaar, mnr. Willem Grobbelaar
en mev. Malinda Anderson  
Hoofseun aan die woord.
Reünie van die matrieks van 2001. Van Wyk Fischer was die hoofseun (VRL-voorsitter) en dit was ook hy wat die heerlike reünie gereël het. Hy het Stephan Pienaar, 2002 se hoofseun, genooi om deel te wees van die reünie, aangesien hy 2012 se reünie sou reël. Mev. Hester Bothma het 'n bederfete voorgesit, terwyl haar man, Bonnie, gesorg het vir die braai.  
Van Wyk hoef nie ver na 'n fotograaf te gesoek het
nie, die fotograafpaar is familie. Sy broer Bernard 
en skoonsus van Pink Flower Productions
het dié takie met 'n glimlag gedoen.

Gaan besoek gerus Bernard Fischer se Pink Flower Productions HIER. Hierdie kreatiewe paar het al meer as 750 troues gedoen.

Wednesday, 5 December 2018

Twee oudTekkies in hart en niere ...

Mnr. Grobs is die oudste oudTekkie op die
2018-personeel, terwyl mnr. Nceba die jongste
oudleerder is - hy het in 2014 matriek geskryf.
Twee oudleerders wat met hulle onderskeie talente hulle merk tydens hulle skoolloopbaan gemaak het. Mnr. Willem Grobbelaar was 'n kranige atleet, wat sy pad tot by interhoër oopgehardloop het. Mnr. Nceba Mgojo is 'n trompetspeler by uitstek, wat vir hom 'n beurs losgeblaas het om aan Pukke te studeer. Hier staan die twee by 'n foto wat in 2004 van mnr. Grobs geneem is, toe hy as bekwame tromspeler sy buiging in HTS se melodrama gemaak het.

Hy het matriek in 1974 geskryf en sy pad het in 1997 weer met HTS gekruis, toe hy as wiskunde onderwyser na sy Alma Mater teruggekeer het. Hy lê vanjaar die tuig na 21 jaar by HTS neer. As leerder en as leerkrag het hy 'n aktiewe rol by HTS gespeel. Sy bydrae as waarnemende departementshoof het nie ongesiens verby gegaan nie. En vir oulaas neem hy die groen pen as senior merker tydens die 2018 NSS-eksamen op.

Vir baie jare was mnr. Grobs 'n instelling by HTS se prysuitdeling. Met sy kenmerkende helder stem, het hy as seremoniemeester tussen die ernstige verslae, pryse vir akademie en sport, die gehoor op 'n staaltjie of twee vergas - op hierdie wyse het 'n lang aand heelwat korter gevoel.   

Van sy oudleerders sal genoeg staaltjies oor hom kan vertel en die redaksie sal hulle nog nadersleep vir kommentaar.

Intussen wens Tekkie Tonic hom en sy gesin die allerbeste toe vir die nuwe fase in hulle lewe en HTS groet hom met die skool se leuse:

SAPIENTIA  AURUM QUE E PROFUNDIS

Saturday, 18 November 2017

Personeelafsluitingsfunksie!

Die jaarlikse personeelafsluitingsfunksie is Vrydagaand by Huis Gratia gehou.
Mnr. Henk van Vuuren was die gevatte seremoniemeester en 'n pilkenner van formaat!
André van Dyk het die pensklavier getokkel, maar hy kon heelwat meer van hom laat hoor het! Onthou volgende jaar!!
Hester het gesorg dat die mae gevul word met spyse uit die boonste rakke!
Daar is afskeid geneem van mnr. Willem Grobbelaar (20 jaar by HTS) en mev. Malinda Anderson (17 jaar by HTS) en mnr. Francois Crauwcamp het die tuig as koshuisvader na 17 jaar neergelê! Julle het baie diep spore getrap!
HTS gaan julle mis!!